Tyd vir grondgrype sonder vergoeding, sê voormalige EFF-LP

Andile Mngxitama (Foto: Andile Mngi, Facebook)

Andile Mngxitama (Foto: Andile Mngi, Facebook)

Andile Mngxitama, voormalige EFF-LP, het Woensdag by ʼn seminaar in Pretoria gesê die tyd het aangebreek dat Suid-Afrikaners grond afneem sonder vergoeding en om te besin oor die omverwerping van die regering.

Mngxitama het die kwessie van grondhervorming aangehaal by ʼn seminaar oor staatsvergryp deur die SA Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur (SAAPAM) in samewerking met die Pretoria News en Tshwane Universiteit van Tegnologie. Hy het gesê die kwessie kan nie aan die ANC oorgelaat word nie.

“Ons kan nie aanhou om die ANC te vra wat moet gebeur nie. Wat moet gebeur is dat die grond met mag aan swart mense teruggegee moet word. Die ANC gaan nie wetgewing hieroor uitbring nie. Ons moet organiseer hoe ons dit gaan beset,” het dié voormalige lid van die parlement gesê.

“Ek het die kwessie oor grond bestudeer. In die afgelope 100 jaar was daar nie ʼn enkele samelewing wat grond teruggegee het sonder die gebruik van mag nie,” het hy gesê. “Selfs as jy na Japan of Suid-Korea kyk. Dit is waarom ek Zimbabwe so liefhet. In 1994 was daar nie ʼn staatsverandering nie, daar was net nuwe swart bestuur met dieselfde anti-swart staat.”

Mngxitama het gesê besorgde Suid-Afrikaners moet peins oor hoe die regering omver gewerp gaan word. “Soos ons vandag praat, is die staat nie getransformeer nie. Ons kan nie praat oor ʼn staatsvergryp nie, ons moet teruggaan na die idee van die omverwerping van die staat. Die idee is nie om die staat oor te neem nie, wat dan sal jy dit bloot bestuur in die belange van die status quo,” het hy gesê.

Ronald Lamola, voormalige adjunkpresident van die ANC-jeugliga en nog ʼn paneellid, het gesê die onbehoorlike invloed op top ANC- en staatsbeamptes, veral deur die welvaart van die Gupta-familie, kan slegs gestop word indien Suid-Afrikaners massa-aksie neem. “Hierdie seminare wat ons hou, ek het vir die koördineerder gesê ek is moeg daarvoor. Ek het al baie politieke lesings gehou. Ek dink dis nou tyd vir massa-aksie in die land. Dis nie meer tyd om te sit, praat, radiostasies te bel of op Facebook te skryf nie. Dis nou die tyd dat lede van die ANC vir die ANC sê ons kan nie só voortgaan nie,” het Lamola gesê. “Dis ook tyd dat Suid-Afrikaners opstaan en sê ons moet die staat oorneem vir onsself, tot voordeel van die armes, werkersklas en die jeug van die land.”

Lamola het gesê die ANC se topstruktuur, die nasionale uitvoerende komitee (NUK), “is nie die ANC nie”.

Lamola en ander het verlede naweek buit die Saint George Hotel betoog waar lede van die NUK vergader het. Lamola het gesê die NUK moet Zuma dadelik verwyder. “Dis net ʼn laaste waarskuwingskoot vir die ANC. As hulle hom nie hierdie naweek verwyder of afdank nie, moet die samelewing opstaan en hom verwyder,” het hy in daardie stadium gesê.

Sommige plakkate van die betogers buite die NUK-betogers het gelui: “Ons wil Zuma uit hê”, “Die derde mag is die Guptas” en “Red die siel van die ANC”.

Die NUK se geskeduleerde vergadering het gevolg ná ʼn onstuimige week vir die regerende party. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het verlede week Woensdag onthul dat die invloedryke Gupta-familie, wat Zuma as sy vriende erken, het hom genader om die pos van die minister te vul, ʼn paar dae voor Zuma Nhlanhla Nene uit die pos verwyder het.

Zuma het egter Donderdag aan die parlement gesê die Gupta-familie het nog nooit enige minister in die kabinet aangestel nie.

Vytjie Mentor, ANC-LP, het ook verlede week gesê Zuma was teenwoordig toe die Guptas haar ʼn paar jaar gelede die pos van die minister van openbare ondernemings aangebied het, wat in daardie stadium deur Barbara Hogan beklee is.

Die Sunday Times het Sondag berig Themba Maseko, voormalige uitvoerende hoof van die regering se kommunikasiediens (GCIS), het Zuma direk impliseer om staatsbesigheid vir die Gupta-familie te gee.

