Tzaneen-man steel glo helikopter wat hy verkoop het

Argieffoto van 'n Eurocopter 130 SP-MTB (ter illustrasie) Foto: Łukasz Golowanow & Maciej Hypś, Konflikty.pl via Wikimedia Commons

Argieffoto van ‘n Eurocopter 130 SP-MTB (ter illustrasie) Foto: Łukasz Golowanow & Maciej Hypś, Konflikty.pl via Wikimedia Commons

Die Valke het Conrad Johannes Kruger (47) van Tzaneen in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy die ʼn helikopter, wat hy aan iemand anders verkoop het, gesteel het.

“Kruger het die Eurocopter, ter waarde van R15 miljoen, aan ʼn man verkoop wat die helikopter na Grand Central-lughawe in Gauteng geneem het vir herstelwerk,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Kruger het egter sonder die nuwe eienaar se medewete na die werkswinkel gegaan en die helikopter teruggeëis. Hy het dit daarna na Antarktika verskeep waar dit vir geologiese ekspedisies gebruik is,” het Mulaudzi bygevoeg. “Hy het boonop glo ook ʼn winsgewende ooreenkoms met ʼn Skandinawiese regering bereik.”

Intussen het die klaer met ʼn skok ontdek dat sy nuwe helikopter weg is. Hy het Kruger daaroor gekonfronteer en hy het toe onderneem om dit terug te bring. “Hy het egter versuim om aan dié ooreenkoms te voldoen.”

Die Valke is in kennis gestel en hulle het Kruger in hegtenis geneem. Hy het Donderdag in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R25 000. “Hy moet op 5 Mei weer in die hof verskyn. Hy moes ook sy paspoort indien en mag nie oorsee reis sonder die bevestiging van die ondersoekbeampte of senior staatsaanklaer nie,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Reken net, ‘n valk vang ‘n helikopter.
NET in Afrika !!!

Piet ·

Het een van ons skerp valke dalk al agtergekom dat hierdie ou n’ Duitse paspoort ook het? Con-air se Moses!

gerrit du toit ·

Hy hou net aan en kom met alles weg.
Wat is fout met ons reg stelsel dat so ‘n skelm daarmee bly wegkom ?

Goudman ·

Altyd gedink sekere prokereurs is baie slim. Wil sien hoe kom hy uit die een.

Martie ·

Is seker daar is meer agter die storie. n Prokureur sal nie n helikopter sttel nie, tensy die ou hom nie betaal het nie.

Martie ·

Daar moet meer agter die storie wees. n Prokureur sal nie n helikopter steel nie, tensy die verkoop transaksie skeef geloop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.