Tydelike boktrui nie in almal se smaak

Die ontwerp. (Foto: Asics ZA/Twitter)

ʼn Splinternuwe ontwerp vir die rugbytrui wat die Springbokke tydens vanjaar se Eindjaar-toer sal dra, het gemengde reaksie van rugbyondersteuners gelok.

Dié tydelike trui is deur ʼn ontwerper van Kaapstad ontwerp en is onder meer deur ʼn Chinese inkopiesak en sy Xhosa-Nguni-agtergrond geïnspireer.

Die span se amptelike hempvennoot Asics het Maandag die nuus oor die truie aangekondig, waarna sommige sosialemediagebruikers die ontwerp spreekwoordelik uitmekaar getrek het.

“Ek dink die ontwerper het na ʼn paar padtekens gekyk en gedink: ‘Jip, dis wat die trui nodig het!’,” het een gebruiker gesê.

ʼn Ander gebruiker het die trui met Zuma se onvermoë om te tel vergelyk.

“Ek voel die trui is die modemanifestasie van Zuma wat probeer om ʼn nommer bo ʼn 1 000 te sê.

“Daar is gerugte dat ons hierdie truie tydens die wedstryd teen Engeland gaan dra, maar selfs die Engelse verdien dit nie,” het dieselfde gebruiker gesê.

Ander gebruikers het dit weer verwelkom. “Dis anders, maar ek hou nogal daarvan. Ek geniet ook die storie agter [die] ontwerp,” lui ʼn inskrywing op Twitter.

(Foto: Asics ZA/Twitter)

Mzukisi Mbane, ʼn ontwerper van Khayalitsha, sê die ontwerp van die trui bevat elemente van Afrika, sowel van as die toekoms. “Tydens die jaarlikse Design Indaba in 2015 het ʼn Chinese inkopiesak my oog gevang. “Ek het die patroon van die sak, asook elemente van my Xhosa-Nguni-agtergrond as inspirasie gebruik om allerhande lyne te ontwerp.

Mbane sê die trui verteenwoordig ʼn doolhof van mense wat rondbeweeg op soek na ʼn beter lewe. “Dis die verhaal van my mense wat van verskeie landelike gebiede na stede verhuis het om hulself te verbeter.

“My wens is dat toeskouers die oomblik wanneer die Bokke met dié truie op die veld uitdraf, vir altyd sal onthou.”

Mbane sê dit was ʼn groot eer om vir die eerste keer saam met Asics te werk om die trui te ontwerp.

“Ek tel die dae af totdat ek die Bokke in hierdie truie kan sien. Dit is altyd besonders as ek my ontwerpe op straat sien, maar dit gaan magies wees wanneer ek sien dat ons nasionale rugbyspan ʼn trui dra wat ek ontwerp het.”

Die Bokke skop vanjaar se toer op 6 November in die Noordelike Halfrond af, waar hulle eerste teen Wallis te staan sal kom. Op 13 November sal hulle teen Skotland uitdraf en die toer op 20 November afsluit met ʼn wedstryd teen Engeland. Volgens Asics sal die Bokke die nuwe trui net tydens een van die wedstryde dra, maar dit is nog nie bekend watter wedstryd dit sal wees nie.

  • Die truie is nou ook beskikbaar vir die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Andries ·

Nee ignoreer dit liewers. ek wil die mismaaksel nie eers present hê nie.

Nie Verbaas ·

Lyk my die ontwerper het bietjie zebra ook ingewerk. Moet spelers soos narre of springbokke lyk?

Anton ·

Al wat die Afrikaner nog het wat “eie” is, is belasting.

Casper ·

Anton vergeet nie die biltong,braaivleis boerewors en droë wors nie.Dan kom afval gebakte skaap en varkkop.Dit het die Engelse nie uitgevind nie.

Andries ·

en dan kan die vraag met goeie reg gevra word: Wanneer verval belasting tot wetsgesteunde berowing!

Axel ·

Wat het CHINA met SUID AFRIKA te doen????? Trui lyk belaglik

Nettie ·

Hoekom die vorige truie vervang dis belaglil die nuwes belaglik. ANC mors alles op in die land.

Johann ·

Ontwerp? WHAHAHHAAAAAAA…..shame, die ergste is die “ontwerper” dink dis amazing! Kamptig al.die “simboliek” eerder as basiese ontwerp beginsels!!!!!! Dis n RUGBY TRUI….nie n politieke verkkesings plakaat nie. Oooops skuus….dis seker juis wat dit is. SORRY… Seker daarvan n kleuter met n klomp kryte sal beter doen.

