Twis oor Pro-Puk-naam verdiep

pro-puk-logoDie webdomein www.propuk.co.za mag nie meer deur die Pro-Puk-groep gebruik word nie.

Dit is die beslissing wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Intellektuele Eiendomsreg (SAIIPL) en die .za-Domeinnaam-owerheid pas gemaak het. Dié besluit volg op die SAIIPL se beslissing in September dat die Pro-Puk-groep wel die webdomein www.propuk.co.za mag gebruik. Die Noordwes-universiteit (NWU) het teen dié beslissing geappelleer.

“Kragtens die gemenereg besit die NWU reeds vir dekades, selfs voor die samesmelting toe die universiteit nog die PU vir CHO was, ʼn alleen- en gevestigde reg op die gebruik van die naam Puk. Die suksesvolle appèl is dus ʼn duidelike boodskap aan buite-partye en persone om nie enige universiteitshandelsmerke te gebruik wat die NWU se regte beskerm nie,” het die NWU in ʼn verklaring gesê.

Die Pro-Puk-groep se webtuiste is in samewerking met die Solidariteit Beweging gestig. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het intussen die NWU daarvan beskuldig dat hy oudstudente se stem oor die NWU probeer stilmaak.

“Die klagte teen die groep oudstudente by die za.Domeinnaam-Owerheid en die SAIIPL is ʼn sensuurtegniek. Sosiale media sensuur werk deesdae net nie meer nie. In die lig van die klag van die NWU teen sy eie oudstudente se webblad, het ons besluit om ʼn nuwe webblad te registreer, www.ek’s-‘n-puk.co.za. Oudstudente gaan ook aangemoedig word om foto’s van hul studentedae, graadsertifikate of enige ander foto’s wat wys dat hulle trotste Pukke is, op die webblad te plaas. Ons Pro-Puk-veldtog gaan nou nog groter wees.”

Die NWU het intussen gesê hy is verplig om sy meer as 28 handelsmerkregistrasies, insluitend Puk, Pukke en Pukkie, te beskerm. “Nadat hierdie appèl geslaag het, verkry NWU nou verdere regsadvies om teen ander individue en instansies wat ook wederregtelik die naam PUK gebruik, op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
DPJ

Hoe klein geestig kan mens nie wees nie. Net om te bewys hulle is in beheer van sake. Ek word die reg ontneem om te sê ek is ‘n oud PUK. Ha ha ha!

Henko Pienaar

Dan Kwgadi en sy trawante wil ons oud Pukke stil maak. Hulle wil nie hê ons moet opstaan en saam staan vir ons taal, vir ons kultuur, vir ons identiteit nie. Ek is ‘n trotse Puk en ‘n trotse Afrikaner. Dit is deel van my karakter en identiteit en Dan Kwgadi wil dit net vernietig

Nico K

Hulle wil nie meer die woord PUK gebruik nie. Want hulle het die univ. se naam verander. Maar nou baklei hulle dat hulle alleenreg tot die naam het??!!

Johann Marx

Was die begin van die jaar by die inskrywing van eerste jaar student. Eers was dit stil en rustig….en later, elke keer as personeel rondloop met oorfone en vra of iemand gebruik wil maak van die “translation services”, het al hoe meer mense begin vra “As jy nie Afrikaans verstaan nie, wat soek jy hier?” Kan ‘n minderheid Afrikaanse student by ‘n Xhosa Universiteit inskryf en aandring dat die voertaal na Afrikaans verander moet word? Nou hoekom kan ‘n klomp nie-Afrikaans-sprekendes by ‘n Afrikaanse Universiteit registreer en aandring daarop dat die voertaal moet verander na Engels toe? Daar is ‘n… Lees meer »

Zach Coetzee

N.W.U. beledig ‘hulle’ oud studente deur hulle te sensureer. Onthou: Dis dieselfde mense wat die aktiewe steunbasis van enige universiteit uitmaak wat julle nou stilmaak. Demokrasie is nie net meerderheidswil nie maar ook akkommodasie van alle groeperings – veral die groot getalle oud studente. As die meerderheid ‘n minderheid uitsluit deur hulle stil te maak of in minderheidsituasie in te dwing kan dit ook ondemokraties wees. Mag ons nog “oud Pukke” wees of moet ons eers toestemming daarvoor kry eer ons teen ‘n handelsnaam oortree? Veel minder studente op kampusse eis sekere uitkomste en die owerhede stem te graag daartoe… Lees meer »