Tzaneen-plaasaanval: Vrou, kinders kruip in kamer weg

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

Die polisie, lede van ʼn privaat veiligheidsmaatskappy en plaaslike inwoners is steeds op die spoor van die aanvallers wat Maandag ʼn gesin in die vroeë oggendure in hul huis op ʼn plaas in die Agatha-gebied buite Tzaneen in Limpopo oorval het.

Maroela Media het vroeër berig Greg Wilson (34) is vanoggend geopereer nadat hy tydens die aanval met ʼn klip oor die kop geslaan is.

Marius Jacobs van Watchdog Tzaneen het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes, veiligheidsbeamptes, plaaslike inwoners en lede van die polisie se honde-eenheid is tans in die gebied op soek na die aanvallers. ʼn Polisiehelikopter staan ook glo gereed om met die soektog te help sodra die mis in die gebied opgeklaar het.

Volgens Jacobs is een van die veiligheidswagte op die plaas deur die vlugtende aanvallers met ʼn mes in sy gesig gesteek. Twee mans wat glo in ʼn voertuig buite die plaas gesit het, vermoedelik ʼn wegkommotor, is in hegtenis geneem, het Jacobs gesê.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik bevestig dat twee mans in hegtenis geneem is nie en het gesê hy wag steeds vir inligting vanaf die toneel.

Intussen het Greg se vrou, Sandy, aan Maroela Media gesê haar man sterk goed aan ná sy operasie. “Greg het vreeslik baie bloed verloor, maar hy was [ná die aanval] heeltemal by en kon vertel wat gebeur het. Hy is vanoggend geopereer en hulle het die wond geheg en ʼn dreineringspyp ingesit. Dit gaan in die omstandighede goed met hom en hy sal oukei wees,” het Sandy gesê.

Volgens Sandy het die egpaar voor 05:00 wakker geskrik omdat iemand aan die kombuisdeur geruk het. Greg het gaan ondersoek instel en hom in die kombuis teen die gewapende rower vasgeloop.

“Hy het hom platgeduik en met hom gestoei en die man het losgeruk en weer by die deur uitgehardloop. Sy baadjie, vuurwapen en sak het in die kombuis agtergebly,” het sy gesê.

Sy, Greg en een van hul werkers, Godfrey, het in die kombuis gestaan en probeer om die polisie te bel toe nog ʼn gewapende rower by die kombuisdeur ingestap gekom het. “Ek het dadelik kamer toe gehardloop na my kinders toe en die veiligheidshek tussen die kamers en die kombuis gesluit,” het Sandy gesê. “Uit die hoek van my oog het ek gesien hoe nog mense die huis binnekom en vanuit die kamer kon ek hoor hoe almal net begin skree.”

Sandy het met hul kinders, onderskeidelik drie en ses jaar oud, in die kamer geskuil tot dit stil geraak het. Ná ʼn ruk het sy uitgegaan en Greg in die kombuis gekry met ʼn groot snywond op sy kop. Een van die rowers het hom glo met ʼn klip geslaan toe hy nie die veiligheidshek na die kamers wou oopsluit nie. Godfrey was ongedeerd.

Sandy het gesê die heining om die huis is al ʼn paar keer vantevore geknip, maar dit was die eerste keer dat iemand by die huis ingekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Hannelie ·

Ja Willie jy is so reg! Ons kan nie baklei teen wind nie.

m ·

Mens kry koue rillings as jy hierdie storie lees. Net baie bly niemand het iets oorgekom nie en hoop die man sal gou weer op die been wees.

Willie ·

Dit raak nou erger… hierdie is Gru-verhale wat elke paar uur afspeel…

Willie ·

Mens kan elke oggend bid en dankie se, dat so iets nie met jou gebeur…

ROSIE ·

Om deur ‘n gewapende roof/aanval te gaan is VERSKRIKLIK!! Ek en my gesin het in 2010 deur so iets gegaan en ek het ook net eerste aan my kinders gedink. Die vreeslikste dinge gaan deur jou gedagte van wat hulle daar buite met jou man aanvang. In jou geestes-oog sien jy hom al klaar in ‘n plas bloed lê en sekondes voel soos ure. Die onsekerheid vreet jou op en dan is daar nog die selfverwyt as hy iets sou oorkom. Jy word so onkant betrap, dat jy nie jou selfverdedigingstegnieke kan uitvoer nie. Mens kan die trauma nie vir iemand anders beskryf nie. Jou lewe kan in ‘n oogknip verby wees, selfverdediging of nie, gewapen of nie, glo my, dis nie maklik nie. Bly die gesin het lig daarvan afgekom en baie sterkte vorentoe.

