Twitter gons na Zelda vir Zuma kap

'n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

‘n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

Zelda la Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, het Saterdagoggend vir ʼn opskudding op Twitter gesorg nadat sy president Jacob Zuma erg gekap het oor hy dit glo duidelik gemaak het wit mense is nie welkom in Suid-Afrika nie.

“Ek is siek vir Jacob Zuma se konstante aanval teen blankes elke paar maande. Hoekom kan ons nie naas mekaar bestaan sonder dat dit ten koste van mekaar is nie,” het La Grange getwiet.

Dié twiet is voorafgegaan deur verskeie ander twiets. “Ek is seker opmerkings soos: ‘unafrican’ om honde te hê, stres is westerse konsep, [Jan] van Riebeeck ens. is alles goed vir belegging in SA.” Sy het kort hierna getwiet: “Maak dat wit mense baie welkom voel in SA. Ek dink ek gaan vandag vir Jan [Van Riebeeck] bel en vra wat die hel het hy gedink om na Afrika te seil.”

La Grange het verder gesê sy gaan vir François Hollande van Frankryk vra of hy haar soek aangesien die organisasie wat vir Robert Mugabe loof maar vir FW de Klerk veroordeel nie “ons” in Suid-Afrika wil hê nie. Sy het ook gesê De Klerk was die laaste president van apartheid en dat hy onder druk geswyg het maar aan die mag kon bly vasgryp en dit tot ʼn burgeroorlog sou lei.

Volgens La Grange sou sy die land verlaat het as sy ʼn wit belegger was aangesien president Zuma dit duidelik gemaak het dat wit mense nie welkom is of benodig word in Suid-Afrika nie. “O wag. Wit mense se belastinggeld is goed genoeg vir Nkandla maar dan moet jy konstant wreed behandel word,” het sy getwiet. La Grange het ook haar Twitter-profiel se naam verander na Zelda van Riebeeck.

La Grange se uitlatings het tot hewige reaksie op Twitter gelei. Talle van haar volgelinge het hul teleurstelling in haar twiets uitgespreek terwyl ander grappenderwys gevra het of haar Twitter-rekening deur kuberkrakers oorgeneem is.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Jan ·

Zelda, die Afrikaner is in beseringstyd, jou ikoon Mandela was die begin van ons agteruitgang, meeste dinge was nog inplek met goeie Blanke bestuur toe hy oorgeneem het, dit was nie sy goeie bestuur nie! Moenie nou begin keel opsit. Toe alles begin agteruitgaan het,het jy en hy koffie en tee gedrink saam ander hooggeplaastes en gods water oor gods akker laat loop. Moenie nou ‘n keel opsit oor wat nou aangaan, jy, Zelda, het hulle opgehemel. Jy, Zelda, is self skuldig !!!!!!!!!!!!!

Willie ·

Stelselmatig gaan die liberaliste se oë oop! du Preez en la Grange om twee te noem. Ek is bevrees dis te laat.

Anton van Riebeeck ·

Bravo Zelda! Dis hoog tyd dat iemand die clown aanvat !

Erich ·

Ek hoop nie sy praat namens my nie. SA het oor as genoeg wit liberale en dit sal net ‘n bonus wees as François Hollande haar “aansoek” aanvaar. Tata Zelda.

schalk ·

Net so min as wat ek hoop Steve Hofmeyer en sy handjie vol volgelinge namens my prt.

Boerseun ·

Toemaar, hulle praat nie namens jou nie. Hoekom hou jy nie sommer op Afrikaans praat nie, jul kinders gaan dan reeds na Engelse skole toe. Beter nog, hadloop sommer weg Aus toe dan hoef ons nie na jou gekerm te luister nie. Niks meer eenvoudig as n ou nationalis wat n super “lib” geword het en nou vir almal vertel hy het n swart vriend so hy is nie n rasssis nie.

Elza ·

Ek wens ek kan ook na ‘n ander land toe gaan, Maar ek ken net een land hier onder die Afrika son. My voorouers van verskillende lande, soos ons almal, dus waarheen wil hulle he dat ons moet teruggaan. Hoekom wil die ANC ons dan straf oor ons na die ABO opgestaan het en iets bereik het. Is hulle jaloers oor hulle sedert hulle wat hier na ons voorsate aangekom het nog niks kon regkry nie.