Prof. Lucky Mathebula, beleidsanalis, het Woensdag by die seminaar gesê ʼn staatsvergryp is nie uniek aan Suid-Afrika nie, maar het hier obsene vlakke bereik. “Dit kan dalk in ander lande gebeur, op dieselfde manier as wat dit in Suid-Afrika gebeur, maar nie in die pornografiese vlakke wat ons in Suid-Afrika sien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Flippie ·

Laat weet vir Andile Mngxitama. Ek het my grond drie jaar gelede met my pension en spaargeld gekoop. As die hulle dit sonder vergoeding van my gaan af neem,het ek niks meer oor nie.

Hulle sal hierdie eiendom net oor my dooie liggaam vat.

Francois ·

Moet Afrikaners nie maar ook ‘n deel van die land beset en ‘n volkstaat uitroep nie? Dit lyk vir my al hoe meer na ‘n noodsaaklikheid om ons oorlewing, ons kultuur, ons waardes en ons taal te beveilig en te waarborg.

Sus ·

Francois dit is presies wat FRONT NASIONAAL voor staan. Besoek maar gerus hulle webwerf.

Piet ·

Ons hoef nie grond te beset nie. Afrikaners besit die grootste deel van die grond. Mens moet net saamstaan en afstig, soos dit ook deur die konstitusie voorgesien is. Die probleem is Afrikaners kan nie saamstaan nie, en hulle is te lui om al die werk self te doen.

Reinhardt ·

Die Wes-Kaap en Noord-Kaap praat omtrent 50% Afrikaans. Ek dink dis tyd dat hierdie twee provinsies wegbreek dan maak ons die kaap weer hollands.

DB ·

Jy weet as Zimbabwe jou rol model staat is kan jou verwagtinge nie baie hoog wees nie.

Theo ·

Piet. Ek stem saam met jou eerste 3 sinne maar nie met laaste een nie. Dat Ons nie kan saamstaan nie is propaganda wat oor die jare deur die libiraliste aan ons opgedis het dat ons dit al glo en selfs aanvaar. Dat ons wel in baie gevalle verskil met mekaar is waar, en dis goed so. Wat die “te lui is om werk self te doen” is ook nie waar nie. Sommige mense buit juis selfs die “blanke” samelewing uit van mense wat swaar kry en vir hulle op plase werk “peanuts” te betaal of as tweede handse burgers hanteer. So, die mes sny twee kante toe. Die goeie nuus is die saambindende faktor van ons volk, ons Geloof. Hiermee kan en gaan ons saam berge versit in die toekoms. Daarom twyfel ek glad nie in my Volk nie.

gatiep ·

Theo jy is reg arm wit afrikaners word nou die meeste uitgebuit deur wit mense wat hulle vir niks laat werk nie want hulle weet as jy wit is het jy niks se in die land nie so daai mense sal niks doen nie en is maar te bly om n werk te he.

Drieks ·

Andile en Ronald en die Anc en Eff. Jul het net een oplossing. Skep werk. Dan koop jy jou plaas as jy geld het en regtig wil boer. Die land en wéreld het kos nodig, nie ‘n Zimbabwe nie.

Michael ·

Dit maak my nie bang nie ek onthou nog hoe die arrogante klomp gehardloop het toe hulle ‘n rugby wedstryd in Bloemfontein by shimlas wou oor vat wat nog van die boere se plase …nee wat hou op bakhande staan en ontwikkel jou eie plaas wat jy moet koop en finansier deur landbank soos alle SA boere wit en swart maar doen punt

Aliswa ·

Gaan vra liewer vir Lithuli – huis hoekom soveel staatsgrond vir China gegee is, en hoekom skuld Luthuli – huis biljoene aan China!! Let wel nie die SA Regering nie maar Lithuli – huis! Ons bemagtings boere kry ook nie die transportaktes nie!! Waarom nie!!!! Ten minste het die kommersiele boere vir ALLES betaal !!! Word wakker vriend, gaan kry eers jou feite en dan maak jy sulke onverantwoordelike opmerkings!

Gideon ·

Andile, jy is ‘n sot!! Jy het nie idee wat gaan aan in Zim nie! Jou rolmodel land se mense gaan dood van honger. Wat dink jy gaan oorbly van jou!! Seker nie so vêr gedink nie, né!!

James ·

Gaan leen miljoene rande skuld teen jou grond , dan vat hulle die banke se grond . ha ha ha ha

Sue ·

Ek neem aan hy weet dat Suid- Afrikaners alle mense insluit wat Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente besit –

Stev ·

Né…sommer net so. Kom probeer dan. Hierdie is nie Zimbabwe nie.