DPJ ·

As God drie-enig ons nie bewaar nie, tewergeefs wag die wagters!

Theresa ·

Waar. Bly vas staan in geloof. Die Here gaan dit nie so laat voortgaan as ons opreg Sy hulp inroep nie.

Gert ·

Vat al zuma en kie se lyfwagte weg dat hul aan sy eie gatte kan voel hoe dit voel om in die land wat hul regeer te probeer leef en oorleef!!!!

Justa ·

Die DA op CNN7 maak nou n vreeslike bohaai oor n wit op swart padwoede voorval maar niks word gese op enige kanaal oor al die moorde op wit mense die afgelope week nie. Die DA swyg soos die graf en so die VF+. Laat mens dink.

Riaan ·

Ek het dit ook pertinent op getel laas week en die selfde ding gevra. AGRISA?

Acca ·

Die DA is slap gat te. Ek daag hulle uit om die aanvalle net so te veroordeel soos hulle wit op swart dien maar hulle sal nie. Het nie ruggraat nie.

NieSo ·

Pas die artikel gelees waar die VF+ ‘n skrywe aan Brittanje gerig het om die ‘Anargie’ wat tans in SA aan die gang is, onder hulle aandag te bring. VF+ is nie stil nie, al wil die media dit so laat klink. Kyk vandag se artikel oor: Randfontein-moorde: Brittanje genader oor ‘anargie’ in SA.

Rentia Preite ·

Die DA voel n veer vir witmense en dis tyd dat almal dit besef

SMR ·

Ek wonder net – hoekom lees mens nie op die ander media netwerk van plaasaanvalle en sulke berigte nie? Dis sulke selektiewe beriggewing. Intussen is daar mense wat nagmerries deurmaak en niemand mag weet daarvan nie. Ek sê lig sulke berigte uit sodat almal kan sien wat aangaan. My hart gaan uit na hierdie familie. Ek hoop die mense word gevang.

Uit die Ooste ·

Ek werk in Thailand. Hier ken die mense nie sulke dinge nie. As iemand hier iets verkeerd doen word hy gevang. Hy verskyn dan op TV. Dan word hy afgeneem asook die plek waar hy bly, asook sy hele familie. Dan moet hy op TV verduidelik hoekom het hy dit gedoen. Een groot vernedering vir die familie en vir hom. Glo my dit sal hy nie weer doen nie. Dan wag die hof en die tronk vir hom.

Dolf ·

Ek glo jou Uit die Ooste. Ek kom nou al vir paar jaar na Thailand met vakansie. Is op hierdie oomblik hier. Dit is ‘n veilige land, die mense is vriendelik en duld nie onvriendelikheid nie. Heerlik om rond te stap, het nog nooit bedreig gevoel nie, en alhoewel alles deurmekaar lyk, kan mens die mense vertrou!

Angie ·

Die probleem is, osn mense is so ingestel om uit ander se besigheid te bly, jy ken nie jou bure nie, jy kripeer op jou eie land, en so bly ons tot ons gat vol raak vir n paar aanvalle en dan eers begin n paar brawe mans saamstaan en iets doen. almal het kommentaar, almal het vrese maar hulle weet ons staan nie saam soos hulle wat moordenaars versteek , of ons eie land bestuur wat als stil probeer hou. ons moet amok begin maak, opstandig raak. stemme dik maak as groot groepe sodat nie net hulle wat ons leet doen nie maar ook die wereld kan begin hoor ons is nou klaar stilgesit

Uit die Ooste ·

Angie ek het Geskiedenis as n vak gegee vir kinders op skool. En vandat ons voorvaarders hier voet aanwal gesit het, het hulle van mekaar verskil. Die een groep het gese trek hierna toe, die ander het besluit nee ons gaan nie. Suid Afrikaners dit is nou Blankes kan nie saam staan nie.
kyk wat gebeur nou daar by julle.
Geen Blanke doen iets nie ons as n nasie is te slapgat.
Ons kla net en hoop alles sal eendag verbeter.
Maar almal weet en besef niks gaan verbeter nie dit gaan nou net erger raak.

Veritas ·

‘Uit die Ooste’ jy sè jy is in Thailand maar ek glo jou nie. Waar in Thailand? Jy is hier in sonnige Suid-Afrika. Jy sê ‘…vandat ons voorvaders HIER voet aan wal gesit het….’. As jy nie hier was nie, sou gesê het ‘…DAAR voet aan wal gesit het…’. Moet nou nie sê jy is hier met vakansie of iets dergeliks nie. Jy gaan jouself net weer vaslieg.

