‘Tydkapsule’ wys Eskom-probleme is nou groter

(Foto: AFP PHOTO/GIANLUIGI GUERCIA)

Eskom sê wanneer hy nou terugkyk na waar die entiteit 25 jaar gelede was, is dit interessant om te sien dat die grootste uitdagings destyds al die nie-betaling van elektrisiteitsrekeninge was.

Ter viering van Eskom se 100ste bestaansjaar op 1 Maart het die maatskappy ʼn tydskapsule met verskeie aandenkings, briewe, verslae, koerantuitknipsels en ander dokumentasie oopgemaak wat in 1999 begrawe is. Die doel van die kapsule was om tydens Eskom se eeufeesviering as “geskenk” vir werknemers in 2023 te dien, en sal binnekort weer met nuwe aandenkings gevul word.

ʼn Onafhanklike kenner meen egter dat Eskom teen die huidige trant dalk nie die volgende 20 tot 30 jaar sal sien nie.

Te midde van Eskom se huidige uitdagings was die opgrawingseremonie “diskreet” en volgens Eskom deur net 20 werknemers bygewoon.

Die geleentheid het reeds op 15 Februarie by Megawatt Park plaasgevind waar die voormalige uitvoerende hoofde Allen Morgan en André de Ruyter die kapsule oopgemaak het.

Eskom sê in ʼn verklaring wanneer die kragvoorsiener nou terugkyk na waar die entiteit 25 jaar gelede was, is dit interessant om te sien dat die grootste uitdagings destyds al die nie-betaling van elektrisiteitsrekeninge en die behoefte aan meer opwekkingskapasiteit was.

“Die grootste verandering tussen toe en nou is die miljarde rande wat nou aan Eskom verskuldig is, onder meer deur munisipaliteite, die noodsaaklikheid om meer opwekkingskapasiteit te genereer en die huidige en erg verswakte prestasie van sy kragstasies.

“Ons moet egter in gedagte hou dat die stasies nou 25 jaar ouer is, en dat die algemene leeftyd van ʼn kragstasie 40 tot 50 jaar is.”

Eskom sê die maatskappy kan wel nou voortbou op die beste praktyke van 25 jaar gelede, toe Eskom een van die grootste en beste kragvoorsieners ter wêreld was.

Die items in die tydskapsule van 1999 sal in Eskom se Megawatt Park-biblioteek te sien wees, asook op Eskom se webwerf. Die tydskapsule sal weer in Februarie 2024 met aandenkings van 2023 gevul word sodat personeel dit in die toekoms kan sien.

In ʼn onderhoud met Pretoria FM oor Eskom se 100ste bestaansjaar sê die onafhanlike energiekenner Corneels Schabort dat Eskom beslis nie meer aan sy eertydse doelwitte voldoen nie.

Te midde die voortslepende kragkrisis is dit moeilik om te glo dat Eskom in 2001 deur The Financial Times as die beste kragvoorsiener ter wêreld aangewys is.

Vandag sukkel Eskom egter om 50% van sy geïnstalleerde kapasiteit beskikbaar te stel.

Schabort sê ʼn maatskappy het nie werklik ʼn vervaldatum nie, maar dat ondernemings ouer as 100 jaar ʼn duidelike visie moet hê en ook baie “aanpasbaar en veerkragtig moet wees”.

“Dis waar Eskom die laaste paar jaar gefaal het. Ons moet besef elektrisiteitvoorsiening wêreldwyd het radikaal verander. Die klassieke manier in die verlede was steenkool- en kernkragstasies. In vandag se samelewing het ons hernubare krag. Wind- en sonkrag is baie meer dinamies en kompleks.

“Eskom gaan homself moet herposisioneer en herdefinieer wat sy rol in Suid-Afrika is, anders is Eskom binne die volgende 20 tot 30 jaar iets van die verlede.”

AFP berig dat Eskom homself sedert oudpres. Jacob Zuma se leierskap in die middel van ʼn korrupsiestorm bevind.

“Korrupsie is nie die rede waarom die kragkrisis ontstaan het nie, maar dis ʼn groot deel van die rede waarom dit steeds nie opgelos is nie,” het prof. Roula Inglesi-Lotz, ʼn professor in ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, aan AFP gesê.

Eskom het boonop in die afgelope 15 jaar meer as 12 verskillende uitvoerende hoofde gehad.

