Tydsverloopvideo van Muizenberg-brand

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die gebruiker jasonkamera het ʼn verstommende tydsverloopvideo van die brand wat tans by Muizenberg in Kaapstad woed, op YouTube gelaai.

Die video is Sondagaand tussen ongeveer 19:40 en 21:30 geneem.

Maroela Media het vroeër berig brandbestryders gaan deurnag moet werk om seker te maak dat die brand wat in Muizenberg ontstaan het, onder beheer bly. Die brand het Sondagoggend net na 02:00 in Muizenberg bo Boyesrylaan begin en is aangevuur deur sterk wind. Die brand het intussen ook na Ou Kaapseweg, Chapmanspiek, Houtbaai en Tokai versprei.

Lees meer oor die bergbrand op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.