Frans ·

In die Bybel waarsku Jesus dat ‘n mens nie aardse skatte moet versamel nie waar mot en roes dit kan vernietig en diewe dit kan bykom nie.God tree dus nie in om ons aardse besittings en ons lewe te beskerm nie omdat die kern van die Evangelie nie oor dit gaan nie.Ons geloof is dus nie op die spel nie.

Ons moet dus as mense alle voorsorgmaatreëls tref om ons eiedom en gesinne te beskerm want van die bewaarders van dit heul saam met die oortreders.

Karolis ·

Hierdie “stoeier” het ongewapen gaan ondersoek instel en het nadat die inbreker losgekom het uit die stoeier se greep, in sy kombuis gestaan en bel, sonder ‘n vuurwapen, met ‘n oop deur waar ‘n ander inbreker sommer net ingeloop het,…… ek hoop hy leer iets uit hierdie petalje.

Dee ·

Sy baadjie, vuurwapen en sak het in die kombuis agter gebly, het sy gesê. As hulle nie ‘n vuurwapen gehad het nie het die kriminele dit voorsien. Hul eie vuurwapen kon teen hulle gebruik gewees het. Dit kon ander repurkussies gehad het soos wie se ongelisensieërde wapen dit is, maar as lewens beskerm moet word is so iets ‘n minor en moontlik om later onskuld te bewys.

Elgeraine ·

Na al die trauma, is ek dankbaar die gesin het nie ernstig seergekry nie! Maar sielkundige letsels laat n dieper merk. Sterkte aan almal

pieter ·

boeremoord en renosterjag ek wonder wie gaan die einde van die jaar voorloop.KOM ONS NOEM DIT SOMMER ANC SPORT,MET SKEIDSREGTER ZUMA WAT BLAAS.

Hans ·

Hoe op aarde het mense nie n vuurwapen by hulle as hulle gaan ondersoek instel waar iets nie reg klink of lyk nie?

Michael ·

Dit gaan my verstand te bowe hierdie mense leef asof in oorlog geteisterde gebiede en is nie voorbereid en paraat nie “catch a wakeup “

Ian ·

Boere ruk op na die groot sentra met julle trekkers. Lees in die nuus wat Finland se boere gedoen het.

Tersia deVries ·

Hulle sal dit nie uit lig so dat almal dit kan sien nie, ek kan julle se kom nie omdat die mense wit is ma draai die ding nou om…. kyk die saak van my broer en seun Myburgh hoe word dit uit gesaai , hulle name word genoem foto,s word gewys en word so sleg gese al weet die mense nie eers wat regtig daai aand aan gegaan het nie! Hulle het nog net een keer voor gekom wa van die saak uit gestel was ,niemand mag tot so ver hulle name genoem het nie Hkm doen hulle dit omdat hulle wit is. My hart gaan uit na julle ek is so jammer dit moes oor jul pad gekom het.

Sarie ·

Ons land het geen regstelsel of enige iets in plek nie. Ons land se moordysfer (wat niemand eintlik sien nie) is gelykstaande aan ‘n oorlog geteisterde land. Daar gaan meeer mense in ons land dood as gevolg van moord en roof as waar daar mense doodgaan in ‘n land waar daar oorlog is. En die beste van alles is – dit is opgeteken as roof en nie as moord nie – al is net ‘n selfoon geteel. Nice nè! En danmag ons onsself ook nie beskerm nie – awesome. Die kriminele het meer beskermingsregte as die slagoffer. En nog ‘n ding is – die slagoffer wat sy belasting betaal – betaal vir die krimineel om in die tronk (as hy gevang word) te slaap, eet en in sommige gevalle selfs opleiding te kry by die beste universiteite – oorseese korrespondensie kursusse. Jis dis darem maar lekker hier. Ek word sommer ‘n krimineel.

Voorlaaier ·

Greg! In my oe is jy i hero!! Jy het jou vrou en kinders met jou lewe beskerm! “Well done”!!!
Ek salueer jou!

Theresa ·

Al behoort mens so ‘n indringer te mag skiet, wonder ek wie sien kans vir die laaaaaaaaaaang uitgerekte sake wat ‘n mens moet deursit in ‘n sel tot verhoor op iets wat eintlik gedoen mag word om jou gesin te beskerm teen barbaarse optrede?????!