De Ruyter is die jongste uitvoerende hoof om die tuig neer te lê en is uitgesproke oor die korrupsiegreep waarin Eskom homself bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johanna ·

25jr.terug was daar NIE korupsie NIE. Opgeleide mense het voor 1994 daar gewerk. So helder Soos daglig

Nico ·

Sou die cANCer regering aan gehou het met die instandhouding van Eskom sou hierdie dinge nooit gebeur het nie maar die witman wou mos nie luister nie nou moet hulle voel. daar is ook nie die genoegsame saamstaan nie, elkeen wil mos hulle pad of rigting gaan. Kyk, wat het met die Israeliete gebeur, hulle is 40 jaar in die woestyn, dit is noe die Boere volk se beurt.

Andries ·

Eskom kort (net) di politieke wil om n einde aan sy probleme te maak. Andre d R is mos nou ‘weg’ soos baie dit wou hê. Maar di beurtkrag is steeds met ons – hy moes baie kritiek verdra en was gereeld as dí sondebok vir beurtkrag uit gemaak

Althes ·

Ek besef nou eers hoe baie hy moes verduur het om onder ñ korrupte en bose regime te werk.

Theunis ·

In die geval moet geskiedenis nie herhaal word nie want om dieselfde te doen maar verskillende uitslae te verwag is ‘n teken van “insanity”, die groot vraag dus – Het ons enigsins nog bevoegde mense oor om die verskil te kan maak en wanneer?
Dit sal egter alleenlik moontlik wees sonder ENIGE politieke inmenging en dit is miskien nog ‘n groter vraag, so ta-ta aan die Minister van Elektrisiteit.

Snowball ·

Sit tog asb 4 Klein Italiaanse sportmotortjies en die name van die 4 diefstalsindikate in ‘n tydkapsule wat hulle kan oopmaak tydens Eskom se begrafnisdiens – dit sal darem die ANC se nalatenskap van duisternis (letterlik) en korrupsie verteenwoordig.

Jacobus ·

Baie eenvoudig. Die beplanners van Eskom van begin 90’s het aanbeveel om kleiner opwekkings eenhede te bou. Toe haal ANC se plunder mentaliteit hulle in mbv goed betaalde adviseurs. Hulle besluit toe op die ewigdurende Medupi en Kusile melkkoeie wat ryke dividende aan die kaders kon lewer. Kry die adviseurs en besluitnemers en sluit hulle toe!

Mariana ·

Onder die bewind van ANC is ons land in sy geheel gedoem. Eskom maar net deel van die vernietiging. Daar is net een feit en dit is dat die ANC hierdie land vernietig en niks sal tot stand kom terwyl hulle nog regeer nie. Klomp kommuniste wat menselewens vernietig. Selfsugtige, magsbeheptes wat dink die mense in die land se geld is hul eie persoonlike bank. Privatiseer Eskom en kyk hoe dit floreer, maar behoed ons as Ramapoza en sy familie oorneem en dit is mos hulle plan…..dan nie. Geldjagters en almal in hul pad word weggevee……

Harley Davidson ·

Voor 94 was Evkom een van die beste kragvoorsiener in Afrika.

Althes ·

Bla, bla en bla. Selfs ñ 10 jarige sou dit vir jul gesê het. Als wat met Eskom verkeerd gaan is suiwer logika en daarvoor het jy nie ñ graad nodig in Sakebestuur of Ekonomie nie.

Riaan ·

Regtig prof. Roula Inglesi-Lotz, is jy seker waarvan jy praat of smeer jy ook nou heuning om die anc se monde om iets in ruil terug te kry, vra maar net !

Papsak ·

Ja 25 jaar terug was hierdie land nog reg alles in plek toe het mense met ondervinding daar gewerk en geweet wat hulle moet doen maar die goed weet flippen niks nie

Skappie ·

In 2001 die beste kragvoorsiener ter wereld. En nou? Dit is nou seker die slegste maantskappy in die wereld. Wel, een ding kan ons se, voor 1994 was daar regtig baie beter werkers daai tyd, en het alles gegee wat hulle kan, om ons krag aan te hou. Nou is almal te slap gat, as ek dit so kan stel. En kyk wat hulle uit kan kry om mee weg te loop.

Amelia ·

Ja en as eskom sy finale snikke gee is ramapoza weg in rusland en sy our people sit sonder krag water riool sal in strate afloop geen petrol niks en hy sit in rusland of china en lag vir die klomp “dommes ” wat dit nie kon agter kim nie want bly en die gemors oplos sal hy en res nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.