Hendrik ·

Ons is al goed bekend met die proses van breinspoelingmetode. Net vir n enkele wedstryd en dit klink t w v die ontwetper se beeld
So word die voet in die deur gesit en n kwessie van tyd is dit algemeen en nog n embleem van volkstrots is daarmee heen.

Johann ·

Gaan seker op “special” wees in die CHINESE SHOPS. Koop drie en kry n Nguni Xhosa dra sak verniet. Of is dit nou anders om?

Johnny ·

Hierdie ding gaan deur onderwysers as straf aan kinders gegee word. En dan gaan hulle nagmerries kry daarvan.

Papsak ·

Ek skaam my vir daai trui gaga wat het hulle probeer doen skaam my dood vir springbokke dankie ek nie n ondersteuner van hulle nie

Harley Davidson ·

Moet net agter op die rug sit WE SUPPORT RASICM, want dit is wat kwota sisteem gebaseer op velkleur is.

Keelvol ·

Gelukkig kyk ek nie eers meer rugby nie. Die trui is uiters beledigend.

Kortbroek en plakkies ·

Amen Johan, ek is ook laar met die politiek in sport. Wat ‘n wonderlike dag sal dit nie wees as al die ondersteuners die politieke klugspul sal boikot en hulle seermaak waar dit werklikwaar hulle gaan ruk, in hul sakke, wie gaan die span dan borg? Die platsak ANC wat nie eers salarisse kan betaal nie.

JohanR ·

Rerig! Wat ‘n verleentheid. Lyk asof of iemand op ‘n stuk materiaal siek was.

Hoekom ·

“allerhande lyne te ontwerp”. Ek was onder die indruk lyne was lankal ontwerp…

Anel ·

Nee, hel. Dis ‘n regte ANC vertoon!!! Ga, maar dis lelik!!

Michelle ·

Wel, hulle slaag nou daarin dat ons nie meer ‘n Springbokspan het nie. Dankie SA Rugby, hoop julle het genoeg reserwe fondse om jul spelers te betaal, want daar gaan bitter min ondersteuners oorbly!

Vonkprop ·

En daar gaan ons laaste rugby trots. Van wanneer af moet die trui self simbolies wees? Dit is waarvoor die wapentjie is. Our people weet darem maar net hoe om ons om te krap en ons kan niks daaroor doen nie. Hierdie is die lelikste ontwerp wat ek nog gesien het en sy verduideliking van wat dit beteken maak nie eens sin nie. Wens ons kon die trui stop.

Niklaas ·

Dis een of ander vorm van “straf” vir Bok ondersteuners.

Pietertjie ·

Dit yk na ‘n tydelike gemors, ontwerp deur ‘n komitee. Pas nogal by die fledgling democracy met sy grys baard.

AW ·

Kry Daardie Springbok So Jammer !!

Sal dit nie maar beter wees om daardie bok teverwyder en al die Vernedering te Spaar Nié !!!

Hanna ·

Nou wat het ‘n Chinese inkopiesak met SA te doen, asof dit nie erg genoeg is dat China ons land oorvat nie moet ons Springbokke in ‘n Chinese inkopiesak op die veld draf…

Pitbul ·

Doen my net een guns en haal die Springbok af. Dis n beledeging vir my wapen.

Skim ·

Het iemand vir die ontwerper genoem die Springbokke speel rugby nie modelwerk in die China Mall nie. Hoe kan SA Rugby dit goedkeur, daar is dan nie ‘n sweempie van die groen en goud nie! Hulle gaan die joke van die toer wees, nog iets wat die buitelanders oor kan lag.

piet ·

Ek dink dis net ‘n oefentrui of alternatiewe trui. Die amptelike toetstrui sal die gewone donkergroen-kleur he in plaas van die swart/navy van hierdie trui.

SjN ·

Trotse Anc mentaliteit produk, Ek sal verby hou, kry maar vir julle.

Irma ·

Dit is nou waaragtig die lelikste “Springboktrui” wat ek nog in my lewe gesien het.

Staal ·

Julle maak van die eens trotse trui n karikatuur. Die wêreld gaan vir ons lag. Sies!!!

Prontuit ·

ek hou ook van mode maar die is vrek lelik watter span verteenwoordig hulle nou eintlik? ons is after all GROEN EN GOUD waar kom die swart en wit en helder groen mengelmoes nou vandaan? o wee alles val uit die bus uit!

piet ·

Ek dink die basiese kleur sal steeds donkergroen wees, hierdie is net ‘n voorbeeld van die ontwerp, kleure kan verander.

