Tydelike behuising vir Wupperthal ná verwoestende veldbrand

Brandstigting, wat tot ‘n veldbrand gelei het, is deur die Wes-Kaapse polisie ondersoek (Foto: Henk Kruger/African News Agency/ANA)

Tertius Simmers, LUR vir menslike nedersettings in die Wes-Kaap, het 53 tydelike behuisingstrukture aan inwoners van Wupperthal oorhandig ná ʼn verwoestende veldbrand in Desember verlede jaar. Altesaam 53 huise is verwoes en minstens 200 persone is haweloos gelaat.

Die 90-jarige Johanna Sofia Valentyn het in die hospitaal aan haar brandwonde beswyk. Die skoolkoshuis, kliniek, stadsaal en geskiedkundige Morawiese sendingstasie is ook deur die brand geraak.

“Niemand verdien om só tragedie te beleef nie,” het Simmers gesê. “Ek betuig opnuut my meegevoel aan die families, vriende en die hele gemeenskap van Wupperthal oor die afsterwe van Johanna Sofia Valentyn. Ek is ook jammer om te hoor dat die 80-jarige Susan Koetie, wat ʼn begunstigde [van die behuisingseenhede] sou wees, oor die naweek begrawe is.”

Die projek het teen die einde van April vanjaar begin met ʼn begroting van net minder as R6,7 miljoen, aldus Simmers se kantoor.

“Ek loof alle rolspelers, veral die Morawiese Kerk vir hul praktiese benadering om dié projek te ondersteun en spesifiek dat hulle ingestem het om die elektriese bedrading in die eenhede te implementeer, asook om die pype en arbeid te verskaf om die waterkanaal te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wilma ·

is die skuldige of skuldiges gearresteer. lewenslank tronkstraf vi hul. doodstraf sou ideaal wees

Johanna Botha ·

Nou kom die klagtes …dit is te klein …daar is nie water …dit is te ver ….dot is te dit en te dat…wag en kyk !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.