Tydelike restaurante in wildtuin ingerig

kruger-wildtuin-paul-kruger-hek

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

SANParke het aangekondig daar sal in sommige kampe van die Krugerwildtuin tydelike restaurantfasiliteite ingerig word oor die feesseisoen weens ʼn staking.

William Mabasa, woordvoerder van SANParke, het gesê daar sal tydelike fasiliteite by die Satara-, Olifants- en Letaba-kamp ingerig word om die risiko van verdere ontwrigting by die kampe se drie Mugg & Bean-restaurante te probeer voorkom.

Hapiloe Sello, SANParke se bestuurshoof vir toerismeontwikkeling, bemarking en kommunikasie, het gesê daar was vroeër die maand ontwrigting by die drie kampe se restaurante weens ʼn dispuut met werknemers.

“Ons vertrou dat ons binnekort ʼn blywende oplossing sal vind vir die probleem en hoop die gebeurlikheidsmaatreëls wat getref is sal verseker dat besoekers se ervaring van die wildtuin nie in die gedrang sal kom nie.”

Volgens Sello kan die tydelike fasiliteite gevind word by die dagbesoekersarea in die Satara- en Olifantskamp en langs die Olifantsaal in die Letaba-kamp. “SANParke vra verskoning vir die ongerief en hoop dat mense se besoek aan die wildtuin so onvergeetlik soos altyd sal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

dries ·

Maak sommer hierdie restaurante toe vir ewig toe want dit is n euwel wat ons wiltuin getref het. Ek koop n pakkie skyfies by een van hulle vir R20.00 en toe ek die pakkie oop maak is daar 20 skyfies in. Die plekke het ook die atmosfeer van die wiltuin gebreek. Ek vra die stakers staak asb. vir ewig. en hou ons wiltuin soos voorheen.

Johann ·

Ek stem 100% saam met jou, en ek is maandeliks daar. In Skukuza, as mens daar oornag, dan beleef jy in die aande die stad se industriële gebied soos dit daar tekere gaan. Die plek het net té gekomersialiseerd geraak. Ek bly daar weg, maar boer by die ander kampe, veral noord.

Jan ·

Is daar nie ‘n ander manier om met jou werkgewer te onderhandel buiten om gedurig die hefboom van ‘n staking te gebruik nie? Die REG om te staak? Daar word gedurig deur die vakbonde ‘n duspuut uitgeroep, sodat die werkers kan staak. Dit is ‘n euwel wat net afstand tussen die bestuur en die werkers plaas. Die werkers moet mos nie ‘n goeie wersverhouding met die base hê nie, nee, maar met die vakbonde moet hulle hand om die blaas wees, hulle moet voel dis hul maatjies, maar intussen onderhandel die vakbonde so, dat die base hul pond vleis aan produktiwiteit eis en dan sommer met ‘n klomp minder werkers klaarkom. As M& B se werkers dan nou meer kry as Wimpy s’n by van die ander kampe, dan begin dit weer van vooraf aan, dan kom Skukuza se mense weer aan die beurt, wat daar is weer ‘n ander Franchise. In jou lewe. So dinges ons dag in en dag uit in die land aan.

siela ·

Buiten dat ek hoop die bestuur hulle oë sal oopmaak vir die kommersialisering en sommer sien die mense kan nie op staatgemaak word nie.. Is dit boonop n skande vir Mug and Bean.. Lojaliteit in hierdie dae is skaarser as hoendertande!!

snoefie ·

blykbaar is ek weer polities onkorrek vandag. my kommentaar word bloot geignoreer. dus vra ek weer, wat van chicken licken, KFC en sausage saloon? die primate, leeus en Wilde honde sal dol wees oor die lee houers wat die wildtuin vol deur die vensters gegooi word.

Johanna Botha ·

Wat kan of gaan nie nog verander in n gemors nie … dit OOK nog !

Leendert ·

Ek dink werklik die Parkeraad faal daarin, met hul dryf na geldmaak, om die besoekers ‘n unieke bos-ondervinding te laat belewe, veral die oornag besoekers. Daar is géén kreatiwiteit nie. Soos een persoon dit hierbo gestel het, die atmosfeer is weggevat.

Soooo happy en trots ·

Soooo happy en trots dat jul ander alternatiewe doen en nie toegee aan die gemors. As jy n gemeenskap en land wil lamle net omdat jy nie jou sin kry, moet jy maar voel. Maak daai restaurante toe, gee werk vir die wat wil werk!

Jan ·

Soos dit hier bo op die Paul Kruger Hek se bord staan, “Taking Pride in your Heritage”.

Jaco Grobler ·

Gee klomp plaaslike mense die geleendheid om vuur, kole, pap en sous en braaiers asook n paar elementêre teen ‘n billike fooi te voorsien, ek bring die res van wat nodig is en almal kuier weer gelukkig.

Lucas ·

Nog nooit ooit in ‘n resraurant in die wildtuin geeet nie. Vat al die lekker weg van self kosmaak by peikniekplekke en kosmandjie pak!!As oorbly wat is lekkerder as vuurmaak en braai in die aand??! So staak maar. Hoop almal word weggejaag wat staak!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.