Buck ·

Saggies vat hulle als wat “trots Suid Afrikaans” was weg. Dit is maar net nog n stap. Nasie sonder trots. Dit is wat gaan oorbly

Niklaas ·

Ja, dis deel van ‘n plan. Nie seker wat die motief nou eintlik is nie

Pieter ·

Daar gaan die laaste bietjie trots om n springbok te wees, down the drain. Nou is dit pure afrika, die geskiedenis van die springbok is nou finaal uitgevee.

Pieter ·

Daarsy, nou is die groen en goud, is sy kanon in. Ek hoop ter harte dat die ondersteuners sal weg bly uit die stadions. Al hierdie gemrs word op ons af vorseer, staan bietjie saam, want rugby is lankal nie meer n sport in SA nie. Vir die opregte bokke , gaan eerder oorsee as om jouself so te verneder om hierdie stuk gemors oor jou kop te trek.

annie ·

Eintlik is die trui ontwerp vir ons krieketspan; al daai pyltjies op die moue op die groen gras dui die rigtings aan wat volgende gevolg moet word. Pass it on… this ball is too small and too round for rugby…

Donene ·

Neeeeeeeeeeeee!!!!! Dis n rugby wedstryd, nie n mode parade nie!! Dis te besig….en die kleure is nie sterk genoeg nie. Beslis nee!!!!

Nico ·

Weereens ‘n klap in die gesig van die eens waardige springbok span, weer word die rassekaart gespeel. Haal die springbok en die protea af want dit pas nie by die deurmekaar spul nie.

Pieter ·

Groen en goud, nou slegs ‘n lelike patroon met ‘n wit streep om die target to merk… Duik hier…

Michelle ·

Ek sal graag wil weet wat Rassie hiervan dink. Is hy al vir kommentaar genader?

JL ·

Hierdie herinner aan die Olimpiese Spele sweetpak fiasko. Inspirasie en kreatiewe denke is voortreflik. Om inspirasie vir ‘n Springbok rugbytrui vanaf ‘n Chinese inkopiesak te kry? Springbok-rugby en die groen en goud is sinoniem met mekaar. Dit is ‘n trotse Suid Afrikaanse simbool. Of mens nou sê groen en goud, green and gold, eluhlaza kunye negolide, eluhlaza kanye negolide, botala le kgauta, girini negoridhe. Dit bly groen en goud. Springbok-rugby-kleure.

piet ·

Ek hou hiervan, iets anders. Ek kan sien dat dit nogal gewild sal wees as ‘n ondersteunerstrui. Ek het ‘n gevoel dat dit ook baie populer gaan wees vir oorsese klante.

Blikkies ·

Dis Vieslik, gee dit vir Bafana Bafana om hulle name gat te maak.

Irma ·

Ja Blikkies ek stem saam met jou. Hulle kan maar verkieslik hierdie bontspul vir Bafana Bafana gee want dit is waar die trui eintlik hoort en nie by die Springbokspan nie.

Niklaas ·

Bafana Bafana span het darem ook hul trots en sal dit weier

Corne123 ·

Ag nee regtig! My maatskapy se kleuredrag lyk beter as dit. Waar het jy al gesien dat spanne hulle kleure so verander soos in SA hou die truin groen en klaar daai trui lyk soos n ….. ek sal oil met die trui opdroog maar wat hulle spel is ook so deurmekaar soos die trui

Amanda ·

Nog nooit ‘n Springbok of Protea op ‘n Chinese shopping bag gesien nie!

Boksombende ·

Lyk meer soos ‘n hemp wat jy op ‘n tradisionele troue dra as op die rugbyveld.

Bosvelder ·

Trui laat my terugdink aan daardie debakel met die volkslied voor ‘n toets. Daardie dag het ook net hy gedink dit is mooi.

donsie ·

na covid kry hy wragtag nog inspirasie van die chinese, waar was hy die laaste 2 jaar

Irene ·

Ag nee……rêrig……hartseer…….BAIE hartseer, wonder hoe voel ons Springbokspan hieroor..

.

Mallie ·

Dit stel seker voor wat in Suid Afrika aangaan. Vrek deurmekaar en onstabiel. Hoe kan ons trots wees op ons Bokke met sulke truie? Liewe land.

Jasper ·

Baie paslik, ha ha, ek het reeds die ou een weggegee vir die tuiningenieur toe sportmanne neergebuig het voor die BLM afgod.

piet ·

Ek hoop die trui is te koop aan die publiek voor Kersfees. Lyk vir my na ‘n spoggerige kersgeskenk.

voor ek vergeet ... ·

Lekker lag ek saam met jou, ek kan ook aan ʼn paar mense dink wat ek nog wil terugkry… Hehe.

