Uasa wil Denel hof toe sleep oor salarisse

Die vakbond Uasa is besig met regstappe teen Denel omdat die staatsbeheerde verdedigingsfirma versuim het om sy werknemers op 25 Mei 2020 te betaal, soos ooreengekom.

Stanford Mazhindu, woordvoerder van Uasa, het gesê Denel het dus die indiensnemingkontrak verbreek. “Denel het aangedui hy sal ook nie salarisse vir Junie of Julie kan betaal nie,” het Mazhindu bygevoeg.

Denel is al sedert laat in 2017 in ʼn finansiële verknorsing toe hy nie volledige salarisbetalings kon maak nie. “Die finansiële krisis het voortgeduur totdat die departement van openbare ondernemings in April 2019 ʼn reddingsboei van R1,8 miljard aangebied het. Nou, skaars ʼn jaar later, is die maatskappy in dieselfde posisie en versoek ʼn verdere R576 miljoen terwyl hy nie sy verpligtinge teenoor sy personeellede kan nakom nie.”

Mazhindu het gesê Uasa sal nie toelaat dat sy lede by Denel die slagoffers word van finansiële wanbestuur nie. “Ons lede kan nie bekostig om ʼn enkele maand nie ʼn salaris te ontvang nie, laat staan nog drie of meer maande. Hulle het die reg om vergoeding te ontvang vir hul diens gelewer, kragtens hul indiensnemignskontrakte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charmain

Die unies verstaan net nie die konsep van as daar nie geld is nie is daar nie geld nie…dieselfde het by SAA gebeur. Daar was nie geld nie maar toe dink die unie dit goed om sy lede tot n staking aan te moedig en waar sit SAA vandag….

Michael 1

Dieselfde het met die mynbedryf gebeur so paar jaar terug en al wie gebaat het was die unie leier wat die onredelike staking aangeblaas het as daar nie meer geld is nie dan is dit so,pas aan of verloor alles

Sarel

Valbonde moes eerder werk gemaak.het van Denel.se swak bestuur. Nou dat die geld op isxwil julle hofvtoe hardloop. Jullechetvdie magvgehad om.beswasrcte masknteen die swak bestuurcvan Denel.

Hekwag

Denel behoort aan die staat (SOC). Dus, tensy die staat (Suid Afrikaanse regering) bankrot is (en dan moet hulle dit wêreldwyd so aankondig), MOET hulle die werknemers betaal! Ek het ook skuld maar ek betaal nogtans diegene in diens van my?! Mense kan nie op wind lewe nie.