Tzaneen-man verkrag glo stiefdogters

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 44-jarige man van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo sy stiefdogters verkrag het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man word daarvan beskuldig dat hy sy twee stiefdogters, onderskeidelik agt en 11 jaar oud, sedert April vanjaar verskeie kere verkrag het.

“Hy het die meisies glo in die dag verkrag, wanneer hul ma by die werk was. Hy het hulle glo verkrag wanneer hulle van die skool af gekom het en het glo gedreig om hulle dood te maak indien hulle iemand daarvan vertel.”

Volgens Ngoepe het die beweerde verkragtings verlede week aan die lig gekom, waarna ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak is. Die verdagte sal Maandag in die Lenyenye-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en verset teen arrestasie.

Ngoepe het gesê die verdagte het hom glo verset toe die polisie hom by ʼn taxistaanplek in Tzaneen in hegtenis wou neem. ʼn Wenk van die publiek het die polisie na die taxistaanplek gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Mabel se woorde WEER waar …trouens elke week word dit byne 2x beaam …dis maar die wat mens van hoor ne

KarooKlong ·

Naby genoeg. Val onder area.
Nog een saluut vir Vroue Regter Mabel Jansen.

Sydney ·

Columbiana, Ek stem saam met jou. Wat my verbaas is dat baie aanneem dat dit ‘n swartman is. Nerens word daar enige melding gemaak wie die persoon is nie. Daar is deesdae baie sake wat in swart gebiede se howe aangehoor word, maak nie saak van watter ras geslag jy is nie. Oeps trap ek nou verkeerde tone. Wat gedoen as dit ‘n blanke man was, waar die blanke ma die pot aan die kook moes hou …. Vra net… Die persoon(e) wat so op tree verdien die doodstraf . Dit is al manier om die soort barbaarse optredes tot ‘n einde te bring……..

E.K. ·

Ek dink dis ouers (veral ma’s) se plig en ook in skole die onnies se plig om dit duidelik aan kinders te maak dat as so iets met jou gebeur, maak nei saak wat se dreigemente die verkragter maak nie, gaan vertel iemand dadelik. Die arme kinders word so seer gemaak en dan nog gedreig met die dood en alles, dink net wat hul moes deurgaan. So mens moet jou kind van heel kleins af leer, niemand vat aan jou privaat dele nie – NIEMAND en as iemand iets aan jou doen, maak nie saak wat die persoon se nie, vertel dadelik vir klomp grootmense!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.