Uasa bereik loonooreenkoms in plastiekbedryf

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Die vakbond Uasa het ʼn vierjaar-loonooreenkoms aangegaan met vyf werkgewers in die plastiekbedryf.

Abigail Moyo, woordvoerder van Uasa, sê volgens die ooreenkoms sal werkers ʼn 6%-verhoging kry op hul minimumloon in jaar een en VPI-verhogings in jaar 2, 3 en 4. Die verhoogde loonooreenkoms tree terugwerkend van 1 Oktober 2021 in werking.

“Uasa is trots daarop om deel te kon wees van dié produktiewe loononderhandelings. Alle partye moet die ooreenkoms teen 13 Oktober 2021 onderteken. Uasa is vol vertroue dat die loonooreenkoms ʼn positiewe impak sal hê op die lewens en welstand van ons lede en alle werkers in die plastiekbedryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jr ·

UASA kom nie naby Soladariteit. Was een keer n lid. Nooit weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.