Twis oor plaasaanvalle-statistiek ‘verskuif fokus van werklike probleem’

Argieffoto: Reint Dykema

’n Groot debat is weer ontketen aangaande misdaadstatistiek oor aanvalle en moorde op plase.

Die debat oor statistiek rakende plaasaanvalle- en moorde het gevolg ná berigte in die Engelse media dat plaasmoorde op die laagste vlak in 20 jaar is en dat “afgesonderdheid” die rede is vir die brutaliteit waarmee plaasaanvalle en -moorde gepaardgaan.

Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die organisasie se nasionale veiligheidskomitee, moet daarteen gewaak word dat die fokus nie verskuif word van die werklike probleem – naamlik dat elke moord op ’n plaas een moord te veel is nie. “Ons raak besig met mekaar oor hoe statistiek bygehou word in stede daarvan om te fokus op die misdaad self.”

Geldenhuys het sy kommer uitgespreek dat, ten spyte van die feit dat landbouers oor ’n tydperk heen baie moeite gedoen het en steeds doen om na hulle eie veiligheid en dié van hul plaaswerkers om te sien, daar steeds ’n stygende tendens is van plaasaanvalle en -moorde.

“TLU SA se skrywe aan die minister van polisie, waarin versoek word dat ’n geleentheid geskep word vir kruiskontrolering van statistiek sowel as gesprek oor die daarstel van ’n spesialis-eenheid om plaasmoorde te ondersoek, is nog onbeantwoord.”

Berigte in die Engelse media het statistiek aangehaal wat deur Agri SA in ’n verslag ingesluit is. Kobus Visser, Agri SA se direkteur van landelike veiligheid en algemene sakekamer, het gesê wanneer statistieke van die polisie, soos in die parlement bekend gemaak is, vir die afgelope ses jaar van nader beskou word, het plaasaanvalle toegeneem en moorde op ’n jaar tot jaar basis afgeneem.

“In die periode 2001/2002 is die hoogste voorkoms van plaasaanvalle in die geskiedenis geregistreer met 1 069 wat in die betrokke jaar voorgekom het. Die hoogste voorkoms van moord was in die 1997/1998-periode, naamlik 153 moorde. Oor die afgelope 19 jaar, vanaf 1996/1997, het 12 567 aanvalle en 1 733 moorde voorgekom, met ’n gemiddeld van 661 aanvalle en 91 moorde per jaar.”

Volgens Visser spreek dié syfers egter boekdele rakende die omvang van plaasaanvalle en die veiligheidsbedreiging wat landelike gemeenskappe daagliks moet trotseer. “Betroubare statistieke is noodsaaklik om ’n akkurate bepaling van die omvang van plaasaanvalle en -moorde te doen. Dit is ook ’n hulpmiddel om tendense te bepaal en [vas te stel] waar hulpbronne aangewend moet word om die misdaadprobleem te hanteer. Daar moet egter gewaak word om nie verkeerde inligting by die statistieke in te sluit en daardeur ongegronde afleidings te maak en emosies aan te vuur nie.”

Oor die brutaliteit waarmee plaasaanvalle- en moorde dikwels gepaardgaan het Visser gesê mense wat op plase in landelike gebiede woonagtig is, is veral kwesbaar aangesien hulp in sulke gevalle lank neem om op te daag weens die geïsoleerdheid van die plaas. “Dit bied aan aanvallers die geleentheid om langer op die perseel te vertoef, en die kanse is dan groter dat die slagoffer onderwerp kan word aan ’n hoë mate van geweld en brutaliteit –  teenoor misdade wat in stedelike gebiede gepleeg word en hulp van die polisie, sekuriteitsmaatskappye en bure wat vinniger kan opdaag.”

Visser het bygevoeg die voortgesette aanvalle op die boerderygemeenskap bly kommerwekkend “veral waar die gemeenskap verantwoordelik is om voldoende voedsel aan die groeiende bevolking te voorsien, iets wat hulle by uitnemendheid regkry”.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het egter gesê dit is onwenslik om getalle slegs oor 20 jaar te vergelyk, aangesien dit in wese nie vergelykbaar is nie “weens die drastiese tendensverskille wat plaasvind wanneer politieke leierskap, polisiebestuur en algemene misdaadtendense verander”.

“Ons getalle wys duidelik dat daar ʼn toename is in plaasaanvalle dwarsdeur die land; om te sê dat dit laag is of selfs die laagste in twee dekades, is ʼn wanindruk wat by die publiek geskep word,” het hy bygevoeg.

