Tydelike verligting in Matlosana-rekeningkwessie

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

Daar is lig aan die einde van die lang, donker tonnel wat die munisipale rekeningsituasie in die Matlosana- plaaslike munisipaliteit betref.

Só het Michal Groenewald, VF Plus- provinsiale leier vir Noordwes en raadslid in die Matlosana- plaaslike munisipaliteit, Maandag gesê.

“Die munisipaliteit, wat Orkney, Stilfontein, Hartebeesfontein en Klerksdorp bedien, het vanweë druk van opposisiepartye soos die VF Plus besluit om die 70/30-beleid vir een maand op te hef om verbruikers in staat te stel om hul agterstallige rekeninge, veral dié wat ontstaan het weens foutiewe rekeninge, op datum te bring,” het Groenewald gesê.

Die VF Plus het ook die volgende namens die verbruikers van Matlosana onderhandel:

  1. Alle rente op agterstallige rekeninge word teruggeskryf tot en met die begin van die huidige finansiële jaar wat op 1 Julie 2017 begin het.
  2. Verbruikers wie se munisipale skuld nie meer as twee maande agterstallig is nie se water- en elektrisiteitstoevoer sal nie afgesny word tot en met einde Mei 2018 nie.
  3. Verbruikers wie se munisipale rekeninge steeds agterstallig is weens die feit dat hulle nie rekeninge ontvang het nie, of foutiewe rekeninge ontvang het, sal dan afbetalingsooreenkomste met die munisipaliteit kan sluit.
  4. Afbetalingsooreenkomste sal geskied met ʼn verslapping van die reëls deurdat ʼn deposito betaal kan word, waarna die balans oor ʼn vasgestelde tydperk afbetaal kan word.
  5. Die faktureringsiklus sal herstel word, wat beteken dat verbruikers gereelde rekeninge sal ontvang.

Die VF Plus het benadruk dat dié reëling slegs tot einde Mei 2018 sal geld en dat enige rekeninge wat daarna steeds agterstallig is se rente gehef sal word terugwerkend tot Julie 2017, waarna die normale prosedures vir invordering sal geld.

Die VF Plus het alle verbruikers genooi om, indien hulle voel dat hul rekenings steeds foutief is, die party se provinsiale kantoor by 018 484 1086 te kontak vir bystand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hedwig ·

Selfde is besig om in Sannieshof te gebeur. Reeds 2 rekeninge afgelope maande nie ontvang nie, maar die verskuldigde bedrag groei. Geen reaksie op e-posse nie. Kantore en diens is in haaglik toestand. Rekeninge wat wat wel ontvang word is erg laat…

Derick Roodt ·

All of sudden people started phoning me up ,reporting back that municipality started fixing water leakages . Funny that it only happens now after 1 or 2 months of  complaining. After we have put some pressure over the weekend and writing this letter. Dear Mr Nkhumise, some of the public reported these problems more than a month ago. Your department and other departments and the manicipality’s local goverment fail us year after year. Yet after poor ,nonar performance or no performance , you keep on sending residents of Matlosana ridiculous accounts. I was present in the financial community meeting where the Honourable MMC Kajee said he would personally go and disconnect services even in townships. At that stage contractors complained they were threatened by the community . Even residents of the townships complained about exorbitant accounts and raw sewage running down every street . So “Enough is Enough ” . We will organise and mobilise all the people of Matlosana regardless of race, religion or wealth. We will stop paying our accounts . Let’s see if councillors and senior management of the council are “brave” enough to cut off every citizen of Matlosana’s electricity and water. Regards Derick Roodt

Scalla ·

Ek het 2 maande laas n rekening ontvang, by navraag word ek meegedeel dat daar nie geld is vir koeverte en posgeld nie, maar salaris word ontvang,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.