‘Twitter-oorlog’ oor Jimmy Manyi se Harvard-kwalifikasie

Mzwanele Jimmy Manyi. Foto: GCIS

Mzwanele Jimmy Manyi. Foto: GCIS

ʼn Twitter-oorlog het Woensdag op die sosialemediaplatform ontstaan nadat Mzwanele (Jimmy) Manyi, voormalige regeringswoordvoerder en president van die Progressive Professionals Forum, daarvan beskuldig is dat hy lieg oor sy kwalifikasie van die vooraanstaande Harvard University in die VSA.

Die bewerings is deur die Twitter-gebruiker @Sentletse gemaak, wat 92 000 volgelinge het en deur Sentletse Diakanyo, ʼn bekende blogger en EFF-ondersteuner, bestuur word. Ander Twitter-gebruikers het ook ingespring en aan die woordewisseling deelgeneem, soos die feitenavorsingsorganisasie, Africa Check, wat Diakanyo gevra het waar hy die bewering gelees het.

Diakanyo het Vrydag aan Maroela Media gesê Manyi skep “die indruk op [sy aanlyn biografieë] hy aan Harvard gegradueer terwyl hy nie het nie”.

Maroela Media het die Harvard Business School oor Manyi se beweerde alumnus-status genader en ʼn woordvoerder het bevestig hy het in 1999 die Senior Executive Programme for Southern Africa voltooi, ʼn program wat gesamentlik deur Harvard Business School en die Universiteit van die Witwatersrand aangebied is. Die universiteit het ook bevestig Manyi kwalifiseer vir Harvard alumnus status.

'n Skermskoot van een van Sentletse Diakanyo se twiets.

‘n Skermskoot van een van Sentletse Diakanyo se twiets.

Diakanyo het egter volgehou Manyi is eintlik ʼn Wits-alumnus en sy hoogste kwalifikasie is ʼn diploma in geologie van die Wits Technikon. “Die program wat hy voltooi het, word eintlik deur Wits se sakeskool aangebied en behels internasionale toerstudies. Wits het nie meer ʼn vennootskap met die Harvard Business School vir die program nie. Die sertifikaat van bywoning wat [Manyi] van Wits en Harvard ontvang het, is gladnie ʼn kwalifikasie nie,” het hy gesê.

“Dit is dus voor die hand liggend [Manyi] moet homself ʼn Wits-alumnus noem eerder as ʼn Harvard-alumnus om nie ʼn vals indruk te skep nie. Ek sal dus nie vir Jimmy om verskoning vra nie, doodeenvoudig omdat hy ʼn wanvoorstelling van sy akademiese kwalifikasies gee.”

Maroela Media het Manyi om kommentaar genader en hy het ʼn kopie van sy sertifikaat verskaf wat bevestig hy het die Senior Executive Programme for Southern Africa voltooi. Hy het gesê hy volstaan by sy CV soos dit op verskeie webtuistes beskikbaar is en enigiemand is welkom om sy kwalifikasie en alumnus status met Harvard te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Griki ·

As ek nou die artikel reg verstaan, het hy ‘n program vir senior uitvoerende beamptes by Harvard voltooi, maar dit maak nog glad nie van hom ‘n Harvard-gegradueerde nie.

Johan 2 ·

n sertifikaat is baie ver van n graad af meneer. Dalk moet ek my inskryf by Boston en dan die epos hou vir bewys dat ek alumni is.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan 2

Let asseblief daarop dat Jimmy Manyi op sy CV aangedui het dat hy ʼn Harvard alumnus is, en nie dat ʼn Harvard-graad het nie. Maroela Media het met Harvard Business School bevestig dat Manyi inderdaad ʼn Harvard alumnus is. Sy CV is dus korrek en geloofwaardig. Die universiteit het ook bevestig Manyi kwalifiseer vir Harvard- alumnus status.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Joann ·

Graad se maai. Dis hoekom als so swak is in die land. Polisie en weermag kry range wat skrik vir niks en dan kan hul nie eers hul name reg skryf nie.

jaco ·

Ek sidder vir die dag wanneer iemand met fake kwalifikasies ‘n werk by Koeberg kernkragstasie kry en dan iets stupids doen wat lei tot nuclear meltdown. amper 4 miljoen mense kan gevaarlike kernbestraling kry.

Sune van Heerden ·

Dagsê lesers

Let asseblief daarop dat Jimmy Manyi op sy CV aangedui het dat hy ʼn Harvard alumnus is, en nie dat ʼn Harvard-graad het nie. Maroela Media het met Harvard Business School bevestig dat Manyi inderdaad ʼn Harvard alumnus is. Sy CV is dus korrek en geloofwaardig. Die universiteit het ook bevestig Manyi kwalifiseer vir Harvard- alumnus status.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andre ·

Ek verstaan die rede vir die artikel, maar wat maak dit nou regtig saak. Maak dit van hom beter en meer bekwame mens? Seker Mugabe het ook rits kwalifikasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.