‘Tydsberekening verdag’ van senior ondersoeker se dood

Brig. Jackson Mkhaulesi (Foto: Facebook)

Die tydsberekening van brig. Jackson Mkhaulesi, ’n senior ondersoeker in die opspraakwekkende Thabo Bester-ontsnappingsaak en hoof van die Vrystaatse polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, se dood is uiters verdag, sê Patricia Kopane, ActionSA se provinsiale voorsitter van die Vrystaat.

Die politieke party sê Bheki Cele, die minister van polisie, en genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, moet Mkhaulesi se skielike dood ondersoek sodat Suid-Afrikaners die versekering kan hê dat daar geen vuilspel by sy dood betrokke was nie.

“Veral ná al die Hollywood-tipe kinkels en draaie wat hierdie sage reeds geneem het,” sê Kopane met verwysing na Bester se ontsnapping uit die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein verlede jaar.

“Hierdie saak kan nie ligtelik opgeneem word nie, dit moet met die dringendheid hanteer word wat dit verdien.”

Mkhaulesi is Maandag dood kort nadat hy die uitspraak in dr. Nandipha Magudumana se aansoek in die Bloemfonteinse hooggeregshof bygewoon het.

Dr. Nandipha Magudumana tydens ‘n vorige virtuele verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Luidens mediaberigte het Mkhaulesi homself kort ná die uitspraak om die lewe gebring.

Die polisie het egter nog geen besonderhede oor sy dood bekend gemaak nie.

Kopane sê indien die polisie vuilspel vermoed, “het die staat ʼn plig om te verseker dat ander ondersoekers en getuies nie dieselfde as hierdie offisier oorkom nie”.

Maroela Media het vroeër berig Magudumana se aansoek, waarin sy die Bloemfonteinse hooggeregshof gevra het om haar inhegtenisneming ongrondwetlik te verklaar, is Maandag met koste van die hand gewys.

Magudumana word daarvan beskuldig dat sy ʼn aandeel gehad het in Bester, ʼn veroordeelde moordenaar en verkragter en haar haar kêrel, se ontsnapping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Amelia ·

Stem saam hier slang in gras Ek dink die bester saak is hoeer as wat mens dink met hul tipe geld ontsnapping ens nou die man se dood iets nie pluis nie

Misky ·

Beslis verdag en iemand wil die arme man stil hê. Sterkte aan sy naasbestaandes.

Vettiemaragartos ·

Hier is ‘n GROOT VET LUISLANG in die gras. Sterkte aan sy familie!

Shakespeare ·

Ek persoonlik dink hierdie Bester sage draai ook in die kabinet want waar kom al die miljoene vandaan ?

Elmarie ·

Ek stem saam dat die tydsberekening baie verdag is. As ek lees watter ander publikasie skryf, was hy glo nie hom self die oggend van sy dood nie.

Miena ·

Hierdie gaan 1 van 2 kante toe uitdraai…1 – dit gaan n stille dood sterf (touche) en ons gaan niks weer hoor van die afsterwe van die man nie of 2 – dit gaan n interessante wending aanneem later aan en dalk met 1 van die beskuldigdes verbind word. Hoe dit ook al sy, beslis is hier iets nie reg nie.

Felix ·

En die vriende wat hom gevolg het,wat het hulle te sê,sou nou mos sien of hy selfmoord gepleeg het of nie,of het hulle meer as net ge agtervolg.Sou graag wou weet,watter kant sit die wond en of die man homself links of regs was?

Catherina ·

So jammer vir sy familie. As jy eerlik is deesdae, het jy n probleem

domheks ·

Nou kan ons duidelik sien hoekom Andre de Ruyter land uit is. Niemand is meer seker van sy lewe in SA nie. Bester en kie het dalkies ‘n aandeel hierin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.