$trandl@per ·

Jan,,,,,,, Eerlikwaar ……….. Jou Landing het ,,,,,,,, Volhoubare Ontwikkeling gebring tot 1990,,,,,,,,,,, Vandaar …….. Het Strandloper weer oorgevat ,,,,,,,,, En Siedaar!!!!!!! Ons is terug by die begin ,,,, invrastruktuur ,,,, Paaie ,,,,,,,, Openbare dienste & Etiek …… Is daarmee heen !!!!!!!!! Wat dink jy …….. Jan??????

emiel ·

Waar was le Grange al die jare toe haar betaalmeester(Mandela) en sy opvolger(Mbeki) toe hulle party rassistiese anti-blanke wetgewing op die wetboeke geplaas het?

Viv ·

Sy was n werknemer, wat soos meeste van ons vir haar daaglikse brood gewerk het. Of dink jy werklik dat Zelda, as sekretaresse van Mandela, iets moes se oor die wetgewing ingestel deur haar werkgewer? En wasr was jy al die jare toe die vorige presidente rassistiese anti- swart wetgesing op die boeke geplaas het? Het jy toe protesteer?

Hanno ·

Was jy of sy self teenwoordig “al die jare toe die vorige presidente rassistiese anti- swart wetgewing op die boeke geplaas het?” Was julle toe al gebore?

emiel ·

Ja, indien sy beginsels gehad het, sou ek beslis verwag het dat sy haar stem sou dikgemaak het teen wetgewing wat jongmense van haar eie volk nadelig geraak het. Enige iets fout daarmee? (Klink of jy behoorlik gebreinspoel is)

Vic ·

Ag Emiel, dis nie ek wat gebreinspoel is nie, dis mense soos jy wat glo dat jy kan aanhou oorheers in n land waar jy aan n minderheidsgroep behoort, waar die res van die wereld nie n snars omgee vir wat met jou gebeur nie, en waar die meerderheid van jou landsgenote ten beste nie omgee vir jou nie, en ten slegste doelbewus daarop uit is om jou en alle ander soos jy uit te moor. N gekerm en gekla oor hoe sleg dit is sal geen verskil maak nie, maar wat wel gebeur, is terwyl jy kla en ander verwyt en beskuldig, word nog 10 Afrikaners vermoor. Die regering gaan jou nie red nie. Die buiteland gaan jou nie red nie. Om Zelda le Grange te verwyt gaan jou nie red nie. Ek wonder hoe polities aktief was jy op 19? Hoeveel geskrifte het jy geskryf teen wetgewing?

Grassie ·

Toe die behoudende, konserwatiewe blankes in 1994 gewaarsku het wat vorentoe gaan gebeur as De Klerk @ Kie oorgee, is ons deur die liberales uitgelag, bespot, verkleineer en as verkramp afgemaak. Nou dat ons waarskuwings realiteit begin word begin hulle ander geluide maak. Dit is nou te laat. Daar lê vir ons ‘n nagmerrietyd voor. Zelda moet nou maar uitwyk na Hollande toe, want ‘n mens wil nie manteldraaiers in jou midde hê wanneer dinge regtig sleg begin raak nie. Sy moet sommer vir ou Max saamvat. Sy sal net moet gou maak – Hollande is reeds besig om polities sy holland te sien. Die konserwatiewes is reeds die sterkste politieke party in Frankryk.

Steven ·

Viv dan is jy stokoud, want meeste apartheids wetgewing is al sedert die 1846`s toto 1948 deur die Engelse ingestel. Die enigste wetgewing darna was in 1954 to 1956, toe was ons nog n Engelse kolonie en net n unie, maar dit was in elk geval die eerste keer wat swartes as mense erken is, en wetgewing miskien nie na jou smaak was nie, maar dit hulle beskerm het teen uitbuiting, vir hulle minimum lone vasgesdtel het, hulle in bevolkings register opgeneem is. Wat was so sleg daaraan. ALLE ander apartheids wetgewing is deur die Engelse ingestel. So kom verduidelik vir ons aangesien jy toe al geleef het waarvan jy praat. Aparheids wetgewing wat ingestel is meestal in tye soos 1902 tot 1926 waar die Boer of Afrikaner GEEN se in wetgewing gehad het nie

