Uber-kapers sit lank

Argieffoto

Twee mans is in die Belville-handelsmisdaadhof in die Wes-Kaap gevonnis nadat hulle Uber-bestuurders gekaap het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Andrew Nhasri (32) en Mike Masozho (22) is aanvanklik op 7 Junie 2017 in Goodwood in hegtenis geneem nadat vier sake van kaping van Uber-voertuie in Belhar, Delft, Mfuleni en Goodwood aangemeld is.

“Die twee mans het tydens Mei 2017 en vroeg in Junie 2017 Uber-taxi’s in Bellville bestel en op pad na hul bestemming, het die vermeende passasiers die bestuurder met pepersproei aangeval, hulle van agter gewurg en met vuurwapens gedreig. Hulle het daarna die Uber-bestuurders van hul besittings en voertuie beroof.”

Nhasri is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis op drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede (45 jaar) en vyf jaar op aanklag van roof.

Masozha is tot 12 jaar tronkstraf elk gevonnis op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede (24 jaar), vyf jaar op ʼn bykomende aanklag van roof met verswarende omstandighede en vyf jaar op aanklag van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christa ·

Pragtig. Laat sulkes uit die samelewing wees. Ons Kan doen sonder hulle soort

$ ·

Hoekom kan verkragters en moordenaars nie ook sulke lang strawwe kry nie? Hul vonisse word meestal samelopend uitgedien, wat beteken dat hulle in werklikheid korter sit as hierdie kapers.

Hoop die ander regters en landdroste leer hieruit wat ´n gepaste vonnis werklik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.