Tydelike paspoorte gestaak

paspoortDie departement van binnelandse sake het aangekondig dat daar van 1 September af nie meer tydelike paspoorte uitgereik sal word nie.

“Tydelike paspoorte is aanvanklik as ʼn tussentydse reisdokument uitgereik weens die stadige omkeertye om ʼn permanente paspoort te bekom,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Volgens die departement het die omkeertye egter drasties verbeter en is die uitreik van tydelike paspoorte oorbodig.

Die departement sê dit het onder sy aandag gekom dat Suid-Afrikaners wat na buurlande en ook oorsee reis, in sommige gevalle toegang geweier is wanneer hulle tydelike paspoorte wou gebruik.

Sogenaamde noodsertifikate sal steeds uitgereik word indien nodig.

Dié sertifikate sal uitgereik word wanneer ʼn persoon na ʼn ander land moet reis weens familie wat in nood verkeer of ná die afsterwe van familielede. Die persoon sal slegs na lande wat dié sertifikate aanvaar, kan reis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.