‘U-draai’ eis ses op N4

Ses mense, onder wie drie jong kinders, is Dinsdagaand in ʼn botsing met ʼn vragmotor dood. (Foto: ER)

Ses mense, onder wie drie jong kinders, is Dinsdagaand in ʼn botsing met ʼn vragmotor dood toe die vragmotor glo ʼn U-draai op die N4-snelweg in Pretoria gemaak het.

Die ongeluk het naby die Rossouw-afrit in Die Wilgers plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê al ses insittendes van die wit Ford Figo is op die toneel dood verklaar.

Dié voertuig het met nooddienswerkers van ER24 en die Tshwane-brandweerdienste se aankoms op die toneel in die middel van die pad gelê.

“By nadere ondersoek het paramedici ʼn man en ʼn vrou in die voorkant van die motor aangetref.

ʼn Bejaarde vrou en drie kinders van onderskeidelik drie, agt en 12 jaar oud was op die agtersitplek.

“Al die insittendes was reeds dood en daar was niks meer wat vir hulle gedoen kon word nie.”

Volgens Meiring het die vragmotor glo ʼn U-draai gemaak toe die motor daarteen vasgery het.

“Plaaslike owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel.”

Maroela Media het Woensdag ʼn navraag aan die polisie gerig, maar het by die plasing van dié berig nog op terugvoer gewag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter ·

@Maroela Media, Mis ek iets hier bo- 1st se die berig die voertuig het die U-draai gemaak en op die einde lees jy dat dit wel die vragmotor was. Kan die feite reg gestel word asseblief.

Janice du Plessis ·

Dagsê Pieter

Baie dankie vir jou kommentaar.
Dit is wel die vragmotor wat die U-draai gemaak het.
Die artikel is intussen gewysig om enige verdere verwarring te voorkom.
Groetnis
Janice du Plessis
nms Maroela Media

Elinette ·

Jy mis iets, want die berig stel dit duidelik dat die VRAGMOTOR ‘n U-draai gemaak het, in paragraaf 1 & 8.

Annelize ·

Jy mis ook duidelik iets Elinette, die berig is intussen GEWYSIG. Pieter het met reg gevra of hy iets mis.

Swerwer ·

Sjoe, wat ‘n groot verlies. Ja, die vragmotors wat u draai maak op die paaie word daagliks ervaar en daar behoort daadwerklik teen sulke bestuurders opgetree te word.

Di ·

Dis hartverskeurend – een fout van ‘n agterlosige drywer het nou 6 mense se lewens gekos.

Annelize ·

Dis nie ‘n fout nie, ‘n fout agter die stuur is jy sit die ruitveers ipv die flikkerligte aan, jy ry jou afdraai mis, sulke goed.
Om ‘n U-draai met ‘n vragmotor te maak is roekeloos en vir moeilikheid soek.

Malan ·

Om ‘n U-draai te maak het die norm geraak. Dit gebeur oral en dikwels en nooit word daar teen hierdie oortreders opgetree nie.

Skappie ·

Dis nou glad nie lekker om hierdie berig te lees nie. Net een verkeerde besluit, neem ‘n hele gesin se lewe. Sterkte aan al die naasbestaandes, mag onse Lewe Heer julle deur dra in hierdie moeilike tyd.

koos10 ·

Kla die bestuurder van ses voudige moord aan en beboet die maatskappy vir wie hy gewerk het R60 miljoen om aan die families of welsynsorganisasie betaal te word. Dit behoort nogal ‘n goeie boodskap vir ander bestuurders te stuur.
Ek het self ‘n kode 14 lisensie en het baie kilometers al afgelê. Die heel eerste ding wat jy leer is om vir ander padgebruikers te dink. Moenie net aanvaar dat hulle soos jy sal bestuur nie. En dan ook dat padreëls daar is vir ‘n rede.
‘n U draai met ‘n trok is stupid, wettig of onwettig. Jy weet nie of die pad of skouer breed genoeg is om te draai nie, in welke geval jy dwars oor die pas sal staan en moet agteruit ry, maar reeds, in die geval van voorhakker en slaapwa, amper tot die maksimum gedraai staan in vergelyking met jou sleepwa. Nou kan jy nie jou sleepwa na die ander kan laat draai nie. So jy moet baie keer voorentoe en agter toe.

Oom Hennie Pennie ·

Daar mag mos nie ‘n U draai op ‘n hoofweg gemaak word nie? Wanneer gaan daar streng opgetree word teen skuldiges?

Johnny ·

Waarom ‘n U-draai maak en nie bloot tot by die volgende afrit ry en op die pad dan so omdraai in die ander rigting nie?

gpsa ·

Is daar hoop vir die land? Biljoene verdwyn met korrupsie sonder enige gevolge, maar daar is nie geld vir wets toepassing nie. Padreels is al jare lank opsioneel.

Marcello ·

“n Vriend van my wat met ‘n motorfiets gery het is so oorlede, a.g.v. ‘n BMW wat ‘n U-draai gemaak het, Die bestuurder van die motor het NIKS oorgekom nie, en so ‘n huis sonder ‘n Vader agtergelaat.

Anel ·

Haal die trokke van die pad af en gradeer die spoorstelsel op. Iemand soos die trokbestuurder miet nooit weer ‘n lisensie, in enige vorm, toe gestaan word nie. Vrek dsn maar van die honger. En enige persoon wat gevang word ‘n u draai op onwettige plek maak moet summier van sy lisensie ontneem word. Vir ewig. Hoeveel onskuldige mensr moet nog sterf agv die onsinnigheid?

Anoniem ·

Uiters tragies … Sterkte aan elkeen wat nou die skerwe moet optel om verder aan te gaan. My hart bloei vir julle.

Reynier ·

Want mense kan lisensies koop deesdae, ek skat meer as 30% van die bestuurders op ons paaie hoort nie daar nie. 6 lewens verpletter, en die bestuurder is weg. Vragmotors het geen sin van verantwoordelikheid deesdae op ons paaie nie, en die verkeers polisie soek net ‘n vinnige R50 of R100. Ongelukkig almal wat omkoopgeld betaal het bloed op hulle hande vir elke dood op ons paaie.

Jack ·

Dis verskriklik en kleur speel nie hier n rol nie. Die land is nou vol buitelandse vragmotor bestuurders en my vraag is of hulle bevoeg is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.