Nic ·

Ja, bid help! En God laat dit toe sodat ons as nasie sal begin om eendragtig Sy aangesig te soek, dan sal Hy ons land genees!

Eli ·

Uit die ooste….
Kom terug RSA toe pappie dan kan jy bek rek

Baie voorspoed aan die brawe man wat sy gesin beskerm het. Sterkte aan sy vrou.
En die werker saam hulle is nie eens “beskadig” nie?

Sonja Blake ·

Al wat ek weet is ek wil hier wegkom uit S.A uit. Dis nie meer my land ek haat die land. Ek haat!

pop ·

Sonja ek stem met jou saam. Eks opgegal van al die haat. Ek is moeg om te moet dankie se ek het hierdie dag oorleef. DIS MY REG, nie iets om voor te smeek nie. As iemand my net kan se waar gaan ek heen met my karige geldjie.

humor ·

Is daar iewers in ons land n aksie gestig of n sekuriteitsliggaam wat met kundiges kursusse aanbied rakende optrede gedurende n plaasaanval? Dit blyk een van die groot probleme gedurende n aanval te wees.

Dee ·

Humor, as geen sekuriteitskenner sê ek dat daar ‘n paar dinge is wat uiters belangrik is waaronder ‘n vuurwapen die eerste. ‘n Keffertjie in die huis as onverbeterlike alarm, traliedeure tussen die slaapkamers en woonvertrekke en kommunikasiemiddels anders as landlyn met bure en ander vriende met wie reëlings getref is en wat hulp kan aanbied indien nodig.

Dan ·

Die mense is nie dood nie, nou sal hulle nie se daar was n loongeskil nie. Kan ons nie die Kuptas vra om met Zuma te praat oor al die moorde nie?

Dee ·

Elke keer wannee èk dit sê, delete maroela my pos. Soos iemand anders reeds gesê het, spesifieke name word dopgehou. Dit is ‘n kompliment.

Bertie ·

Uit die Ooste praat bog oor die kwansuise “veilige” Thailand! Google net Thailand crime en Thailand tourist murders vir die waarheid!

Louise ·

Al wat ek wil weet wat julle rede is dat my kommentaar nie geplaas word nie? Volgens my kennis is daar geen rassistiese aanmerkings of kru taal nie

Landi Slatter ·

Dagsê Louise

Ons het ondersoek ingestel, maar kan nie sien dat enige van jou kommentare afgekeur of verwyder is nie. ‘n Tegniese fout het moontlik ingesluip terwyl jy kommentaar gelewer het – jammer daaroor! Probeer gerus weer.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Estie Van der Merwe ·

Ek is gebore in my Land Suid Afrika, ek is lief vir my Limpopo. Waarom voel ek dan soos ‘n ongenooide gas?

Joann ·

Ek stem DAsal nie weer my stem kry nie.mens kan nou eenmaal nie hul vertrou nie.nog niks vir my beteken vandat zille nie meer lei nie

Dee ·

Trots om te sê ek het nog nooit vir regstellende aksie en grondbeheer saam met Zille en kie gestem nie.

HennHatt ·

Word 5:00 wakker van lawaai by agterdeur, loop vas in gewapende aanvaller, stoei hom uit sy wapen en ander items uit sodat hy daarsonder vlug … waar kom “Godfrey” die werker so vinnig vandaan en dan nogal sonder enige voorsorg staan en probeer Polisie bel ipv ten minste 10 van jou eie vertrouelinge vriende en bure ….. met die aanvaller se terugkeur … nadat hy hoe lank weg was??? Oorval vir Greg met ‘n klip en raai wat …. Godfrey is ongedeurd !! Hierdie was ‘n binne georganiseerde aanval met al die nodige inligting – bewys my verkeerd. Ek was deur 1 plaas aanval en 2 gewapende rowe – hoeveel gesneuwel het is nie ter sprake nie … en nie omdat ek ‘n hero is nie maar my GOD eerste stel en die verstand wat HY my gegee het te gebruik.
Kom opreg tot verootmoediging tot die Almagtige Vader van die Bybel en raak paraat, verwyder alle elemente uit jou huis en besigheid wat inligting kan uitdra, bewapen jouself met algemene en alledaagse artikels wat jou lewe kan red wat oral op strategiese plekke gebêre word, lei jou vrou en kinders op, groepeer met betroubare en opregte vriende wat jou nie in die steek sal laat nie. Kry klein aggresiewe tipe honde binne die huis. Die tralie deur is ‘n hulpmiddel maar kan jou ook vaspen as die huis afgebrand word…. ons moet wakker word, die tyd loop uit – Lees Jeremia 5 en Matt. 24 – Sterkte aan die slagoffers en ons bid vir Greg se spoedige en volkome herstel

Hannes marais ·

Hennhatt.jys reg..ons gaan ons kniee stukkend bid…die volk sal tot bekering moet kom of Jhaweh gaan ons laat uitdelg..begin sommer by die sportgod en bly web.