Viv ·

Ja, my kinders sal saamstem, ek is stokoud. En ek weet dat die Afrikaner wel vir 50 jaar n kans gehad het om dinge te verander, maar hulle het gekies om blindelings voort te gaan op die pad begin deur die Engelse. Ek ken my geskiedenis. My voorouers was Voortrekkers, het in die Boereoorlog geveg, een was selfs n suksesvolle generaal in die oorlog. Maar vir enigeen wat n klein bietjie verstand het, het Suid Afrika net een uiteinde gehad – en miskien, as julle nie so blindelings in julle leiers geglo het nie, het julle dit lankal raakgesien en daarvoor beplan. Maar julke sit nog steeds en hoop dat De la Rey ( of Steve), op n wit perd gaan opdaag en julle gaan verlos. Dit is tragies. Niemand gaan opdaag om julle te red nie. Die ander lot wil julle nie daar he nie. Julle wil nie saam met hulle bly nie. Die buitewereld gee nie om nie. Al wat julle kan doen is om die paar mense wat nog opstaan om iets te se of te doen uitmekaar te trek. Red nou n volk…….

Jan ·

Viv, nou wat sal jy voorstel? Moet ons met onse vingers in ons ……….. maar net aanvaar wat aangaan ?

Viv ·

Nee Jan, dit sal ons nerens bring nie. Ons moet saamstaan, tyd spandeer om n goeie plan te beraam waarmee ons dit op verskeie vlakke kan beveg en aanvat. N gekerm en gekla en onderlinge gevegte sal ons nerens bring nie. Ons kan dit nit net aan Afriforum oorlaat om ons te red nie, alhoewel hulle uitstekende werk doen is baie daarvan reaktief in plaas van pro- aktief. Ons moet eerstens die veiligheid van ons boere en oumense verseker, deur eerstens die wette aan te vat wat wapens verbied – daar is oorgenoeg inligting beskikbaar vir n paar slim menseregte advokate om die saak te bewys dat menselewens bedreig word en dat wapens nodig is om ons te beveilig. Tweedens deur hulle snags te beveilig, indien nodig op n sentrale plek in die omgewing waar almal kan bymekaarkom, (ja ek hoor jou, baie sal kies om dit nie te doen nie, soos gewoonlik, maar dan is hulle verantwoordelik vir hulleself), derdens deur n groot lawaai in die buitewereld te maak – publiseer die fotos van vermoordes ( met familie se toestemming), publiseer die details van die dade in Engels op die internet, moenie op lokale vlak met die ANC onderhandel nie, bring dit na howe en VN in die buiteland. Die ANC was baie slim, hulle het die oorlog in die buitewereld gewen, ons dink ons kan dit lokasl doen. Dagvaar die lokale rade wat nie sy mense beveilig deur genoeg polisiering, oplos van kriminele dade ens. Staan 10% van ons inkomste af om te help met uitgawes om die plan te bewerkstellig. Neem verantwoordelikheid vir jouself en jou gesin deur ordentlike veiligheidshekke ens te installeer, en hoeveel keer hoor ons iemand is vermoor wat opgestaan en buitetoe gegaan het omdat die honde geblaf het??? Ek het nie al die antwoorde nie, maar ons het in die verlede oorleef deur laer te trek – ons moet nou laer trek, maar net op n baie slimmer moderner manier. En dit sal nooit gebeur as ons mekaar uitkryt, afkraak en beledig nie. Wat is jou planne, Jan?

Billy Johnston ·

Dit is soos Zelda dit beskryf want sedert 1994 het behalwe in die Wes Kaap het die ander provinsies agteruit geboer. Kyk byvoorbeeld na die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth in watter haglike toestand is dit. Die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein Moet pasiente in die Ongevalle Afdeling op matrasse op die vloer le en self beddegoed voorsien. Die munisipaliteite se swak dienste en swak invordering van dienste gelde veroorsaak nou dat ons beurtkrag kry.

