Uber-drywers gevra om vir dié lisensies aansoek te doen

'n Skermskoot van die Uber-toepassing.

‘n Skermskoot van die Uber-toepassing.

Uber-bestuurders in Gauteng is versoek om vir dieselfde lisensies as metertaxibestuurders aansoek te doen om spanning tussen dié mededingers te verlig.

Ismail Vadi, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, het Donderdag gesê Uber-bestuurders moet so gou as moontlik vir dié lisensies, wat onderhewig is aan verskeie reëls en regulasies, aansoek doen. Hy het gesê sy departement sal die provinsiale regulatoriese entiteit wat vir die uitreik van openbare vervoerlisensies verantwoordelik is, opdrag gee om aansoeke van Uber-bestuurders vinnig te verwerk.

Vadi se voorstel kom ná samesprekings Woensdag tussen die Gautengse metertaxiraad (GPMTC) en Uber waar die twee partye op ʼn tydelike bedryfsraamwerk ooreengekom het. Volgens Vadi was die gesprek baie “konstruktief” en het dit gelei tot meer duidelikheid oor die verskille tussen die twee partye se dienste.

Die partye het ingestem om Saterdag ʼn bilaterale gesprek te hou om te bespreek hoe hul verhouding verbeter kan word.

“Alle partye het ingestem dat enige vorm van geweld en intimidasie teen enige diensverskaffer of hul kliënte totaal onaanvaarbaar is en dat indien ʼn voorval van hierdie aard plaasvind, wetstoepassingsagentskappe teen die oortreders moet optree,” het Vadi gesê.

Vroeër vandeesmaand het metertaxibestuurders ʼn onwettige betoging buite Uber se Johannesburg-kantore gehou en daar was bewerings van intimidasie en teistering teenoor Uber se werknemers.

Vadi het gesê sy departement sal voortgaan om die beginsels van vryheid van assosiasie en pendelaars se reg om hul vervoerdiens te kies, toe te pas.

Metertaxibestuurders is van mening dat Uber onregverdig voordeel trek in die vervoerbedryf aangesien hulle nie deur wetgewing beperk word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jean ·

Uber is n baie goeie diens. Gebruik dit meermale in pretoria.

Elfie ·

Die taxibestuurdes is net jaloers omdat hierdie ouens GOEIE kompetisie is, ordetnlik ry en mens veilig voel!

Anita ·

Uber-bestuurders is ordentlik, hulle karre is super-skoon, weet wat ‘n rooi verkeerslig beteken en respekteer ander padverbruikers. Hulle stop nie net waar hulle wil nie en hou by die spoedbeperkings. Ek het nog net skitterende diens van Uber ontvang.

Al kan ek gratis ry in ons taxis en metertaxibestuurders sal ek dit van die hand wys.

BJ ·

Anita, moet asseblief nie kommentaar lewer indien jy nie al die feite het nie. Uber voertuie het nie bedryfspermitte van die Dept. van Vervoer of publieke aanspreeklikheid nie. Wat gebeur indien jy in ‘n ongeluk betrokke raak terwyl jy in een van hulle voertuie is? Gaan jy tot R5 miljoen kan eis? Nee! Is hulle bestuurders tot op datum by SARS? Nee! Het hulle bestuurders openbare bestuurspermitte? Nee!! Is hulle al van 1956 af in bedryf? Nee!!

Word wakker en moenie die wettiglik geregistreerde metertaxi’s met minibus hooligans misgis nie!!

Anita ·

@ BJ: Moenie vir my sê word wakker as JY nie al die feite het nie, speel die bal nie die man!

Is ons taxi en metertaxibestuurders se SARS sake in orde hhmmm? Jy laat my lag, gaan speel met jou karretjies.

Ek sal onthou om jou permissie te vra volgende keer voor ek kommentaar lewer.

Ek staan by my punt, viva Uber!

BJ ·

Gelukkig het ek al die feite, ek besit 13 wettig geregistreerde metertaxi’s. My sake by SARS is reg, een van die vereistes vir die verkryging van permitte.
Feit bly staan Uber bestuurders bedryf onwettig sake, dus is daar geen versekering vir hulle passasiers nie. Nie eers hulle persoonlike versekering sal uitbetaal nie aangesien dit onwettige handeldryf is.
Nie lus of die tyd om met jou te redeneer nie.

Anita ·

Gaaaaap………. so gedink hie hie.

Ek is seker Uber se SARS sake is ook in orde.

Sjoe, is dit Uber se sukses wat jou so warm onder die kraag maak of kan ek so voorbarig wees om te glo dat jy MY welstand in gedagte het?

“Nie lus of die tyd om met jou te redeneer nie”………. Die toffie smaak lekker want ek wou dit nie eet nie.

Mooi dag verder

Elfie ·

Ag jinne BJ, Uber is fantasties. Jy het dalk ordentlike vervoerdiens maar ons vergelyk hier Uber met gewone taxis wat geen padreëls nakom, meeste van hulle is onpadwaardig, of hul bestuurlisensies “genuine” is, is ‘n ope vraag en belasting, ja dit is ‘n grap, daar is nie ‘n manier wat hulel betaal nie. Hulel hoef dan nie eers tolgelde te betaal waarom sou hul wil bydra tot die ekonomie deur persoonlike of besigehidsbelasting te betaal. Soos Anita sê, speel die bal, nie die persoon. Jy moet regtig kalmeer ou.

Anita ·

Skuus, dit moet só lees:

“….taxis en metertaxis……”

Dave ·

…en askies Anita dat die ‘i’ nie geregistreer het by die skryf van jou naam in my vorige kommentaar. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.