Uit die Ooste ·

HennHatt – jy is 100% reg. Jy kan maar kyk dit is of huidige werkers of hulle het voorheen daar gewerk. Hoekom ? want hulle weet wat is in jou huis en hulle ken jou roetine. En is vertroud met die omgewing.

Johannes Meintjes ·

Betreurenswaardig! Nou waarom is Plan B inisiaitief en nasionale Opskamers, saam met sekuriteits-samewerking op alle vlakke, beskikbaare vaardighede en terriene vir Burgerlike Beskerming nog nie effektief in die misdaad-geteisterde Nuwe SA nie?

Arnold ·

As n heining geknip word moet die boer weet daar kom moeilikheid. Ons bemark n produk wat as n vroee waarskuwing dien. Dit stuur n 10s filim na ons beheerkamer ons kontak die boer deur sms en telefonies die produk is nie goedkoop maar kan op belasting af getrek word ,maar die boere voel dis te duur. Die produk gebruik geen krag en is verskuifbaar. As daar boere is wat sou belang stel kontak my gerus. [email protected]

Ruby ·

Dis 5 uur die oggend, bly Godfrey ook in die huis en hoe kom hy ongedeerd daarvan af?……

Die Boer en sy Roer ·

Dankie Maroelamedia dat julle die Bols het om nog sulke berigte te plaas. My innige respek vir julle. Ons almal in Suid Afrika weet as jy blank is op n plaas of kleinhoewe woon, deesdae tot stedelik is dit net n kwessie van tyd voor jy n aanval gaan beleef. My vraag lui soos volg waneer lees on dat ” Boer verdedig sy Familie en Landgoed deur rowers dood te skiet” mense staan op vir jouself en verdedig jou self jy hoef nie noodwendig n wapen te he nie daar is deesdae goeie ‘paintball’ gewere op die mark wat peper balle skiet. Dit is doeltreffend en gee jou die geleentheid om weg te kom en n deur te sluit. Net my meneing.

Gemsbok ·

Ons is ‘n ongewilde minderheid wat daagliks daarvan beskuldig word dat ons die oorsaak van swart-Suid-Afrika se probleme is en dat ons witheid ons inherent slegte mense maak waarsonder die land ‘n beter plek sal wees.

Daarmee saam maak ons onsself uiters kwesbaar deur goedkoop swart arbeid te gebruik, ylverspreid oor die hele land te woon, maar ook altyd naby aan arm swart woonbuurte te wees.

Die goedkoop arbeiders leer ons huise en ons routines ken. Hulle weet wat gebuit kan word en hoe ons uitoorlê kan word tydens ‘n aanval. Ons woon te ver uitmekaar om mekaar by te staan of vir mekaar te werk, tog kan ons maklik bereik word deur rampokkers.

Die uitbou van Orania is die enigste oplossing wat al bogenoemde probleme aanspreek. Verkoop jou huis of plaas voordat dit onteien word en begin ‘n nuwe lewe in Orania terwyl jy en jou geliefdes jul lewens, gesondheid en geesteskrag besit. Maak gebruik van die internet om produkte aan die hele wêreld te lewer en word vry in Afrikaans

NotBornFree ·

Hey Julle!
Ek sit elke dag en wonder wanneer is dit my buert en wanneer gaan die gewag oor wees, oorlog is op ons en almal is te bang om iets te doen want as ons oorlog maak en wen sal die hele storie van voor af begin – The white opressor… Partykeer wens ek dat ek uit die land kan gaan , maar hulle vat ons land , ons taal en ons geld weg so ons kan nie. Om in oranjia te gaan bly is dalk n oplossing – maar as ek n swart man was en ek wou die boere uitroei sou ek oranjia bom – ek glo nie dat hulle nog nie daaraan gedink het nie. Ek is hopeloos depresief. Ek is 3 keer in die laaste twee mande geroof en die voorlaaste keer het ek ta in my kinders se kamer gekry. Ek slaap nie in die nag nie… wanneer gaan die manne van manne iets begin doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.