AfriForum en ANI sal aan die einde van Julie 2018 sy 2017/2018-plaasaanvalleverslag bekendstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

As die plaasmoorde nie n rassistiese oorsprong het nie, waarom getuig die oorlewendes van sulke aanvalle van uiterste rassistiese belededigings tydens sulke aanvalle. Of is die aanvallers en mense van kleur “untouchables” tov van rassisme?

Al ·

Die brutaliteit en marteling teen onskuldiges sê iets van die samelewing waarin ons bly.
Dit op sigself behoort vir enige land ñ skande wees – die Regering behoort hul te skaam dat hul nie hierdie boosheid effektief wil bestry nie.
Sies ANC!

bolla ·

Maar vir die rekord kan dit darem sekerlik nie te moeilik wees om by die korrekte syfers uiteindelik uit te kom nie want dit veroorsaak onsekerheid oor wie vertrou kan word en wie nie. Ek bedoel daar is darem ‘n moewiese verskil tussen die rapportering van 60 plaasmoorde per jaar (soos amptelik deur die polisie en regering beweer) en 90 plaasmoorde per jaar (soos deur AgriSA beweer). VERGELYK EN KOM BY DIE KORREKTE GETALLE UIT ASB.

Jack Russl ·

Die syfers word aangepas, soos vele ander statistieke, sodat die prentjie wat die regering uitgee beter lyk.

Soos verlede week berig is daar ‘n aanval op ‘n kleinhoewe gewees, volgens die polisie is dit nie ‘n plaasaanval nie. Hoeveel sulke gevalle is daar?

Ek het ‘n paar jaar terug ook by betroubare bron gehoor nadat hy by persone was wat beroof is dat gewapende roof slegs so geklasifeseer is indien iemand seergekry het. In hierdie geval is daar gate in die mure van die skietery, maar dis nie ‘n gewapende roof nie. So ek vra weer, hoeveel soortgelyke gevalle is daar nog?

bolla ·

Dan moet die partye bymekaar kom, syfers vergelyk en tot die besluit kom wat is reg en wat is verkeerd. Genade, dis mos nie so moeilik nie man.

Linda van Mosselbaai ·

Dit is ‘n ou taktiek om Jan Publiek warm onder die kraag te kry soos nou oor 1. Die statistiek oor plaasaanvalle 2. Plaas aanvalle versus Kleinhoewe aanvalle. 3. Naamsverandering van bv die Kaapse lughawe 4. Geskiedenis as verpligte vak vir matriek. Dan word al ons energie daarop gefokus en die brandpunt wat werklik saakmaak word nie aan aandag geskenk nie soos bv. Stakings by hospitale, die verwaarlosing vd jeug dat daar nie ‘n flenter omgegee word dat hulle skool toe gaan nie – daar is honderde voorbeelde – nog ene wat vir my erg is is die beloofde behuising wat net nie realiseer nie en werkverskafing.

Maak n website of dokumenter ·

Ontwikkel n webstite, databasis of interaktiewe kaart, of dokumentere film, wat al die plaasmoorde en aanvalle dokumenteer en wys die wereld. Glo my dit gaan BAIE wees en dit gaan die wereld erg skok.

Eish ·

Vir n instansie soos Agri SA, was dit n uiters swak verslag wat die werklike probleem deur woordgimnastiek reduseer tot in die regerende meerderheid se kraal. Geen wonder dat du Toit van Huffington Post dit as die evangelie aangebied het ten einde Afriforum se werk tot in die rommelwerf in te veroordeel. Selfs n persoon soos prof. Piet Croukamp het die kwaliteit van die verslag van Agri SA tot rommelstatus gegradeer.
Wat ons by die punt bring oor spekulasie oor Agri SA se agenda.
Synde hul 80% van boere verteenwoordig, so rondom 28 000, meer as 1000 boerevereningings, affiliasie met Graan SA, die Rooivleis produsente organisasie, die melkprodusente organisasie ensovoorts. Korporatiewe verteenwoordiging op direksie vlak het van Nedbank, Ou Mutual, verskeie universiteite, kom die vraag onwillekeurig op oor wat is hul agenda?
Soos die saak tans staan blyk dit dat hul die Jerry opsie volg deur Ramaforia se uitnodiging tot onderhandeling of gesprekvoering oor onteiening sonder vergoeding as opsie te aanvaar. Wat my bring by die gevolgtrekking dat boere reeds hul opsie uitgeoefen het in die helhool en in wese die Afriforum inisiatiewe nie goedgesind is nie. Ek kan nog goed onthou die Vrystaatse landbou Unie se negatiewe antwoord op Afriforum se beroep om n optog teen plaasmoorde te hou.
Wat my bring by die punt dat Afriforum liefs verby moet stuur by landbou inisiatiewe. Hul is mooi groot om dit self te doen. Agri Securitas en so aan.

