Tzaneen-man vas wat glo bejaarde vroue verkrag het

Tzaneen (argieffoto) Foto; zuidafrikaspecialist.nl

Tzaneen (argieffoto) Foto: Zuid-Afrika Specialist

Die polisie in Tzaneen, Limpopo, glo hulle het ʼn mees gesoekte reeksverkragter, wat inwoners van Bolobedu al die afgelope vyf jaar lank teister, vasgetrek.

“ʼn 28-jarige man van Bolobedu is in hegtenis geneem vir die verkragting van vyf bejaarde vroue tussen 2009 en 2013,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die voorvalle het in Bochabelo, Ga-Abel en Ga-Ntata plaasgevind waar hy bejaarde vroue wat ploegwerk gedoen het, geteiken het.” Die vroue was onderskeidelik 53, 69, 69, 74 en 75 jaar oud.

“Die man het die vroue telkens op dieselfde manier verkrag, buiten tydens een voorval waar hy in die aand by die slagoffer se huis ingebreek en haar verkrag het,” het Ngoepe bygevoeg. “Die ander vroue het hy in die dag in die veld oorval.”

Die man sal na verwagting binnekort in die Bolobedu-landdroshof verskyn op vyf aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.