Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het weer ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaanse werkgewers om hul belastingsopgawes vir die tussentydse werkgewersrekonsiliasie vir die tydperk 1 Maart tot 31 Augustus 2019, in te dien.
Die inkomstediens het Dinsdag in ʼn verklaring gesê daar is slegs twee weke oor voor die invorderingstydperk op 31 Oktober verstryk. “Ons versoek werkgewers in Suid-Afrika om saam te werk dat ons die land se fiskus kan bou en die ontwikkelingsagenda vorentoe kan neem.”
Tydens die rekonsiliasieperiode moet elke werkgewer die bedrae bevestig wat hy in die eerste ses maande van die jaar deur middel van die lopende betaalstelsel, die heffing op vaardigheidsontwikkeling, werkloosheidsversekeringsbydraes en die indiensnemingbelastingaansporing betaal het. Werkgewers word dan ook die kans gegun om enige regstellings aan te bring.
SAID sê verder dat die belastingaansporing vir indiensneming met ʼn verdere tien jaar, tot en met 2029, verleng is. Die aansporing is in 2014 ingestel en moedig werkgewers aan om jong, onervare werknemers in diens te neem. Dit verminder die koste wat werkgewers aan SAID moet oorbetaal volgens die lopende betaalstelsel.
Werkgewers wat aan die vereistes van die aansporing voldoen moet ʼn EMP501-rekonsiliasie voor die einde van Oktober indien om maandelikse aansporingsbedrae terug te eis wat nie gedurende die eerste ses maande van die jaar gebruik is nie.
Werkgewers wat nie eise vir die eerste ses maande indien nie, sal die krediet wat aan hulle verskuldig is, verbeur.
Beter stelsel
Die inkomstediens sê hy het verskeie verbeterings aangebring om die proses vir werkgewers te vergemaklik. Dit sluit in ʼn nuwe HTML5-vorm vir eFiling, wat meer gebruikersvriendelik is, en ook ʼn regstreekse boodskapdiens. Werkgewers kan ook nou rekeningstate, wat voor 2008 uitgereik is, aanvra.
Verder het SAID ʼn grootmaat-registrasiestelsel by sy e@syFile-stelsel aangebring, wat dit vir werkgewers makliker sal maak om hul werknemers vir belasting te registreer. Tydens registrasie kry elke werknemer dan ook ʼn belastingnommer.
Vertaling:
SARS: “Beste melk koei, my melktyd loop uit – en jy wil nie “sak” nie. “Sak” nou DADELIK, of ek stuur jou kamp toe!”
Koei: “Ek gaan nie meer “sak” nie – stuur my maar kamp toe.”
SARS: ” Ek gaan jou slagpale toe vat as jy nie nou dadelik “sak” nie!!”
Koei: “Dis reg so. Pasop net vir my agterhoewe as ek begin skop……….”
Dit is waar james dit is al waar voor ons blankes goed genoeg is is om gemelk te word dit is maar ons eie skuld ook want ons wil en kannie standpunt in neem nie so die ANC sal ons bly melk
As jy SARS skuld moet jy gou betaal!!!!…..AS HULLE JOU SKULD DAN VAT HULLE 60 WERKSDAE PLUS….Ek dink hulle speel vir tyd om mense terug te betaal en sit sonder geld.
Of dalk werk daar onbevoegde mense en bly gooi jou SARS aansoek terug??? en dan wag jy nog 60 wersdae!!!
Gelukkig sien daardie hool my, my gesin en ons geldjies nooit weer nie. My naampie is die ledemaat wat ek vir hulle gooi. Toodeloo…..
‘Die tyd loop uit’? (‘Time is running out’)
‘Die tyd raak min’ dalk eerder?
Ek weet nie lekker of ek MOET verklaar of nie? Ek kry minder as R200K per jaar en het net een inkomste – geen beleggings en sulke goed nie; moet ek ook belasting opgee of is die LBS/PAYE wat my werkgewer aftrek voldoende?