Paul Neethling ·

Man, dis darem lekker middag leesstof, om die klomp kommentare te lees !! Maar helaas, darem ook weereens verstommend, hoe onse ou lot Afrikaners bobaas bly met bekgevegte onder mekaar ! Wat n ongelooflike oplossing vir n baie groter probleem !! Raak groot en dink verder as al jul ge ykte verskonings/beskuldigings uit die verlede, oor en oor aan te haal ! Dink eerder aan n gemeenskaplike Afrikaner oorlewingsplan hier, ten spyte van die gemors om ons ! Dit is ons grootste bate !! En enigste redding !!

Jan ·

Uiteindelik het die twee plaasbrakkies, Zelda en Max, se ogies oopgegaan. Net jammer dat hulle nie gaan oorleef nie, want hulle ma is intussen saam met die boer en sy vrou vermoor!

John ·

Soos dit maar met eenogiges en kortsigtiges gaan. Zelda het ñ werk gehad waarvoor sy ñ salaris ontvang het. Sy was nie verantwoordelik vir wetgewing of staatsbesluite nie. Ook was haar siening nie die bepalende faktor in die regering van die dag nie. Kyk liewer wie het JA gestem met die referendum. Dit was die begin van die boerenasie se verdeeldheid en ondergang.

Jack Klok ·

Dit is baie jammer dat blankes nou verwyte na mekaar rondslinger dat as ons net so of so gemaak op hierdie of daardie stadium dan kon dinge anders gewees het. Die verligtes wens ons het vroeer boedel oorgegee en die verkramptes wens ons het geveg tot die bitter einde. Die feit van die saak is dat ons nie die verlede kan verander nie. Ons weet ook nie of dinge beter sou uitgewerk het nie byvoorbeeld wie kan bewys dat volle stemreg en die gevolglike onvermydelike swart regering wat daarop sou gevolg het in 1960 of 1970 sou gelei het tot ‘n volwaardige demokrasie of nie. My persoonlike opinie is dat ons na Afrika moet kyk en dit is maar ‘n droewige prentjie.

Apartheid was aanvanklik nie bedoel vir onderdrukking van enige iemand nie maar vir almal se vryheid – gaan luister maar na Dr Verwoerd se toesprake, Die aanbod is egter met minagting deur die SAKP geleide ANC afgewys, deur die liberale pers en VP/PFP opposisie verkleineer en deur die terroristiese aanvalle gekelder. Ons groot fout was dat ons nie vir ons self ‘n tuisland geskep het toe ons nog kon nie.

Die situasie moet homself nou maar uitwoed. Na alles ingeplof het sal ons weer opbou. Al watekweet is dat as die Afrikaner nie ‘n volhoubare bedeling in ‘n unitêre staat kon skep nie geen ander polieke groep dit reg sal kry nie

Jan ·

Mooi gestel Jack. Onse mense moet net bymekaarstaan in die moeilike tye, die klok draai, uitkoms gaan daar wees, Afrikaner………hou mekaar se hande vas!!!!!!!!

Henry ·

Is dit nie lagwekkend en eintlik tragies dat daar siele is wat hulle hoegenaamd steur aan wat Me La Grange te sê het oor wat ookal in hierdie droewe land aan’t gebeur is nie!!!

smittie ·

Zelda, het jou oë en ore in jou gat gesit toe jy Mandela opgepas het. Jyt mos gehelp om die land sy gat te laat sien. Waarom huil jy nou. Terwyl jy op jou scooter rond gery het, het ons al die moeilikheid sien kom. Nou wil jy n Van Riebeeck wees. Ek dink Jan sou jou na Robbeneiland gepos het al lankal.
Lank lewe Jan van Riebeeck

Charl ·

Wat n slim stelling. Die sekretaresse van die president het gehelp om die land “sy gat te laat sien”.
As julle dan, groot manne, daardie tyd al “die moeilikheid sien kom het”, hoekom het julle nie iets gedoen nie? Nee, Zelda moes die land gered het. Dis als haar skuld. Groot blikke. Baie geraas. Land verloor, niks gedoen om dit te keer nie. Nou sit groot blikke en kla en kerm en gun niemand n opinie nie. Net ingeval jy nie weet nie. Ou Jan is dood. Lewe nie meer nie. Sy landgenote stel ook nie belang om jou te red nie.

