Tydelike kanaal vir ‘supergeveg’

Floyd Mayweather en Conor McGregor (Foto: AP /Frank Franklin II)

SuperSport het vandeesweek aangekondig dat hy Saterdag ʼn tydelike kanaal (pop-up-kanaal) bekend gaan stel in aanloop tot die supergeveg tussen Conor McGregor en Floyd Mayweather.

Die kanaal gaan ook talle van Mayweather se grootste gevegte uitsaai.

Mayweather (40) is nog onoorwonne ná 49 gevegte in die beroepskryt en het in 2015 as professionele bokser uitgetree. McGregor is die enigste UFC-atleet om twee titels in verskillende gewigsafdelings gelyktydig te hou.

Dié sogenaamde “Money fight” trek juis die aandag van duisende op sosiale media omdat dit beteken dat Mayweather vir dié enkele boksgeveg in die bokskryt sal terugtree om sy titel as die wêreldkampioen te verdedig.

Volgens SuperSport gaan DStv-kanaal 213 tussen eerskomende Saterdag (19 Augustus) en 27 Augustus sommige van Mayweather se mees besproke boksgevegte uitsaai en onder meer ook sy besoek aan Suid-Afrika in 2014 en die gewilde All Access-programme.

DStv-kanaal 213 is beskikbaar op alle DStv-pakkette en gaan slegs uitsaai tussen 17:00 namiddag tot net ná middernag om 01:00.

Die “Money fight” sal om 05:00 op 27 Augustus uitgesaai word. DStv Catch Up en ShowMax gaan ook later die dag op 27 Augustus die boksgeveg uitsaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Niël ·

Ons gaan bietjie sien hoe ‘n Ier ‘n Amerikaner bullie 26 Augustus..

Anarchy ·

Never…Mayweather se laaste knock out was in 2006,Amper elke fight van Mcgregor is n knock out fight,Money gaan sy eerste pro fight die 26st nie net verloor nie,maar uit geslaan word.

V ·

Ja Neee….. Tik, tik, Ruk, ruk, Snik, snik… Kan nie wag om die fight te sien nie.

Cherokee ·

Van watter wet praat jy Danie? Beskryf die wet waarvan jy praat want die enigste wet is dat die een wat teen die einde van die geveg op sy voete is, het gewen.

Danie ·

Haha Rerig? my wet waarvan ek praat is: Mayweather boks 29 jaar, die ander tjop boks 3 maande. daai is my wet dat Mayweather gaan wen.

Kom Ons Boks ·

Jong, weet nie veel van Conor nie maar hoop hy sit Mayweather uit. Almal hou van ‘n goeie “underdog” oorwinning.

willie ·

GO McGregor, wys hom waar David die wortel gegrawe het! Ek sien uit na hierdie geveg al moet ek vroeg opstaan!

danie ·

Mayweather gaan sy ore van sy kop af boks. Hy sal by verre die ou in die tegniese vaardighede van boks oortref. As die Ier kan skop en stoei sal hy wen maar nie met boks alleenlik nie.

danie ·

Stem saam, totale mismatch as dit kom by boks. Die enigste ding wat interessant sal wees, is of die Ier staande sal kan bly want hy gaan BAIE houe moet absorbeer.

Boerin ·

Ek dink die wenner is klaar bepaal vir n bedrag geld! Floyd het nog heeltyd gekies teen wie hy wil niks en wie nie. Hoekom het hy nooit Pacquiao aangevat terwyl laasgenoemde op sy piek was nie? Nee wat, Mayweather sal nie instem tot n geveg wat hy gaan verloor nie…Al beteken dit daar verwissel geld van hande om hom te laat wen!

Riaan ·

Hoe kry hy dit reg om ‘straight face’ met sy pienk slaapbroek tussen al hierdie mense te staan?

JJ ·

Iemand gaan geConor word en iemand gaan hom nie laat Floyd nie. Nie dat die geveg enige iets gaan bereik nie. Dis soos om ‘n kar teen ‘n motorfiets te vergelyk

JohanP ·

Tipies SABC. Stuur vir my n saambring om my lisensie te betaal maar net die mense met geld wat kan Kyk. Wat van die ander?

vrikie ·

Match gaan in ‘n draw eindig dan gaan ons almal wag op die rematch, hoor my lied

Attie No1 ·

Jo, maar n klomp van julle skree vir Mcgregor. Ek hoop hy wen, maar twyfel baie sterk, om die waarheid te se ek gee hom 1:50 kans en niks meer nie. Het enige van die mense wat hier kommentaar lewer hom ooit al sien boks? Mcgregor moes maar aangedring het op MMA eerder as boks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.