Uber aanvaar nou ook kontant

Foto: ANA

Foto: ANA

Uber-gebruikers kan van Donderdag af ook met kontant begin betaal.

Gebruikers van dié huurmotordiens sal egter steeds die app moet gebruik, maar sal voortaan die “kontant”-opsie kan kies indien hulle verkies om eerder met kontant te betaal.

Alon Lits, Uber se hoofbestuurder vir Afrika suid van die Sahara, het gesê hulle het die besluit geneem aangesien “65% van Suid-Afrika se transaksies in kontant plaasvind”.

Lits het bygevoeg dat die kontant-opsie baie positief in Nairobi, Kenia, ontvang is sedert dit ʼn jaar gelede daar geïmplementeer is. Suid-Afrika is die eerste land waar dié stelsel in vyf stede gelyktydig geïmplementeer gaan word.

Uber het ook ʼn ooreenkoms met Eerste Nasionale Bank (ENB) aangegaan wat dit moontlik maak vir alle Uber-bestuurders wat by ENB bank om met heelwat minder kontant rond te ry. Indien hulle byvoorbeeld nie die regte bedrag kleingeld by hulle het nie, kan passasiers se rekeninge met die verskil gekrediteer word wat hulle dan kan gebruik vir ʼn volgende rit.

Uber het ook Donderdag bekend gemaak dat metertaxi’s nou ook hul app mag gebruik om kliënte op te spoor.

Dit kom nadat Uber-motors verlede week in Sandton deur metertaxibestuurders aangeval is aangesien laasgenoemde van mening is dat hul diens bedreig word deur dié app.

Daar is tans al meer as 4 000 Uber-bestuurders in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Uys ·

Mnr Lits. Hoeveel van die 4000 voertuie wat vir Uber werk het het al die nidige Transport permitte asook versekering soos vereis deur die Dept van Transport.
Een permit kan tot 1 jaar neem om uitgeryk te word NADAT die betrokke aansoeker se aansoek om die permit in die Government Gazette geplubieseer is.
Eers dan mag hy WETTIGLIK vervoer diens lewer vir klieënt wat betaal om vervoer te word.
Julle bedreif ń inwettige transport bedreif in SA.
Jul versekering sal ook nie uitbetaal as daar ń ongeluk is en jy nie permit op die voertuig het. JMPD moet al die voertuie ook skud soos wat hul met die toerimse bedreif se voertuie doen indien daar nie ń permit is nie.

Reinhardt ·

Soos in die woorde van Bob Dylan: “The times, they are a-changing.”

Feite ·

Ag Uys hulle is al so lank in die land en word gebruik deur allerdaagse mense wat gaan partytjie en nie wil bestuur huis toe nie. Dronk Bestuur is onwettig en eis baie lewens n jaar, moet iemand soos jy altyd fout soek. Mense het deesdae niks beter om te doen as om te kla oor alles nie.

risiko ·

Die kontant betaal verhoog risiko vir misdaad en stel bestuurder en gebruiker in gevaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.