Gerda ·

Paul, ek stem saam met jou. Soos dit hier vir my klink is ons ou nasie nou sy eie grootste vyand – waar ons almal moet saamstaan, hande vat en beste vir ONS volk doen. Dis eintlik ‘n skande dat ons mekaar almal eerder sal aanval as om saam te werk aan ons gemeenskaplike probleem.

Anneleen ·

kan jy nou meer, sy het wakker geskrik en die werklikheid van SA gesien soos wat dit is en nie soos wat n paar naiewe liberale linksgesinde marionette dit graag wil uitbeeld nie. dis ou nuus dat die swart regering n renons in die blankes het en halfhartige pogings aanwend om die teendeel te bewys, wat egter lagwekkend is, is dat daar n paar wit kruipers is, wat so hard probeer dat hul swart broers tog net so bietjie van hul moet hou en dan saam skree “kill the boer kill the farmer” die arme identiteitloses gaan ongelukkig nie veel kan verander aan die oorheersende antanogisme teenoor die blanke volk nie daarvoor is hul velletjies te wit.

Piet Pompies ·

Die kommentaar stroom in, van oral- en van alle kante af. Ons sien (en beleef) ‘n sistematiese aftakeling van die blanke Afrikaner. Die Afrikaner is beslis in die kruishare van die ANC, en die laaste uitlatings deur Zuma is ook voorbeeld hiervan. Ek onthou toesprake op die televisie deur Mandela, en die “never, and never again – shall one nation dominate or opress the other” (of so iets) speech se woorde het miskien alte “magic” geklink destyds. Ons het uitgesien- en dit het vir ons geklink na ‘n ware demokrasie, maar die realiteit is toe inderdaad anders as wat ons voor gehoop het.

Afirmative action is nie demokrasie nie. Om ‘n boer se grond te vat sonder kompensasie, is ook moeilikheid soek. Die krag is af, mediese dienste en nasionale opvoeding verswak terwyl kwaliteit drink water (onder andere) ook in die weegskaal hang. Die land is eintlik ‘n sirkus, ‘n “comedy of errors” en ons sogenaamde leier is geensins te vinde nie. En O ja, waar is ons minister van energie sake? Dit is duidelik dat ons nie ware leiers het in beide Zuma of Ramaphosa nie. Hulle bekke is stil waneer ons ‘n nasionale krag krisis ervaar, maar hulle spandeer miljoene op partytjies en maak dan toesprake wat (tot vervelens toe) galbraak oor Apartheid en wie nou eintlik te blameer is vir die land se probleme? ( dit het blykbaar destyds met (lekker) ou Jan van Riebeeck begin) – ons is eintlik al so moeg vir hierdie stories……..

Die agenda vir Zuma, sy kabinet asook Malema is duidelik om te sien. Daar word gereeld na die “black majority” verwys in ANC toesprake, veral deur Zuma. Blankes geniet beslis nie dieselfde vooregte as sommige van ons mede Suid Afrikaners nie.
Die “fat cats” lewe lekker op gesteelde rykdom terwyl hulle eie mense swaar kry……. Daar is eintlik geen swart middel klas nie, maar slegs die swart elite, en ‘n super arm swart klas. Waarom swart mense ten midde van swaarkry steeds vir die ANC stem, is ‘n storie van ‘n ander aard en miskien ken ons ook reeds die antwoord hierop?

Dit herinner my aan Animal Farm, waar Zuma vergelyk kan word met Napoleon. “All animals are equal, but some animals are more equal than others”? Stel jou voor……….

Siener van Rensburg se voorspellings word (weereens) so stadig bewaarheid. Staan saam mense, en weet verseker, jou familie en jou mense is kosbaar. Die land en sy mense is moeg, dinge gaan moet verander – vinnig.

