Uber-drywer vasgebind, in kattebak geprop

Die polisie het die foto uitgereik van ʼn man wat hulle vermoedelik in die ondersoek kan bystaan.

ʼn 28-jarige Uber-bestuurder is glo deur twee mans ontvoer en sy motor gekaap in Bekkersdal naby Randfontein aan die Wes-Rand.

Die Uber-bestuurder het Maandagaand ʼn versoek op sy app gekry om twee mans in Soweto op te laai en na Randfontein te neem.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die twee mans tydens die rit die Uber-bestuurder versoek om op die R559 en toe Flowerweg af te draai.

“Die Uber-bestuurder is hierna glo met ʼn vuurwapen gedreig en beveel om stil te hou. Sy kop is bedek en sy hande vasgebind voor hy in die motor se kattebak geprop is.”

Masondo het gesê die vermeende kapers het met die man rondgery voor hy later in ʼn veld afgelaai is. “Hy is deur ʼn onbekende man bygestaan en die saak is by die polisie aangegee.”

Die polisie het intussen ʼn foto uitgereik van ʼn man wat hulle vermoedelik in die ondersoek kan bystaan. Enigiemand wat weet waar die man in die foto hom moontlik bevind, word versoek om die Bekkersdal-polisie by 011 755 8040/8069 of Stop Misdaad by 08600 10111 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yolandy ·

Dit is hartseer, bly hy het oorleef. Hulle moet klein weggesteek kameras binnein due ubers sit, dat die drywers asook passesiers veiliger kan wees

toy ·

Uber lyk my gaan nie regtig werk hier nie, hiers te veel kriminele.

Jollie ·

Niks wat in ander beskaafde lande werk, sal hier aard nie. Want hier beweeg ons terug na die ystertydperk voordat Jan Van Riebeeck geland het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.