Uasa gekant teen afleggings by Sibanye-Stillwater

Die United Association of South Africa (Uasa) sal afleggings by die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater “met hand en tand” beveg, het die vakbond Sondag gesê.

“ʼn Beduidende getal Usasa-lede by Sibanye-Stillwater se goudmynbedrywighede het artikel 189-kennisgewings ontvang,” het Stanford Mazhindu, woordvoerder van Uasa, in ʼn verklaring gesê. “Uasa is deel van die artikel 189-proses by Sibanye-Stillwater. Ons sal die afleggings met hand en tand beveg.”

Suid-Afrika het een van die hoogste werkloosheidskoerse in die wêreld en die ekonomie het nie die kapasiteit om werkloses te absorbeer of om bestaande poste te beskerm nie, het Mazhindu bygevoeg. “Uasa sal met Sibanye-Stillwater in gesprek tree oor hul redes vir die beplande afleggings en ons sal voorleggings aan die maatskappy doen in dié verband.”

Mazhindu het gesê die vakbond is van voornemens om die maatskappy se keuringskriteria te beïnvloed wat bepaal watter werknemers oortollig verklaar word. “Ons sal kreatiewe metodes vind om afleggings te minimiseer, soos om dié werknemers elders in die maatskappy te plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Was daar al ·

Daai praatjies ken ek soos ñ resitasie. Gewoonlik die eerstes wat ingee. Sterkte mense van SS

PJC ·

Hierdie klomp staak hulself uit alles uit en as staak nie werk nie gebruik hulle geweld soos by Marikana so ek het geen simpatie met hulle nie.

Johan H. ·

Die beste kreatiewe metode wat julle kan vind om dinge te laat werk is juis dit,,WERK, Los die unies en werk, moennie raak soos daaie lot in die kabinet wat dink ons kyk op na hulle nie!!

aj ·

“Suid Afrika het die hoogste werkloosheid syfer in die wêreld!”

Hoekom?

Wat doen die ANC regime só verkeerd dat die werkloosheid aanhou styg?

Toksiese werkers (vakbonde) en ‘n toksiese regime! Teenoor werkgewers!

“… staan vandag en wag vir die bus
… wat hulle gister gebrand het!”

Enigste mense in die wêreld wat só maak!

ANC = SELFDESTRUCT

Dafer ·

aj jy vra “hoekom?” – Omdat ons niks daaraan doen nie! Dis hoekom!

Adrian ·

Ek hoop jul sink so diep dat jul nie eens kan uitspartel nie …VIVA

Snowball ·

Veg met “hand en tand” teen julle werkgewers. Dwing hulle om toe te maak; binnekort is daar geen kos in daai hand om te voer vir die tand nie, dan gaan mens se pens gou agterkom, mens het met die agterent gedink ipv met die harsings….

Phil ·

Veg met hand en tand dat niemand hulle werk moet veloor nie. En julle volgende geveg is weer n staking vir “twelve point five”

Db ·

Genugtig daar is net soveel vakbonde as politieke partye in hierdie land. Die een wil ‘n groter eier as die ander een lê en al wat uitbroei is groter gemors en korrupsie

christa ·

die vakbonde staak vir elke ding. Hulle weet hulle is self die oorsaak van afleggings maar hulle maak geld uit al hulle volgelinge. Dis soos kleuters wat “eendjie eendjie daar in ‘n ry ”
Almal volg almal. Hulle kan net nie hul verstand gebruik nie.

christa ·

dis reg ,maak soos Eskom, al verskil is dat hulle nie van nuttige mense wat iets beteken afle nie, maar van stakers eerste. Mense wat geen bydrae lewer nie maar net ‘n uitgawe is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.