Twitter-gebruikers verdeeld oor seksvideo

Twitter-gebruiker is verdeeld in hul reaksie op die minister van binnelandse sake se seksvideo.

Gebruikers het vanoggend met gemengde gevoelens gereageer op Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, se verskoning op Twitter nadat ʼn seksvideo van sy foon af aan politici versprei is.

In etlike twiets Sondagoggend het Gigaba gesê: “Ek en my vrou het met spyt en hartseer kennis geneem van ʼn video wat materiaal van ʼn seksuele aard bevat en net vir ons oë bestem was. Die kommunikasie, wat die rondes onder sekere politieke figure doen, is onwettig onderskep toe my foon in 2016/’17 gekraak is.”

Die minister verskyn alleen in die video van 14 sekondes wat hy na bewering vir sy vrou, Norma Gigaba, opgeneem het. Daarin kan gehoor word hoe hy ’n suggestiewe voorstel aan haar doen. Dis Sondagoggend deur talle Twitter-gebruikers gedeel en reeds deur duisende mense gesien.

Stephen Murcott het die minister getroos deur te skerts: “Moenie worry nie. Dis nie so ʼn ramp soos Transnet of binnelandse sake nie.” (Gigaba was van 2009 tot 2014 minister van openbare ondernemings.)

BJC Maboshi sê hulle is jammer om van “jou storie” te hoor, maar gee die minister raad: “Dis glad nie nodig om video’s te neem van die dinge wat jy privaat met jou maat doen nie, want ons weet nooit hoe en wanneer dit met vandag se tegnologie kan uitlek nie.”

Desiree de Swardt het vroegoggend getwiet: “Ek hou nie van jou nie en vertrou jou nie, maar dis onaanvaarbaar. Ek is jammer dat so iets met jou en jou familie gebeur het. Dis beslis onregverdig.”

“Voor ek jou verskoning aanvaar,” spot ene Thabo, “deel asseblief die video sodat ek kan oordeel.”

Thabo Phuti Mojela neem dit ook nie te ernstig op nie: “Dit sal nie ʼn verleentheid wees as jy goed daarin is nie… Ons wag dat Ster-Kinekor die uitreikingsdatum bekend maak.”

Maar Zupta Mafia dink dis ʼn gewigtige saak: “Maak die afpersers se name bekend en kla hulle aan. Moenie hulle beskerm nie. As jy ʼn seksvideo van jouself maak, is jy nie geskik vir ʼn openbare amp nie.

“Tree reg op en bedank. Hoekom aandag op jouself vestig, jou kantoor in die verleentheid stel en nie die regte ding doen nie? Bedank.”

Blykbaar was dit nie net politici wat die video onder oë gehad het nie, want ene LittleMbalie twiet: “Ek het die video gesien, julle. Dis waglik. Ek moet sê, jy walg my, minister.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Alida ·

Hy pronk altyd soos n pou oral. Sies dis walglik. Doen die regte ding en bedank en tree uit die openbare oog. Ons wil jou nie sien nie. GAAN WEG.

Louisa ·

Alida, dis tussen hom en sy vrou. Niks daarmee verkeerd nie, behalwe dat hulle dit opname gemaak het. Beskou jy seks tussen jou en jou man as vieslik en afstootlik? Die persoon wat dit publiek gemaak het is die misdadiger hier, nie die minister nie. Ek dink nie die video is enigsins rede om uit sy amp te bedank nie. Ek dink nie hy is besonder bekwaam nie, maar regverdig is reverdig.

Richard ·

Baie mooi gestel Louisa.
Hierdie twee mense is volwassenes, huweliksmaats en geregtig op hulle privaatheid.
Die kriminele is daardie varke wat nie n mens se privaatheid respekteer nie. Tronk toe met hulle.
O ja ek het geen ooghare vir Gigaba nie en reken Cyril moes hom lankal die deur gewys het.

WILLEM Erasmus ·

Bedank en verdwyn net, die land het nie persone soos jy nodig nie, het jy geen skaamte nie, gaan druk jou kop in n gat in die grond, sies man.!!

Johann ·

Misjien het hy net een van sy gunsteling CANDYCRUSH karakters uit gebeeld… te oordeel. aan al sy sotlike manwales waarvoor hy altyd n verklaring het EN mee wegkom.

Bul ·

Hy hou hom heel rats en grootmeneer. Beste was die parlements opening toe hy opdaag in sy loods pakkie. Se ook altyd baie maar eintlik niks. Sy en vroulief se manewales is welbekend. Daar is ‘n sekere Zimbabwean met die naam van “Genius” nogal ……

Tokkolos ·

Wonder of hy nou stres verlof gaan kry
Of of of of toemaar ons los die of???????????

zoom zoom ·

Bragg hy of complain hy. Gee hom ‘n pos by die sensuurraad. Slim het Sy baas en juffrou gigabyte ingehaal.

Johann cb ·

Ek is ook nie een van sy aanhangers nie, maar gun elke mens sy privaatheid! Ons kan nie sy kop eis oor ‘n “privaat oomblik” wat uitgelek het nie! Bêre eerder die kameras Mnr die Minister!

Alida ·

Privaat oomblikke beten privaat sonder selfone en kamaras. Dit is walglik en vieslik verby.

ne ·

Hoekom jouself afneem? Dit is siek verby!!!! Om van NAAR te word…..

Jean ·

Met “hartseer” nogal…….klink my hys n besige man …… met land se geldjies en in die kooi….

humor ·

Ek het dit nie gesien nie en stel ook nie belang nie. Neem aan dit is op n Afrika manier gedoen.

PJC ·

As ń mens dom genoeg is om sulke fotos van jouself te neem of op enige manier te besit moet jy maar verduur wat na jou kant toe kom.

Frikkie ·

Die man moet liefs net die voorbeeld volg, en sy paai laai om te waai!

GM ·

Almal kla omdat hy sulke video’s neem, en ek stem saam dat dit nie ‘n baie slim skuif is nie, maar my vraag is – wie wil sulke video’s KYK, en dan nog aanstuur?
Mens hoef nie van iemand te hou, of hul gedrag goed te keur om hul ‘privaatheid’ te respekteer nie. (Alhoewel privaatheid eintlik maar net ‘n illusie is as gevolg van al die hedendaagse tegnologie).

madels ·

Daar is niks mee verkeerd wat tussen hom en sy vrou in hul slaapkamer gebeur nie, maar WOW! hoekom dit op video neem? Dit is verregaande! As jy iets op video neem moet jy weet een of ander tyd SAL dit in die openbaar uitgebasuin word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.