Tanya ·

As ek ‘n Springbok was, sou ek beslis nie trots gewees het om sulke truie te dra nie! Hoekom moet ‘n ekoniese trui so baie verander word? Groen en Goud is waarvoor ons Bokke staan, dis nie ‘n Arts & Culture projek nie! Dié is beslis ‘n grap!

piet ·

Die primere kleur sal seer sekerlik steeds donkergroen wees. So in plaas van histeries te raak oor die kleure moet jy jouself indink hoe dit sal lyk as die donker kleur gedeeltes op die trui donkergroen is. Ek dink dit kan werk. Hierdie is net ‘n voorbeeld van die ontwerp.

Andre ·

Dis sekerlik eerder die trui wat ‘n raadgewer voor die wedstryd die rugbyveld mee gaan besweer.

marius ·

Dit lyk soos iemand wat gaan hengel . Met ‘n paar lang pap gooi stokke en ‘n koelboks .

Di ·

Duidelik verteenwoordig hierdie trui nie alle kulture in hierdie land nie! oh EISH

Jan Seerot ·

Auk, die groen en die goud, ekke ek sien hom nie daar by die trui nie.

Mercia ·

Dit is absoluut AAKLIG! Wat het nguni of Xhosa of die pad wat enige kultuur gestap het met rugby te doen?! En Chinese ontwerpe?!
Verbeel jou trots Afrikaanse kultuur druk die hemp vol braaivleis en braaibroodjie fotos met so paar koeksister patrone tussen-in!!
Dis absoluut belaglik.

Di ·

As jy na sy ontwerpe op internet gaan kyk sal jy verstaan – Als is vol strepe, blokke, patrone ens. Raak skoon duiselig om daarna te kyk. Nog nooit so bontspul bymekaar gesien nie

Sê maar net ·

Ag sies! Die MTN teken op die trui is dan groter as die Springbok! Wat het sy beweging van landelike na stedelike gebiede met rugby uit te waai? Dit lyk soos kots in ‘n tuimeldroër en gee my dubbel visie deur net daarna te kyk.

Mariana ·

Nou wat is fout met die gewone truie? Waarom als verander? Dit is ‘n aaklige trui.

Ria ·

Dit is veronderstel om n sport kledingstuk te wees nie n politieke manifestasie nie

louis ·

Wat de hel? en die topbestuur van SA rugby laat dit toe?raak onmiddelik ontslae van daai gemors , dit was altyd n vooreg vir enige soeler om in die groen en goud uit te draf ,.dit grens aan belaglikheid!!

Leana ·

Die trui is vieslik. Wat is fout met die Groen en Goud truie?

Erika ·

Daars sal Nooit n verskil gemaak word.. If its Only one sided nie…selfishly
What about Each other Not exclusive Entitlement…

piet ·

So wanneer word die spogtrui amptelike drag vir die Bokkies? Hopelik nog vir die komende toer

piet ·

Ek stem saam dat die naam Springbok maar kan waai, veral op hierdie trui. Amabokoboko klink vir my reg en sal mooi pas by die nuwe motief. Meeste mense wat ek ken hou ook van die naam Amabokoboko.

piet ·

So vir almal wat nou so die piep gekry het oor die trui. Ek het verder gelees oor die storie. Hierdie is slegs ‘n spesiale uitgawe en gaan slegs vir een van die toetse gedra word.

piet ·

Absoluut, vir eers op hierdie toer in elk geval. Ons het ‘n paar jaar terug in ‘n rooi trui gespeel wat ook net ‘n “once off” geleentheid was.

Peach ·

Die volk het hul mening rakende die Tokyo olimpiese span se uitstap drag geuiter en, hul misnoeë is gehoor….. baba treetjie in positiewe rigting.

piet ·

Julle kan al julle ongewenste truie wat julle vir kersfees ontvang vir my stuur ek dra dit met trots.

Patch ·

Wat het geword van die groen en goud!!! Dit lyk eerder of die ontwerper in ‘n “doolhof rondbeweeg opsoek na ‘n beter ontwerp”…… Nee, boetie, gaan ontwerp eerder iets vir Bafana Bafana

Flip ·

Baie van die spelers lyk in elk geval op hulle oppad is na n mode parade as jy na hulle kapsels kyk. Gaan kyk dan maar ook na hul rugby skoene (tokse) wat al die verskillende kleure van die reënboog is. Hierdie trui sal mooi inpas by die rugby skoene wat ons spelers na die mode parades op die rugbyveld dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.