UB40 sê SA-toer is onwaar

ub40‘n Video van een van die groep se bekendste liedjies, Red Red Wine, volg onderaan die berig. Die musiekgroep UB40 het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat hulle nie binnekort in Suid-Afrika gaan optree, soos adverteer word nie.

“Ons wil graag aan alle UB40-aanhangers in Suid-Afrika bevestig dat die huidige vertonings, wat by verskeie lokale adverteer word, nie eg is nie,” het die vyf oorblywende lede van die groep, Robin Campbell, Brian Travers, James Brown, Earl Falconer en Norman Hassan, gesê.

Die musiekgroep het gesê drie voormalige lede van UB40 het ʼn aankondiging gemaak oor verskeie optredes in die land. “Drie voormalige lede, naamlik Ali Campbell, Astro en Michael Virtue, tree bedrieglik op as UB40,” het die groep verduidelik. Die vertonings wat tans geadverteer word, is op 4 April om 17:45 by Val de Vie Estate in die Paarl in die Wes-Kaap en op 5 April om 12:00 by die Emmarentiadam in Johannesburg.

Campbell het al ses jaar gelede uit die groep bedank weens probleme met die groep se bestuur en volg intussen ʼn sololoopbaan.

“Hul optrede is immoreel en onwettig en ons sal die hof nader,” het UB40 gesê.

Die groep vergader intussen met Attie van Wyk, promotor van Big Concerts, om wel in die land op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.