Tydelike onderwysers word volgende week betaal

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die LUR vir onderwys in Noordwes het Vrydag bevestig tydelike onderwysers in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik sal volgende week hul maandelikse salarisse ontvang.

LUR Maphefo Matsemela het gesê die onderwysers sal Donderdag hul betaling ontvang.

“Die distrik stel deurlopend nuwe onderwysers op ʼn daaglikse basis aan, aangesien verskeie onderwysers na ander provinsies verplaas word wanneer hulle op ʼn permanente basis aangestel word,” het Matsemela verduidelik. “Dit bemoeilik die verskaffing van gehalte onderwys. Ek wil, namens die departement, bevestig dat diegene wat nie hul salarisse ontvang het nie, teen volgende week betaling sal ontvang en ek vra om verskoning vir enige ongerief wat daardeur veroorsaak is.”

Tydelike onderwysers in die distrik het nie op 26 April hul salarisse ontvang nie.

“Die salarisse is nie betyds betaal nie, aangesien daar ʼn vertraging was in korrespondensie van die distrikskantore en skole.”

Matsemela het gesê die skole het in die tweede week van April, in plaas van aan die begin van die maand, die aanstellings ingedien. “Sommige onderwysers het ook hul aanstellingsbriewe verkeerd ingevul en in ander gevalle was die bankbesonderhede foutief.”

Sy het gesê skoolhoofde het ook in sommige gevalle onderwysers aangestel sonder dat die hersiende posverskaffingsmodel gevolg is. “Dié model verander jaarliks na gelang van die toename of vermindering van leerders per skool. Aanstellings moet dus gedoen word in ooreenstemming met die hoeveelheid leerders volgens die model.”

Tydelike onderwysers se kontrakte het in Desember 2015 verstryk en is hernu tot 31 Maart 2016.

“Die departement het besluit om die kontrakte van April 2016 tot 31 Desember 2016 te verleng om seker te maak dat daar nie enige onderbreking is in die verskaffing van gehalte onderwys nie,” het Matsemela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frederik ·

” Sommige onderwysers het hul aanstellingsbriewe verkeerd ingevul…..”. Dit wil voorkom of hulle hulself aanstel en kan daarom nie kla dat die departement nie hul salarisse betaal het nie.

Marous ·

As dit die privaat sektor was , was die Dept Arbeid en vakbonde bo op almal . Stakings , afbrand en plunder ook !! Hoe de £%!# kan ‘ n Regering sonder geld sit????? Waar is die Seunse Weenkoor kommentaar nou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.