Tydelike werker vas vir moord op Reitz-man

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Goeie speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn voormalige tydelike werker in hegtenis geneem is kort ná die moord op Attie le Roux (70), ʼn inwoner van Reitz in die Vrystaat.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die polisie is Donderdag omstreeks 13:00 na Le Roux se huis ontbied waar hy alleen gewoon het.

“ʼn Lid van die gemeenskap het op die man se liggaam afgekom en die polisie ontbied. Speurders het dadelik die moord begin ondersoek en dit het tot die inhegtenisneming van ʼn 34-jarige man gelei,” het Mohobeleli gesê.

Volgens Mohobeleli het die verdagte glo voorheen los werkies vir Le Roux gedoen. Die verdagte moet Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord. “Die verdagte sal dan ook weer verskyn in verband met ʼn voorval toe hy die oorledene in Oktober verlede jaar glo van kontant beroof het. Die verdagte is aanvanklik hegtenis geneem, vrygelaat en die saak was hangend,” het Mohobeleli bygevoeg.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die presiese oorsaak en tyd van Le Roux se dood vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sarel ·

Laat ek nou verstaan infien hy.nie vrygelaat was op klagte van roof nie kon ‘n moord verhoed gewees het?

Hetty ·

Hy het my pa probeer vermoor verlede jaar tydens die inbraak. Hom gewurg en gedink hy is dood.

TLC ·

Daar breek my hart weer en weer So jammer aan oom se familie en friends Mag oom in vrede rus Maar mag oom se familie die staat bloots ry Omdat hy buite was het hy oom kom vermoor As ons die skuld wil pak dan pak ons dit op die regering

TLC ·

Daar breek my hart weer en weer So jammer aan oom se familie en friends Mag oom in vrede rus Maar mag oom se familie die staat bloots ry Omdat hy buite was het hy oom kom vermoor As ons die skuld wil pak dan pak ons dit op die ????????regering

Geskok ·

As hy in die tronk was vir diefstal het hy nie nou die man vermoor nie.
Te veel sake is “hangend” en misdadigers loop buite rond.

Colleen ·

Gee dit die pinkie en dit gryp die hele hand. Ek en my man doen maar self die “los werkies”, want mens kan niemand meer vertrou nie.

Kleingeld ·

Laat ek raai… sy rede vir die moord gaan seker wees omdat die oom hom nie betaal het vir die “los werkies” nie of te min of hyt hom kamstig geld geskuld vir die werk wat hy gedoen het… daar sal altyd so storie wees sodat dit lyk of die meerderheids groep aan die kortste end trek!

Hetty ·

My pa was so goed vir die man dat hy soms vir hom kos gekoop het al het hy nie vir hom gewerk nie. Hy het net teruggekom om hom dood te maak want die vorige keer was dit ‘n mislukking…

Hetty ·

Hy het my pa Attie NIE net beroof verlede jaar nie, hy het hom gewurg en probeer vermoor!!!! Dis poging tot moord en hy is op parool???? Die nadoodse ondersoek is so vinnig gedoen dat my pa se liggaam al 08h00 vanoggend beskikbaar was nadat hulle na 16h00 hier op Reitz met hom weg is. Iemand praat nonsens hier. Dit was suiwer wraak. My pa het vir die man kos gekoop verskeie kere. Maar geregtigheid sal geskied want YHVH sien alles…

Peet Schabort ·

Hetty is reg. Ek het vir Attie (my oorlede vrou Marietjie se broer) gaan kuier 5 tot 8 Julie. Hy het ook aan my vertel dat hy hierdie ene jammer gekry het en soms vir hom kos gegee het (ek glo nie die stukwerk-storie hou water). Op ‘n keer is hy deur Attie berispe omdat hy die papierhouers sommer net daar neersmyt en ek glo die kosgee het ook daar gestop. Die een het hom vererg en ‘n haat gekoester. Enkele weke gelede het Attie een wat wegkruip in sy slaapkamer aangetref en ‘uit gehelp’. Hierdie was die tweede voorval en is aan die SAPD rapporteer. Of dit hierdie selfde een is weet ek nie. Ek verstaan hy is glo ook ‘n ‘bekende’ op die misdaadterrein op Reitz. Die presiese oorsaak van dood is dat hy sy kop verbrysel het met ‘n brandblusser. Attie het in ‘n woonstel agter sy huis gebly en is by die ingang ingewag toe hy (Attie) die woonstel betree het. Attie was ook 73 jaar oud.

Hetty ·

O ja… die polisie het nie goeie speurwerk gedoen nie… my man het vir hulle DADELIK nadat hy SAAM met hulle op die toneel aangekom het om ONMIDDELIK die persoon te gaan soek wat my pa in Oktober probeer vermoor het. Hy is gevind by sy huis met my pa se beursie in sy sak…. watter blerrie goeie speurwerk is gedoen deur SAPD??????

Dis so ·

Ai Hetty baie sterkte vir julle en ek glo jou pa is nou by God want aan jou beskrywing klink dit of hy n goeie man was en vir sy naaste om gegee het. Mens weet nie hkm hierdie gebeur nie, mag God julle troos en sterk maak in hierdie tyd. Hou aan Hom vas en moenie toelaat dat die verwyte julle bitter maak nie. Hy IS in beheer al voel dit nie altyd vir ons so nie.

Piet ·

Hetty uit respek vir jou sal ek nie ‘n politieke toespraak probeer maak nie. Al wat ek se is dat jy niemand hoef te oortuig dat jou pa goed was vir sy werker(s) nie. Dat hulle sleg behandel was, is die snert storie wat maar altyd verkondig word en die wat dit wel glo kan eintlik nie tot ander insigte gebring word nie. Ek glo jou dat jou pa goed was vir die aanvaller. Mag jy hom eendag in die hemel weer sien. Sterkte, Piet.

Driekie ·

Dis presies wat hier gebeur het….wraak omdat hy aangespreek was oor die mors van papiere en ook nie verder gevoer was nie… Wat se dit vir ons…?.. Dat ons niemand durf aanspreek….of iets staak wat voorheen gegee was nie…..anders word jy vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.