JZ ·

As julle nie weet nie, die witmense is nie ingesluit in die ANC se beplaning vir SA nie.Wel as n melkkoei ja,maar verder net as n verskoning vir hul onvermoe om die land te bestuur. Witmense moet,maak nie saak wie jy is nie,nou aanvaar dat ons struggel het in 1994 begin en dit gaan lank aanhou en die intensietyd gaan net vermeerder soos van 1994 tot nou.Dit geld ook vir die wittes in die ANC en hul saamloopers,julle vel is wit en dit is hoe die nuwe SA jou sien.indien jul dink julle is gevrywaar wag daar n baie groot verrasing vir julle.

jAN COETZER ·

Die status, onge-ewenaarde voordele, voortreflikhede en grootsheid wat haar pos aan Mandela se sy haar gebied het, het veel swaarder geweeg as haar innerlike politieke oortuigings en sy die ontboeseming van haar wroeging met ‘n mislukte ANC regime en ook met ZUMA as politieke pateet dus gerieflikheidshalwe teruggehou het tot nadat sy hulle geledere verlaat het.

Ina ·

Dis nogal snaaks dat daar soveel bohaai oor ‘n twitter ‘ post’ is maar op FB kan iemand vra hoekom Pres Zuma nie vermoor kan word nie en niemand sê iets daar oor nie selfs FB sien geen fout met die ‘ post’ nie ,,

Martyn du Plessis ·

As 2 Engelse bymekaar kom, stig hulle `n maatskappy. as 2 Boere bymekaar kom, stig hulle af,en sny sommer mekaar se kele ook af. In hierdie land is daar net een manier hoe die blanke
ooit sal oorleef en dit is as hy weer God as sy verlosser erken,en sy knie voor Hom buig.
Die swarte haat die witman met `n passie, omdat hy nooit kan vermag wat die witman kan nie.
Nie met die regeer van `n land nie, ook met niks anders nie. Zuma is `n vulletjie teen wat Malema gaan wees, en dit is nie meer baie jare vorentoe nie. Eie grondgebied is die enigste wat die blanke en die kleurlinge in hierdie land kan red. Hierdie keer sal ons hulle saam met ons moet vat. Dit kan net gebeur as ons die pad saam met die Skepper van die heelal loop.

Willem ·

Ten minste het Max en Zelda veroorsaak dat mense hul ware kleure wys . Waldimar Pelser sê bv vandag in Rapport/Netwerk24 onder andere die volgende:

“Seksistiese aanlyn grappe, uitlokkende foto’s van vroue in kort rokkies, outydse standpunte teen aborsie of vir die doodstraf, kortasem-teenstand teen gayhuwelike, kortsigtige veralgemenings oor wit mense of Afrikaners, spotprente oor die profeet Mohammed of Jode of Jesus, beroepe op die reg tot selfbeskikking – baie hiervan is in swak smaak en getuig van swak oordeel. Soms is dit dom en walglik.”

Dus kwalifiser hy die reg tot selfbeskikking ook onder die bogemelde. Of mens nou vir of teen selfbeskikking in die land is, is nie waarom ek dit ophaal nie, maar suiwer om uit te lig waar sy denke is.

Dan natuurlik sê hy in sy voorlaaste paragraaf die volgende:

“’n Ander oorweging wanneer ons kies om te kwets of liewer te swyg, is om te vra: Hoeveel mag het die teiken? Is die teiken ’n mens of ’n groep wat kwesbaar is (wit boere, swart ¬lesbiërs, Franse Moslems), of is die ¬teiken ’n leier of iemand met volop ¬invloed (Jacob Zuma moet byna alles sluk wat na sy kant toe kom)?”

Zuma was dan die oorsaak self met sy onpresidensiële gedurige bashing van die Afrikaner en wit mense in die land dat mense hom verguis, maar per Waldimar moet Zuma nou als sluk wat na sy kant toe kom!

Gawie Witjan ·

Ja ons praat lekker. Die Zelda vroumens dink met haar hart. Geen logiese redenering nie. Sy is nou almal se heldin omdat sy die nommer een terroris se “P.A.” was. Onthou daardie terr. het bomme geplant en baie vroue, mans en kinders dood gemaak. Hoekom het sy nie n n pos nou by die kommies nie? OMDAT SY WIT IS. Cheers!

