Tydlyn vir wet oor grondonteiening ‘verdag’

dr-anthea-jeffery-en-jaco-schoeman

Dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en Jaco Schoeman, die sameroeper van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsregte. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die komitee wat voorstelle moet maak om artikel 25 van die Grondwet te verander se tydlyn vir die publikasie van ʼn voorgestelde wetswysiging is verdag.

Só sê dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV).

Die komitee beplan om dié voorgestelde wetswysiging, wat dit vir die staat moontlik moet maak om grond in sekere gevalle sonder vergoeding te onteien, in Desember in die staatskoerant bekend te maak.

“Die komitee wil die publiek ʼn skamele vier weke gee om op die beplande wysigings te reageer en het dit boonop só beplan dat dit oor die Desembervakansie val,” sê Jeffery.

Die komitee wil ʼn twee dae lange werksessie op 6 en 7 November hou, saam met kenners op die gebied van grond en grondwetlike kwessies. Die doel van die werksessie is om ʼn “grondwetlike dialoog oor grondeienaarskap te hê”, lui die komitee se verklaring wat op 27 Oktober uitgereik is. Die komitee sal dan ʼn voorgestelde wetswysiging teen 27 November opstel wat tydens verskeie sessies met lede van die parlement bespreek sal word. Die voorgestelde wysiging moet op 10 Desember – Menseregtedag – gepubliseer word vir kommentaar vanaf die publiek.

“Die skole sluit op 5 Desember en open eers weer 14 Januarie,” merk Jeffery op. “Die Desembervakansie is wanneer die meeste mense weggaan en alles tot stilstand kom. Hierdie voorgestelde skedule maak ʼn bespotting van openbare deelname oor die komitee se werk. Dit verontagsaam ook ʼn reeks uitsprake deur die Konstitusionele Hof oor wat behoorlike openbare deelname behels.”

Jeffery sê die komitee se voorgestelde tydlyn is ongrondwetlik. “Daarom vra die SAIRV die komitee om te verseker dat sy uitnodiging vir openbare deelname ten volle voldoen aan die kriteria, soos uiteengesit deur die Konstitusionele Hof.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lourens ·

Stem saam, laat dinge nou finaal na ‘n kant toe gaan.
G/vol vir die byl wat aanmekaar oor ons koppe hang.
Doen dit.
“What must be, must be.”

John ·

Met die vise-president in Sjina om bande te smee? Indien die ANC glo dat sy kiesers in die kommunistiese bloudruk gaan pas, maak hulle ‘n groteske foutjie. Grondgrype om werkloses in te span? Gryp, gryp, gryp? Die plan gaan so boemerang dat Cyril gaan wens hy was eerder ‘n maanmannetjie. Boere moet hul papiere iewers gaan bère… eienaarskap ens. Hierdie perd gaan die vreemde baas afgooi… in die dorings…

Sê-maar-net ·

‘n Mens kan nie grond eet nie. As die boere wat oor geslagte heen al boer, dit nie meer kan maak nie, hoe wil die “nuwe” boere dit maak? Op die belastingbetaler se sak? Daai sak het ook lankal ‘n gat in!

daniel ·

Dit wil voorkpm asof hierdie regering nie logins kan dink oor die ekonomiese gevolge nie.

Grassie ·

Waarvoor baklei julle nog?? Als het gebeur soos gesê was vir die mense wat ja gestem het. Niemand sal geld oor hê nadat die land al jou geld gevat het om na die miljoene te kyk nie! Daar is niks oor om voor te baklei nie. Tensy jy graag tussen en onder hierdie mense wil woon saam jou kinders??

Cherokee ·

Ag Grassie, mense soos Steve Hofmeyr wat ja gestem het, word tot president beroep en mense soos ek wat teen die ja-stem geveg het, kry geen erkenning. Soveel van die forum-lidmate stem DA, party in skaamte en ander erken dit. Baie wat ja gestem het, gee nou voor dat hulle hull nee gestem het. Mense met ‘n mate van selfrespek erken nie dat hulle vir de klerk en meyer gestem het nie. Ons veg teen ‘ spookstem’.

Lorraine ·

Hierdie is ‘n ou truuk van die ANC- regering. Daar is veels teveel voorbeelde van die soort stormram in die afgelope jare. Sodra hulle teenkanting kry, is die Desember- ultimatim ‘ uitgemaakte kits ontsporing daarvan. Jare terug was dit die Wet op Onderwys, en so-ook die huidige Nasionale Gesondheidsorg.
Ek wonder of die stand van SA se ekonomie, wat teen ‘n spoed inplof, die rede daarvoor is… want daar is nie geld vir die vergoeding nie ????

Moody ·

Dit is duidelik dat rommelstatus die ANC nie pla nie. Daarby bid die openbare beskermer dat God ons verlos van kredietgraderingsagentskappe se graderings. Wat ‘n spul dwase. Soek beleggers se geld sonder enige rekenskap en verantwoordelikheid.

Hierdie grondonteiening sonder vergoeding is nog net ‘n stasie na ekonomiese vernietiging met swak politieke kapitaal.

Hagar ·

As ek dit reg onthou het die anc verledejaar dieselfde truuk gespeel. Stoom nog steeds voort met onderduimsheid om hul kommunistiese ideologie deur te druk, ongeag die onberekenbare skade wat daarop volg.

Reinhard ·

Hierdie gaan nie oor of die ANC logies kan dink of nie! Dit is al vir baie lang jare beplan om die witmense se eiendom af te neem en hulle kommunisme in te stel ten volle. Kyk hoe lyk die land al klaar hoe lewe almal en wat kos alles al nie. Dink julle regtig hulle gee om oor kos! Die land is klaar in sy moer en gaan nou nog verder! Terwyl almal rainbow nation hande vat in die rugby is dit al wat weer saak maak vir die witman. Ons kinders en hulle kinders het ‘n toekoms nodig met sekeruteit en gesondheid nie Rugby nie!

Johan Maritz ·

Ons moet hulle n pluimpie gee een ding wat hulle blankes by vere ore aansit is kroek en konkel en die slegste hulle word uitgevang maar die gevolge is niks. Nikswerd en onbevoeg.

Kraaibakke ·

As julle die grond het ,sonder geld wat is die volgende stap om verniet te kry ,mahala boet maar pas maar op.

Deon ·

Dit is tipiese taktiek van ANC wat hulle wil af forseer op n tyd wat mense met verlof is. Mense skrik wakker die ANC is weer besig met onderduimshede om die padde te kook

Antionette ·

Wel kom ons sien hoeveel mense gaan bereid wees om te baklei en maar hul vakansie uitstel …

Johan ·

Die kommunis is goed opgelei. Alles vat tyd, breek af, maar hulle storm net blindelings voort en vernietig SA sodat NIEMAND eendag sal kan bou nie. Hulle vernietig net aanhoudend soos springkane!

My Opinie ·

As dit nodig gesond word on n komitee te versoek om aan kriteria te voldoen wat deur die Konstitisionele Hof betaal word, is dit n bewys daarvan dat die komitee reeds van die pad afgedwaal het.
n Komitee behoort vanselfsprekend binne die wet en bepaalde riglyne op te tree.

KOOSMAN ·

Oom Fw en Roelf se checks and balances skop nou in !! Moenie warry nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.