Tydelike hoof vir sukkelende Denel aangewys

Talib Sadik is as waarnemende hoof van die sukkelende Denel aangewys. (Argieffoto: Chantall Presence/ANA)

Denel, Suid-Afrika se sukkelende wapenvervaardiger, het Maandag aangekondig dat Talib Sadik as tussentydse uitvoerende groephoof aangewys is.

Sadik neem dadelik die posisie in.

Weens sy beroerde geldelike situasie sukkel Denel nou maande lank reeds om sy werkers te betaal. Die regering het die wapenvervaardiger verlede jaar ʼn reddingsboei van R1,8 miljard gegee, ʼn besluit wat skerp gekritiseer is.

Danie du Toit het verlede maand na minder as twee jaar as uitvoerende hoof van Denel bedank. Hy het geen rede vir sy skielike bedanking gegee nie.

Sadik is ʼn geoktrooieerde rekenmeester wat tussen 2008 en 2012 as uitvoerende groephoof by Denel gewerk het en het saam met die raad gewerk om ʼn omkeerplan vir die staatsbeheerde onderneming saam te stel. Volgens Denel plaas dit Sadik in ʼn gunstige posisie vir ʼn naatlose oorgang.

“Mnr. Sadik het wye ervaring wat van groot waarde vir Denel gaan wees,” het Denel se raad gesê.

Monhla Hlahla, Denel se voorsitter, sê die raad sit intussen sy pogings voort om Denel in ʼn volhoubare wapenvervaardiger te omskep en het werkers, verskaffers, kliënte en ander belanghebbendes verseker dat die inwerkingstelling van die omkeerplan Denel se top-prioriteit is.

Die proses om ʼn permanente hoof te werf is ook reeds begin.

Pres. Cyril Ramaphosa het Denel verlede jaar uitgelig as ʼn sleutel- staatsbeheerde onderneming wat die regering nie wil sien in duie stort nie. Ander instellings wat die president terselfdertyd genoem het, was die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat in Desember in sakeredding geplaas is, Transnet, Eskom en die Passasierspoorspooragentskap (Prasa).

Ramaphosa het destyds gesê sommige van die probleme by staatsbeheerde ondernemings is veroorsaak deur verouderde sakemodelle en om dié rede moet Eskom byvoorbeeld ontbondel word in drie verskillende afdelings, naamlik opwekking, transmissie en verspreiding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AndréS ·

Mens kan niks meer glo wat dié mense alles kwytraak nie. As hulle gebly het by die ‘verouderde’ sakemodelle sou hulle nie bankrot gewees het nie

B-Man ·

Dis nie “verouderde sakemodelle” nie – dis korrupsie, Mnr. C.R. Swart!!!!

SirDikDeDunnerin ·

Uitreksel van kommentaar op verwysde artikel van mnr Olivier op R1.8mil is nogal insiggewend.

https://www.defenceweb.co.za/uncategorised/denel-did-not-meet-court-ruling-to-pay-salaries/

The approved turnaround plan called for R2.8 billion in recapitalisation, with R1.8 billion paid immediately to settle debt and the remaining R1 billion to restart operations meant to be follow in FY 2020/21. Treasury only approved R576 million for that follow on payment, but has only provided R72 million of that to date and ring fenced it to pay off debt.

That’s the main reason Denel is in a cash crunch again, and why the CEO has chosen to resign. It’s impossible to execute a turnaround plan that isn’t financed.

Pieter ·

En so hou die sirkus aan en ons belasting betalers moet maar net aan hou betaal.

Blikke ·

Ja en nou gaan een swaeltjie seker n somer maak….het maar my bedenkinge……

Adam Adriaan ·

Brand alles af, venietig alles, verduister alle geld, dan herrys daar iets nuuts uit die stof. Dit is hoe hulle oupas hulle geleer het.

Kokerboom ·

Denel + privaatsektor + nugtere denke en sakemodel- staatsinmenging- korrupte kaders – ideologiese sakemodel = suksesverhaal!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.