Xa ·

Dom Dom Dom, dis waarom demokrasie nie werk nie. Net mense met n besonderse lae IK sal zimbabwe as n goeie voorbeeld sien. Het nie die vermoe om honger, ekonomiese insinking en vele meer in ag te neem of te begryp nie.

Oom Kalahari ·

Sjoe, is die uitsprake nou ‘n grap of ernstigheid? Is die Andile kind van sy sinne beroof met sulke gedagtes en dan moet hy mos maar gaan lekker boer daar in Zimbabwe distrik wat sy rolmodel is. Boere het hul plase deur harde werk en sweet met jare se bank lenings bekom en so het dit deur generasies gegaan. Grond is nie net daar vir plakkerskamp hutte en maandelikse stamhoof/leier betalings nie, maar harde werk om ;n land van voedsel te voorsien.

SportingRSA ·

Mense soos jy, as julle toegelaat word, sal presies doen wat ander soos jy in ander Afrika lande gedoen het. Maak beloftes wat nie kan werk nie aan onkundiges, gebruik wetelosheid om dié wat werk te vat; breek dit tot in die grond in, enkeles word skat ryk daaruit en uiteindelik sit die onkundiges met baie groter elende. Dit, Andile, is wat jy predik. Erken dit: Jy’s net jaloers jy is nie self in JZ se skoene , dat jy nie kan eet aan die Gupta roomys. Ons weet almal dat sou jy daar kom sou jy gou die masses vergeet en presies die selfde doen as dié wat jy kritiseer.

anita ·

Het n video afgelaai, waar apla noem 6 de april ruk hulle op, om regering om ver te gooi!waar hulle waarsku dit gaan nie mooi wees…die myn waar my man werk, is gesluit tot volgende week, waar hulle karre aan brand steek, busse en en, omdat hulle nie werk kry .hulle gaan amok maak, my werker wat 18 jaar vir my werk het by taxi rank gehoor! Hulle soek nie blanke mense in afrika nie..suid afrika gaan brand!!

Katvis ·

Aai Anita, dit is verskriklik. Ek het ook daardie video gesien, maar toe merk iemand op dat hy dit nie glo nie, want die flits en telefoon wat in die video gesien word, kom uit die 70’s. Nou wonder mens of dit werklik so is of nie, maar as mens hierdie berig lees en ook dit wat jy noem tans aan die gebeur is in ons land, klink dit weer na ‘n moontlikheid?! Ons moet ons verootmoedig voor ons Hemelse Vader. En ons moet bid vir Sy genade en wysheid en leiding in hierdie land van ons.

Jordaan ·

Baie duidelik ons is nie meer welkom in ons eie land nie. Kan ons nie aansoek doen om terug te gaan Europa toe as ons as Europeers beskou word nie? Alhoewel daar lyk dit ook maar riskant met die IS en Immigrante stories … …

Trots Afrikaans ·

Nee wat Jordaan, en mis so al die opwinding. Nee-nee, ek bly net hier. Ek stel voor julle raak rustig, kniel voor God want Hy is in beheer en lees op oor Siener.

Reinhardt ·

Ek weet nie of jy al in Europa was nie, maar jy sal vinig besef ons is nie europiers nie. Ek is al n 12de geslag Afrikaner. Hier het ons ontstaan en hier sal ek vergaan.

jaco ·

hierbo is ‘n paar oproepe en kommentare oor Afrikaners wat moet afstig en hulle eie staat vorm. Dis n idee wat al vanaf 1980 deur klein regse splintergroepe voorgestaan is. Die regerende Nasionale Party, wat al hoe meer “hervorm” het, asook die regse Konserwatiewe Party, wat amper 1 miljoen stemme in een verkiesing en een referendum gekry het, het almal vir hierdie volkstaat-idee gelag. Al wat die Nasionale Party regering gedoen het, was om Orania vir hierdie regse volkstaters te gee. na 25 jaar bly daar net meer as 1000 mense.

So wat sal mens sê: het die volkstaatidee nie gewerk nie? Was die NP en die KP reg om vir die volkstaters te lag? Ek dink nie so nie. Die NP en die KP het eerder ‘n goue kans uit hulle hande laat glip. As volkstaatstigting daardie jare al NP-regeringsbeleid was, was die res van SA lank terug reeds ‘n nie-rassige black majority ruled en internasionaal erkende staat, en daar sou iewers in SA (dalk die Wes-Kaap) ‘n vibrant en suksesvolle volkstaat aan die gang gewees het.

Maar almal wou mos die volle mag vir hulleself hê, onderhandel, hervorm ens ens en nou sit hulle met niks

Xa ·

Baie ware woorde die. As die ou regering net beter gedink het het ons darm nou n plek gehad om na te vlug.

