Tydelike skikking by Huis Davidtsz bereik

Sipho Ditshego, ʼn skoonmaker, hervat sy take by Huis Davidtsz ná ʼn staking die afgelope week (Foto: Maroela Media)

Sake by Huis Davidtsz in die Pretoriase middestad het voorlopig na normaal teruggekeer nadat stakende werkers ‘n tydelike skikking met die sentrumbestuur bereik het.

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het intussen EFF-lede wat hulle by die geskil ingemeng het, by die Menseregtekommissie verkla.

Werkers by die tehuis vir bejaardes en verswakte volwassenes staak sedert Woensdag weens verskeie arbeidsgeskille. Die nagenoeg 150 inwoners het sedertdien net die mees basiese versorging ontvang. Slegs ʼn senior suster en enkele verpleegsters is toegelaat om te werk.

Geen bestuurslede was by die sentrum nie en inwoners, talle van hulle verswak, is grootliks aan hulle eie genade oorgelaat.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit Helpende Hand het laat Donderdagmiddag ʼn dringende hooggeregshofbevel verkry wat hom toestemming gee om die gebou binne te gaan om inwoners te help versorg. Dít nadat hy talle klagtes, waaronder van bekommerde familielede van inwoners van die sentrum, ontvang het. Ten spyte van die hofbevel én die polisie se teenwoordigheid daar, is Helpende Hand Vrydagoggend aanvanklik steeds nie toegelaat om in te gaan nie.

Werkers het laat Vrydagoggend ʼn tydelike ooreenkoms met die bestuur aangegaan, ingevolge waarvan hulle terugkeer werk toe. Hulle vergader weer Maandag met die sentrumbestuur en amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling om ʼn permanente oplossing vir geskille te probeer vind.

Helpende Hand sê hy is eers daarna toegelaat om met opruimingswerk te begin help.

Antoinette Deysel, ʼn maatskaplike werker van die organisasie, het saam met amptenare van die departement van maatskaplike ontwikkeling ʼn evaluering van die situasie gedoen. Vrywilligers is daarna regdeur die sentrum ontplooi om die agterstand te help inhaal. Tientalle mense, van studenteverpleegsters tot diegene wat hulle dienste as skoonmakers aangebied het, het aangemeld om te help.

“Die belangrikste ding om te besef is dat inwoners soos dié nie onder ʼn arbeidsgeskil mag ly nie,” het Deysel gesê. Sy sê die afgelope week se situasie wys dat die publiek – en veral kwesbare lede van die gemeenskap – die beskerming van die departement van maatskaplike ontwikkeling nodig het.

Praktiese opruimingswerk is eers aan die gang gekry en inwoners is onder meer gehelp om weer skoon te kom. Inwoners wat doeke gebruik, is in sommige gevalle net een keer per dag skoongemaak, terwyl ʼn gestremde inwoner in sy rolstoel moes slaap omdat niemand hom tot in die bed kon help nie.

ʼn Traumaberader en maatskaplike werker van Helpende Hand het intussen begin om inwoners te vertroos. Deysel sê die afgelope week se ontwrigting het groot ontsteltenis by talle van die inwoners veroorsaak en dat daar ook op emosionele vlak na hulle omgesien moet word.

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling sê intussen hy, saam met die bestuur van die tehuis, het die Menseregtekommissie gevra om die optrede van EFF-lede wat by die geskil betrokke geraak het, te ondersoek.

Verteenwoordigers van die party het mense op die perseel gedreig en dienste daar help ontwrig. Hulle het vrywilligers ook gekeer om die gebou binne te gaan. Die departement sê die EFF se optrede bedreig die gesondheid van senior burgers deur hulle onnodig te traumatiseer. “Dit is mishandeling van ouer mense en skend hulle menseregte,” sê die departement.

Hy sê ook geen arbeidsgrief kan die EFF se optrede regverdig nie. Dis boonop die tweede keer dat EFF-lede werksaamhede by Huis Davidtsz ontwrig. Volgens die departement het EFF-lede ook werksaamhede by drie ander tehuise in die stad ontwrig, terwyl hulle kwansuis vir werkers se regte opgestaan het.

Lees alle vorige berigte oor Huis Davidtsz op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Stel blankes aan wat werk soek, hul toy toy nie elke oggend nie

Ansie ·

Dis ‘n skande. Mens kan nie toelaat dat dit aan die hulpeloses gedoen word nie. Almal het die reg op versorging en basiese behoeftes. Kyk na die wet. Wat het geword van menslikheid en omgee. A nee a.