Saarkie ·

Mag ons dieper grawe waarom dit misken en verdag gemaak word? Ek dink op die stadium is sekere mense so sensitief hulle gaan ontplof. As ek meer spesifiek is, gaan hierdie kommentaar ook in rook op.

Asb ·

Sterkte aan Afriforum en ANI met nuwe statistiek en DIE AKSIE PLAN en Die AFSNYDATUM van TOLLERANSIE met onbevoegde regerings AKSIES mbt ANARGIE en WETELOOSHEID. speel-praat-en komissiestyd bestaan na afsnydatum nie meer.

Koos de Meyer. ·

Natuurlik sal die regering die waarheid verdraai sodat dit lyk asof ons lieg oor al die moorde. Of dit ‘n plaas moord of kleinhoewe moord of aanval is dit word teen die blankes gedoen. Moord is moord. En hulle is buitendien skaamteloos. Daar gaan nie ‘n dag om wat ons nie in die media lees nie. Skokkend

Werk saam ·

AGRI SA se syfers moet NIE vertrou word nie, onthou dit is dieselfde mense wat die protesoptrede Stop Killing White Farmers teengestaan het, so ignoreer onmiddellik hulle syfers. Dit is tyd dat die TLU en Afriforum nou vir eens en vir altyd bymekaar kom en hulle syfers (met name en vanne van persone en die misdaad wat gepleeg is) volledig aanteken en vergelyk. Ook die aanvalle wat later tot die dood van iemand gelei het want selfs al word jy in Januarie wreed aangeval en sterf in April is dit steeds ‘n plaasaanval en plaasmoord. Die POLISIE se syfers moet jy glad nie glo nie . hulle sal alles afwater want volgens hulle en me. Sisulu is daar nie ‘n misdaaprobleem in SA nie, nog minder ‘n plaasmoord probleem. NIEMAND kan met syfers wat korrek deur twee instansies aangeteken en vergelyk is stry nie .. KRY julle feite nou reg en voordat julle ENIGIETS publiseer sorg dat ten minste TWEE van die organisasies saamstem oor dit!

Liberaal ·

Dankie AgriSA dat julle ook nou aangesluit het by die pionne van die superrykes en new age.

Rynhardt ·

Die plaasmoorde en moorde op blankes in stedeluke gebiede is labkal buite beheer vir jare nou al!All3s word deur politici en liberale media ontken!Rapport(met Waldimer Pelser voor die koor),Burger,Beeld het nog nooit eens 1000moorde op voorblaaie van hul koerante gehad nie.Dan is daar die Cape Times en die Argus,jou engelse dagblaaie wat in permanente ontkenning leef met die moorde teen Boermense orals!Afrikaanse -en Engelse dagblaaie leef ook in ontkenning met die wit plakkerskampe(Strafkampe van Anc) wat sedert 1994 ontstaan het,asook oor regstellende aksie teen blankes.M.a.w.,alles is teen blankes,maar dinosaurus-media bly in ontkenning leef!In Aprilmaand vanjaar was n wrede,bloedige maand van moorde teen blankes!Engelse koerante soos die Cape Times en die Afrikaanse koerante het geweier om moorde op hul voorblaaie te dek!Hoofstroommedia voer n anti-veldtog teen blankes in SA!n Absolute skandaal,maar hoofstroommedia gaan nog lelik geskok raak oor sy Anc wat hul so aanbid!!!

Liberaal ·

So? Bogenoemde persone en mediahuise wil graag witmense uitwerk en als wat Westerse waardes is nou finaal stop, het jy ‘n probleem daarmee? Indien wel, hoekom ondersteun jy hulle finansieel wanneer jy hulle boeke, koerante koop?

Alie ·

Alles waar van die koerante wat nie graag oor plaasmoorde berig nie, maar die TV nuus is die ergste… plaasmoorde word nie eers genoem nie. Op die manier word vele uiters wrede moorde net verswyg.

Nel ·

Maar laat Malema net hoes dan berig eNuus aand vir aand daaroor.

Sarel ·

Engelse pers het geen simpatie met plaasmoorde nie. Hoekpm saai die SABC Nuus geen berigte uit oor plaasmoorde of slagoffers nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.