Tydlyn vir opskort van e-tol weer aangepas

(Foto verskaf deur Outa)

Panyaza Lesufi, die Gautengse premier, het inwoners van Gauteng beloof dat die e-tolstelsel teen die einde van die jaar afgeskaf sal word.

Fred Nel, die DA se woordvoerder oor paaie en vervoer, sê egter die belofte is niks nuuts nie, aangesien Lesufi reeds verlede jaar aangekondig het dat e-tol iets van die verlede is. Hy het dié belofte vroeër vanjaar in sy provinsiale rede herhaal.

Intussen kry motoriste steeds rekeninge vir die gewraakte stelsel wat sedert 2013 op hulle afgedwing is.

“Dit blyk dat die nasionale regering in die premier se pad staan om die proses wat die einde van e-tol sal beteken, af te teken. Dit is te wyte aan die regering se huidige finansiële probleme, wat die bekostigbaarheid van die beëindiging van e-tol kan beïnvloed,” sê Nel.

“Dit is kommerwekkend, want hoe langer dit neem om ʼn oplossing te vind om die e-tol-stelsel te beëindig, hoe groter is die skuld wat die Gautengse provinsiale regering moet terugbetaal.”

Nel sê daarbenewens is geen voorstel al deur die provinsiale regering gemaak oor hoe hierdie skuld terugbetaal sal word sodra die stelsel finaal afgeskaf word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jandup ·

Iemand skep nog seker uit daardie emmer uit.
Die rusbanke is nog nie vol gestop

Glenn ·

Hulle sit met n probleem want as hulle dit stop het hulle 2 keuses, 1) hulle gaan almal wat alreeds betaal het van 2013 af moet terug betaal of 2) hulle gaan moet sorg laat die wat nie betaal het nie hulle skuld moet betaal so hulle gaan nogsteeds moet mannekrag moet he om daai geld intevorder en dit gaan nie gebeur nie.

Hier kom n paar dagvaardigings either way.

Die hele ding was n bedrog spul van die begin af.

domheks ·

Lesoufie lieg soos ‘n tandetrekker! Kan nie cANCer glo nie!

JohanR ·

My broer ry en betaal al nie vir 10 jaar. Weet nie hoe hy dit doen nie, maar elke keer wat hy onder een ry dan gee hy die ding en die ANC ‘n stywe vinger!

Pietertjie ·

Lefusi sal eers ernstig raak oor die tol-brûe wanneer NIEMAND meer betaal nie. Intussen skep hulle nog lekker, al is die uitgawes baie meer as die inkomste.

Jan ·

Dan neem ek aan dat die wat altyd wel betaal het n terugbetaling kan verwag

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.