Koos ·

Orania is nie ‘n volkstaat nie. Eerder ‘n wit woonbuurt in SA. n Volkstaat is onafhanklik van ander lande. D.w.s die inwoners betaal belasting aan die die regering van daardie staat. Is die oproep om die omverwerping van die regering nie ‘n misdaad nie? Ja wel as hulle ons grond gryp kan ons seker maar hulle grond gryp. Dan het ons ‘n oor-en-weer gegrypery . Hulle moet net pasop, blankes is gewoonlik baie effektief met wat hul doen.

Rika ·

Dingaan het vir ons n staat gegee voor die engelse kom inmeng het, die dokument bestaan nog waar hy geteken het, kan ons as trotse afrikaners nie opstaan en aandring daarop dat ons ook n stukkie son kry nie?

Franscois ·

Het Juluis nog sy plasie, ek sal graag dalk daar wil vat, sonder vergoeding natuurlik, die eff se lese is (ONS WIL MAAR ONS KANIE)!

Casper ·

Hulle het daai tyd gepraat van n plaas dit is eintlik n plot waarop hy brandsiek tamaties geplant het so groot soos my groente tuin in my erf. Hulle kan hom maar vat dit is niks werd in elkgeval nie HAHAHAHA

neelsie ·

Wonder net of hulle ook die skatryk swart’ boere ‘se onbewerkte plase ook gaan gryp?
Waarom trek die nuttelose mense nie maar almal Zim toe nie,daar kan hulle mos saam met oom Rob ondergaan.
Waar dink die ouens kom die kos in supermarkte vandaan?
Oorweeg die Weskaap gedagte baie sterk.
Europa verwelkom net’ vlugtelinge’ uit noord-Afrika.

Casper ·

Mense,mense,mense Dit gaan nie oor grondbesit vir die armes nie. Daar is n baie groter prentjie agter al die snert praat. Die eindpunt van die meerderheid is om alles wat die wit man het te vat “and then some” en die wit man te vernietig dit is n wereldwye doel van die swart nasie ( lees die amerikaanse koerante dit lyk daar ook so hulle roep ook vir die uitwissing van wat mense net soos hier by ons!). Maak oop julle oe die regering en sy kiesers het ons nie in hulle toekoms planne nie!!! Jy mag nie se die swart man is dom nie maar hulle mag se KILL ALL WHITES? Die boodskap is duidelik genoeg.

Dawie ·

Hoekom gaan bly die seun nie maar in Zim nie hy is dan so lief Vir Zim.Wat my bang maak is dat hierdie manne volgelinge het en ore het wat na hul luister en n stelling maak van die soos Zim.As dit dan hul Etopia is het ons n groot probleem en al die goed word gese met n agentskap soos Moodies in die land.Ons is besig om ons name met n plank te slaan.

ANDRE ·

Mens kan sien hy het nie veel tussen die ore nie , maar net weer die regte geluide maak vir die politiek sodat die massas dink hy is slim.Hulle het nie n “clue’ hoe om vir die toekoms te beplan nie , nou kom hy en verklaar rondborstig en ewe kordaat hul onbevoegdheid en onvermoe. SHAME !

gatiep ·

Hy het seker nog alles in sy lewe verniet gekry dis hoekom hy nooit sal weet hoe voel mens oor iets waarvoor jy hard gewerk het nie.

Anoniem ·

Andile gaan bly asb. in Zimbabwe waarvoor jy so lief is dan sal jy as jy wakker skrik sien wat het grond vergrype die land aan gedoen. Dis jammer jy is clueless.

TTh ·

Waarom nog tyd mors met grondvergrype, die blanke is reeds in die stilte voelvry verklaar deur die ANC. Begin die komende burgeroorlog/rasseoorlog, Andile, so gou moontlik, ons mors mekaar se tyd met nuttelose debatte en tystering en haatspraak. Die konflik het klaar begin, reeds toe ‘kill the farmer, kille the boer’ gesing is deur die ANC kaders, reeds to Mandela met gebalde vuis gesing het hoe die blanke met byl uitgemoor moet word, steeds terwyl blankes vermoor en verkrag word – Andile gee die behoudende blankes ‘n rede en stop maar die papbroekige en verwaande uitsprake !!!

Johan ·

Ek stem saam. As dit gebeur sal die lae IK vinnig zim toe. Ek is bereid om hom n stukkie grond verniet te gee. 1m x 2m x 6ft. hahaha

Anoniem ·

Snaaks….Zimbabwe gee nou terug dit wat hy gevat het!!!!!!!!!!!!!!!

Marous ·

Ek het ook nog nooit grond gehad nie… sal graag Skukuza of Cape Vidal wil he….Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.