Twyfel of Zuma-hofverskyning voortgaan

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma se korrupsiesaak wat Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg sou begin, sal na alle waarskynlikheid uitgestel word.

Zuma word steeds in ’n hospitaal behandel nadat hy Vrydagoggend opgeneem is. Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het vroeër gesê ʼn roetine-waarneming het daartoe gelei dat Zuma gehospitaliseer is.

Volgens die Jacob G. Zuma-stigting is die oudpresident steeds in die hospitaal. “Die stigting het verneem dat sy [Zuma] en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se regspanne besig is met gesprekke om die regter gesamentlik te nader vir ’n uitstel van die verrigtinge in die hooggeregshof in Pietermaritzburg.”

Daar is steeds geen besonderhede oor Zuma se gesondheidstoestand bekend gemaak nie. Die stigting het net vroeër gesê daar is geen rede tot kommer nie en dat steeds gewag word op ’n verslag van Zuma se dokters.

Zuma is veronderstel om Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg te verskyn vir sy korrupsieverhoor nadat die hof sy aansoek om self in die hof te wees toegestaan het.

Die saak is van 10 tot 13 Augustus op die hofrol geplaas. Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit weens die minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Die Konstitusionele Hof het Zuma en hoofregter Raymond Zondo se onderskeie regspanne intussen versoek om binne die volgende twee weke skriftelike voorleggings te maak oor die internasionale reg en die moontlike gevolge daarvan vir Zuma se tronkstraf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Mieke ·

Ek het mos geweet dit gaan gebeur… Ek dink ek begin ‘n siener raak….!

Mariana ·

Jy en duisende ander…..ek ingesluit. Die ou skelm gaan skotvry kom. Almal is bang vir hom en sy aanhangers

JohanR ·

Mieke, het jy nie gesien Siener va Rensburg skryf…..and he will duck and dive?

Philip ·

Die resultate van die gesprek tussen die sogenaamde stigting en die vervolgings gesag is so voorspelbaar dat die mees uitgeslape grootoog spindokter op televisie deur die kanonvoer kiesers geglo sal word ,

Janine ·

Die anc dink ons almal het skool deurgekom op 30% (en seker 5% se hulp ook!). Wat ‘n klap in die gesig van miljoene wat daagliks hul agterente afwerk om vir hul gesinne te sorg!

Chris dupreez ·

En daar kom die ou jakkals weer met n plan. Maar nou ja , slim vang uiteindelik sy baas

JM ·

Here, verlos asseblief hierdie land van Jacob Zuma!! Ons kan dit nie langer verduur nie!

Willem ·

Hoe gouer hy langbome toe gaan hoe beter vir hierdie uitgebrande land SA

Harley Davidson ·

Hy is net ‘n pion in ‘n korrupte regering en politieke party waarvan almal verlos moet word.

Stephen ·

Ons almal het dit verwag, nou gaan hy tien teen een Schabir Shaik se voorbeeld volg

Casper ·

Hy is net so min siek as wat ek siek is.Hy gaan beslis mediese parool toegestaan word deur Ronald Lamola.Hy sal nooit sy korrupsiesaak bywoon nie aangesien hy elke keer te siek gaan wees en dit is hoekom hy aangevoer het hy wil in persoon in die hof wees.

Rian ·

Die vraag is: wil ons eerder n “siek” zuma in die tronk sien, of wil ons weer die land afgebrand sien? Zuma het gewen. Maak vrede daarmee.

Werner ·

Jy gaan in elkgeval n afgebrande land sien of hy nou in die tronk bly of nie.Hulle is besig met faksie gevegte.En elke krimineel sal nou vrygelaat moet word .So jy stem geen geregtigheid en wanorde.Waar dink jy gaan dit die land los?Met vrede en voorspoed.

Harley Davidson ·

Die vrye eerste wêreld lande onderhandel nie met terroriste nie.

VaalDonkie ·

Hy het ‘n baie seldsame siekte opgedoen. Die siekte word genoem die “shabier shakes”

Malan ·

Hoe voorspelbaar was dit nie? ‘n Regter wat sy sout werd is sal voortgaan met die hofsaak in Zuma se afwesigheid.
Of word ons regstelsel ook beheer deur diesulkes wat matriek met 30% geslaag het? Of is dit noual 25%?

fransdutoit3 ·

So sal dit aanhou en aanhou tot hy in die hiernamaals brand en dan sal hy voorgehou word as ‘n martelaar..

Magda G ·

“Kroonwild” het mos voorregte en voordele wat ander/ons nie het nie. Geweet hy sal nie sy vonnis uitdien nie

Johann ·

Meneer die President, moet asb nie toelaat dat goeie landsburgers op n punt van “nou het ons genoeg gehad nie” – kom nie, dit is uiters belangrik. En Meneer die President hierdie gerondneukery raak nou erg, Sê tog iets met die volgende familie geselsie of vra ten minste ons opinie ook.

groenboer ·

Laat ek raai: hy is terminaal siek en net ‘n paar potjies gholf saam met Shabir Shaik kan hom nog red…

My siening ·

ANC NARRE ???? hy is so min siek soos ek kry neutrale dokters. ????????????

Kokerboom ·

Die skelm kader moet NOOIT vrykom maak nie saak wat gebeur!!

Pieter ·

Hy gaan seker nou kuba toe julle ANC kommuniste is om van naar te word.

Mariana ·

Snaaks dat hy nie ook Rusland toe gaan nie, lyk of hulle dokters wonderwerkers is…..

melaney ·

Na sy dood sal hulle seker KwaZuluNatal na KwaZumaNatal verander, en al wat ‘n straat is sal “zumalaan” word.

Willem ·

Geen verrassing nie dit is als haarfyn beplan deur anc terroriste!!!!

Blomme ·

Hahahaha… Wat ń grap! En ons almal in die land is seker onder kalkoene uitgebroei!

Cherokee ·

Re:
….. en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.
*
Nou waarom het die staatspresident dit toegelaat? Die adjunk kon dit moes nie doen sonder die sp se goedkeuring nie.

loddertjie ·

Ja nee, kriminele speel deesdae almal die gesondheidstroefkaart, as dit vir een gewerk het, gaan dit seker vir almal werk, of net vir die persone van “aansien”. Sodra hulle in ‘n hoek gedruk word, is hulle “siek”!

Jr ·

As dit mos roetina ondersoek dan hoef hy nie vir nou omtrent n week en veral nou voor die hofsaak te gedoen word. Jy sien hierdie mense hulle praat met SA wat iedere en elk 30 % en minder vir matriek gekry het.

melW ·

As sy toestand nie kommerwekkend is nie waarom is hy nog in die hospitaal?? Hierdie hele omstandigheid raak ń sirkus

Hennie ·

Ag ek steur my nie meer aan die saak nie , hier gaan nooit iets van kom nie . Hy is te slim vir ons “regsstelsel” . Uitgeslaap en duk van die geld !! Hy speel lekker kat en muis met almal !!

Yvonne ·

So het meeste van ons dit sien kom…..slenters het nie einde nie

JohanR ·

Hy Schabir my ou maat. Wil jy nie tronk hospitaal toe kom nie dan speel ons boetjie putt-putt!

Anoniem ·

Wie het gesê Zuma is nie slim nie. Het hy nog sy oranje pak aan???? En dan wil sy seun nogal Staatspresident van ons land word????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.