Tydelike klaskamers aan die brand gesteek

Die tydelike klaskamers wat by Thabotona Primary School aan die brand gesteek is. (Foto: Verskaf)

Ses tydelike klaskamers is Maandagoggend by ’n laerskool in Katlehong aan die Oos-Rand aan die brand gesteek en een gevandaliseer.

Luidens inligting eis lede van die beheerliggaam en ouers glo dat die skool wegdoen met die tydelike klaskamers en eerder klaskamers van bakstene vir leerders oprig.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê die nooddienste is omstreeks 11:25 na Thabotona Primary School ontbied nadat klaskamers aan die brand gesteek is.

“Ses klaskamers was met brandbestryders se aankoms reeds verwoes terwyl van die skool se meubels soos tafels en stoele aan die brand buite die klaskamers aangetref is.”

Volgens Ntladi kon brandbestryders daarin slaag om die vlamme in bedwang te bring om sodoende te verhoed dat die brand na ander klaskamers en die skool se administratiewe blok versprei.

Geen leerders was by die skool ten tyde van die brand nie en geen beserings is aangemeld onder enkele personeellede wat wel op die toneel was nie.

’n Saak is intussen by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos

Dis reg, kind van afrika, steek jou skole en biblioteke aan die brand. Moenie probeer om uit te styg bokant jou modderpoel bestaan nie, kry kleintjies by dosyne en blameer ander rasse vir die gemors waarin jy lewe en vir wie jy stem.

Marius

EN nou het jy….. NIKS!!!!

Zombie

Dort, wo man Bücher verbrennt, verbrennt man am Ende auch Menschen.” / “Where they burn books, they will, in the end, burn human beings too.” (Heinrich Heine, 1821).

AndréS

Hulle wil nie leer en iets bereik nie
Sluit die skool en moenie langer daarop geld mors nie!

Dries

Goed, wees gegrief oor die tydelike klaskamer, maar waarom die skoolmeubels brand, dit kan mos in nuwe klaskamers gebruik word?? Ek gee op…