Karolis ·

Wat my die meeste verstom is dat die werknemers keer dat enige vorme van hulp die perseel mag betree.
Sou dit nie raadsaam en voordelig wees om van daardie persone ontslae te raak en dan mense wat werklik werk en inkomste nodig het, aan te stel nie?

Mielie ·

En weereens word vingers gewys na die Eff …..die party met konnetasies by kriminele en omstrede mense, wat kamstig baklei vir die armes en weerloses. Tyd dat die aktiwiteite van due kriminele elemente van bo tot onder blootgestel word

julius ·

Die eff moet as terroriste organiisasie verklaar word en verban word,so ook bflf.

Andre ·

Het dit nou net gegaan oor die belange van die werkers, wat van die inwoners se ongerief en gesondheid. daar moet een of ander straf wees vir die stakers. Daar word met hulle ooreengekom om net weer net n ander dag te staak. Mense se lewens is in gevaar, daar is n hofbevel wat nie nagekom word nie. Kla hulle aan en betaal hulle af.

Tersia ·

Elke mens wat daar binne geen versorging gekry het nie se familie moet n eis Instel teen Mal Emma homself. Hy moet in die bek geruk word. GENOEG IS NOU GENOEG.!!!!!!!!

Lana ·

Stem saam, Andre. Hierdie is ‘n noodsaaklik diens. Dit (asook hofbevel) betaal dat die stakers afgedank moet word. Dis ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

Verseker ·

Ek stem saam. As hulle so optree om net hulle sin te kry, waarborg ek jou dat hierdie arme bejaardes beslis nie die deernisvolle behandeling kry wat hulle moet nie. Nooit nie. Ek sou kameras installeer…dis ‘n seker tipe mens wat ook mishandel.

LouE ·

Hoekom het die polisie nie die hofbevel uitgevoer nie? Stem hulle dalk saam dat die ou mense gyselaar gehou word of het hulle dalk slapgatelitis onder lede?

Cor ·

LouE nee nie net slapgatelitis nie maar bangatelitis ook te bang sy suster gaan kla hom aan vir harradment

jaco ·

ek kan verstaan as die swart stakende werkers nie die wit inwoners help nie. dis seker maar die “straf” wat ons blykbaar “verdien” vir apartheid, maar wat ek nie verstaan nie, is dat hulle blykbaar die swart inwoners ook nie help nie. Gee hulle dan nie eens om vir hulle eie mense/ras nie???

Johan ·

Die inwoners se familie moet sake gaan le by die polisie onder die wet op bejaardes vir sielkundige en fisiese misbruik. Hulle moet dan Departement Gemeenskaplike Ontwikkeling en Welsyn verwittig om dit te ondersoek. Dit is tyd dat die wet wat daar is gebruik word om bejaarde mense te beskerm. Die wet is daar, pas dit toe, maar weereens is dit nie in belang van die bejaardes wat tenagekom word nie maar mense wat sekere politieke oortuigings het en die weerloses gebruik om hulle griewe te wil uitsorteer. Daai bejaarde mense het niks te doen met die werkers en die bestuur se onvermoee om met mekaar ooreen te kom nie. Ek hoop dat Departement Gemeenskaplike Ontwikkeling en Welsyn hulle gaan betrokke kry en die mense wat daaronder ly by te staan.

frans ·

Die EFF wys deur verwaarlosing van bejaardes hoe pateties hulle is in hul denke . Daardie tehuis huisves alle rasse. Net vir populisme mense van ouderdom te boelie is slapgat verby.

Daar is geen integriteit te bespeur nie.

Dit daar gelaat. Vir die wat daar kom help het en ingegryp het. Baie dankie. Bou so voort en wees die voorbeeld as Godsvresende verantwoordelike landsburgers wat sonder vooroordeel versorg . Emmily Hobhouse het so vir ons die voorbeeld gestel in die konsentrasiekampe 1899 tot 1903.

That English women was n merkwaardige vrou .

Dennis ·

So nou, nadat die oues en bejaardes deur al die trauma is wat deur die werkers veroorsaak is, moet hulle weer deur daardie selfde werkers versorg word? Dit is onmenslik! N mens kan nie deur jou kwaaddoener versorg word en rustig leef of veilig voel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.