Tydelike Prasa-raad aangewys

Nazir Alli Foto: Werner Beukes/SAPA

Nazir Alli Foto: Werner Beukes/SAPA

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Maandag ʼn tydelike raad vir die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) aangewys.

Nazir Alli, voormalige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), is as voorsitter aangewys. Tiyani Rikhotso, voormalige woordvoerder van die departement van vervoer, Frans Baleni, voormalige hoofsekretaris van NUM, Ronny Mkhwanazi, uitvoerende hoof van Mkhwanazi,
Xolile George van die Suid-Afrikaanse vereniging van plaaslike regerings (Salga), Constance Maleho van die departement van vervoer, Natalie Skeepers, ‘n onafhanklike bestuurskonsultant, en ʼn verteenwoordiger van die tesourie is die ander nuwe lede van die raad.

Peters het die raad ontbind enkele dae nadat sy gedwing is om Collins Letsaolo, voormalige waarnemende groephoof van Prasa, af te dank ná bekgevegte tussen hom en die raad. Daar is onder meer berig dat Letsaolo homself ʼn verhoging van 350% gegee het.

Popo Molefe het intussen Sondag aangedui dat hy ʼn dringende hofaansoek sal indien om Peters se besluit om Prasa se raad te ontbind ter syde te stel. Molefe was die voorsitter van die direksie. Molefe beskuldig die minister daarvan dat sy die raad ontbind het om ʼn ondersoek na verkwistende en onreëlmatige besteding van sowat R14 miljard te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Leker man! Nog tyd en geld van ONS belasting wat geblaas word op “politiek”?

John ·

En ek dog die minister wil sake regruk maar wat sy doen is om die beroemde password, sesami, in die oor te fluister van ‘n naamgenoot. Die reus van die lamp bestuur nou die soustrein gelaai met onmeetbare skatte… en die toltrolle moet nou maar alleen die vele pap bande versool.

Nico ·

Wat gaan nou verander? Dit is dan einste skurk wat verantwoordelik is vir die e-tol gemors waar die meeste van die geld wat wel ingekry word na bewerig na die oorsese eienaars gaan.

Bernard Hellberg ·

Maar dis dan dieselfde knaap wat, toe ek by geleentheid van hom wou weet waarom motorfietsryers net soveel tolgeld betaal as ‘n motoris wat ‘n woonwa sleep, geantwoord het met: “Because they consume just as much road.!”

Alida ·

SA kon vdag n baie ryk land gewees het as daar nie biljoene gesteel was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.