Hennie ·

As ek so na al die kommetaar kyk en lees, maak dit my nogal hartseer!!!! Die mens is die persoon wat hier die skuld moet kry, nie ‘n kleur nie. Gaan kyk deur al die kommentaar, nie eenkeer is daar gese in God sal ons vertrou nie, nie eenkeer is daar gese dat dit oor onself gebring is waar wit swart bruin en die res nou is nie, want die mens het opgehou bid en glo in God en gedink dat hulleself die lewe voorentoe kan aanvat sonder God se hulp. Toe dit swaar gegaan het, is daar tot God gebid net soos in die bybel, en God het hulle weer gered, totdat hulle God weer verloon en vergeet het. Toe het Hy weer hulle gestraf, en dis die kringloop. Het n hele paar keer gebeur in die bybel en ook in ons geskiedenis. DIT IS WAT NOU MET ONS GEBEUR EN NIE NET IN ONS LAND NIE, MAAR WERELD WYD!!! God wil net weer vir ons mensdom wys wie eintlik in beheer is en dat die mens niks is sonder Hom nie!!!! Mense moet vir God begin omverskoning vra oor edere en elk se leef wyse.

DRAAI TERUG NA GOD EN HOU JOU OE OP HOM!!! Maak nie saak of jy wil bly in die land of wil immigreer nie, orals is die duiwel los en net God is die antwoord.

God bly my alleen Heerser en net op Hom vertrou ek my lewe!!!

Riaan Slabbert ·

“God wil net weer vir ons mensdom wys wie eintlik in beheer is ” Jy reken? Dink jy nie Hy moet eerder vir ons begin wys wat Hom ooit besiel het om mense te maak nie….?

Alta ·

Sjoe maar ons volk is n klomp dwarstrekkers. Hoe kan n nasie so gebou word, is dit nie nou tyd vir saamstaan ?

Maggie Oosthuizen ·

Soveel aanvalle soveel komentare !! Kan ons asb net iemand met savie kry om die land weer op sy voete staan te maak. Iemand met n liefde vir sy medemens, iemand met die wil om te werk en nie sy naaste af te kraak nie maar op te bou. Iemand wat in God glo en sy naaste wil dien. Sal die regte leider asb opstaan?

Maggie Oosthuizen ·

Soveel aanvalle op mekaar en soveel komentare. Ons het iemand nodig wat mense liefhet en in God glo en sy wil wil doen. Iemand wat ander respekteer en die land wil dien. Wat sonder veroordeling van enige kleur die mens in sy kapasiteit sal vat en sy vaardighede sal gebruik tot die opbou van die land. Solank die rasisme voortduur is daar nie hoop vir bou om saamwerk in ons land nie. Mense is vir my mense en as jy die werk kan doen maak dit nie saak wat jou afkoms of kleur is nie. Sal die regte leier asb opstaan ons het jou nou nodig. Hou op ommekaar in die openbaar af te takel en swart te smeer.

scalla ·

En julle kolmp ja stemmers met die referendum is die grootste komentators, alles gaan om geld!

christie de klerk ·

Ja nee saamstaan is taboe vloek mekaar kritiseer mekaar hoekom kyk ons nie na pary van die kommentaar wat gelewer word nie . Fokus op God . God het konings verwyder laat sterf wat nie volgens sy wil regeer het nie, hoekom kan ons Afrikaner volk ook nie bid en vra Here verwyder hierdie regering want hulle regeer hierdie land en sy mense nie volgens u wil nie. Bid eerder dit en staan saam. Onthou Zelda het net n werk gehad om te doen net soos elkeen van ons. Ek moes ook vir oud Pres Mandela al beveiliging doen te Qunu plus nog baie ander . Ek het nog nooit my siening van watter aard ook al van die ANC verander nie en sal ook nie. Zelda mag haar reg gebruik om te se wat sy wil dit is haar konstitutionele reg en niemand mag dit van haar ontneem nie. Zelda jy het reg opgetree jy moes net nie omverskoning gevra het nie, en die wat so gal braak julle laat my wonder oor jouself . Vriendelike groete van huis tot huis.

Ben Raubenheimer ·

Zelda en Mandela en Zuma en alle lede van die ANC en die DA is fools van eenderse vere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.