Uber spreek kommer uit oor wysigings aan vervoerwet

Die Uber-app. Foto: iTunes

Uber het Maandag sy kommer uitgespreek oor sommige van die voorgestelde wysigings aan die nasionale Wet op Padvervoer.

Dié wysigings sluit in ʼn klousule wat dit stel dat digitale taxidiens-operateurs vir geen bestuurder toegang tot hul stelsels mag gee sonder die nodige operateurslisensie nie.

Maatskappye wat versuim om gehoor te gee aan dié klousule kan ʼn boete van tot R100 000 op die lyf loop. Die bestuurders kan ook beboet word of twee jaar tronkstraf ontvang.

Uber voer aan dat bestuurders tans reuse-agterstande ervaar om hul permitte te verkry van plaaslike owerhede in die stede waar hulle aktief is. In baie stede is dit glo “eenvoudig net nie moontlik” om dié permitte te bekom nie.

“Daarom stel Uber voor dat die implementering van hierdie klousule asook enige sanksies teen die bestuurders self vertraag word totdat die huidige uitdagings wat deur openbare vervoeroperateurs ervaar word, opgelos is,” het Uber gesê.

Alon Lits, algemene bestuurder van Uber in Afrika suid van die Sahara, het gesê die permituitreikingstelsel en -prosedures van baie van Suid-Afrika se groot munisipaliteite is foutief. Dit het volgens Lits reusevertragings en agterstande van tot 18 maande tot gevolg.

Daar is tans sowat 12 000 aktiewe Uber-bestuurders in Suid-Afrika waarvan baie die hoofbroodwinners in hul gesinne is.

Volgens Lits sal sowat 9 000 mense hul werk verloor as die huidige stelselprobleme nie opgelos word voordat die voorgestelde nuwe klousule in werking tree nie en sowat 27 000 afhanklikes van die digitale taxi- industrie sal negatief beïnvloed word hierdeur.

Uber het ook voorgestel dat die minister van vervoer moontlik ʼn klousule insluit wat bestuurders toelaat om wettig handel te dryf as hulle ʼn volledige permitaansoek gedoen het en ʼn strokie as bewys daarvoor het en net nog wag vir die lisensie om deur die munisipaliteit uitgereik te word.

Lits het ook bedenkinge oor ʼn klousule in die wysingingswetsontwerp uitgespreek wat alle digitale taxidienste sal verplig om spesiale kentekens aan te bring om hulle te identifiseer.

“Uber-bestuurders ervaar steeds baie hoë vlakke van intimidasie en selfs geweld van ander deelnemers in die vervoerbedryf. Ons is bang dat spesiale kentekens ʼn toename in dié geteikende aanvalle te weeg sal bring,” het Lits gesê.

Uber wil ook hê die departement moet die mag wat lisensiëringsowerhede oor die liggings waar digitale taxidienste mág handel dryf heroorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lanke ·

Kry tog net ons eie land sodat ons nie verder deur die outydse autokratiese regering voorgese kan word wat om te doen asof ons aan hulle behoort nie.

zoom zoom ·

Dit gaan nou oor om stemme te werf vir 2019 se verkiesing.

Nita ·

Uber lewer n uiters noodsaaklike diens. Soos gewoonlik is regerings instansies agterstallig en vertraag met alles. Nou word mense gedwing om onwettig op te tree of om hul bedrywighede te staak en sodoende verloor nog n klomp mense hulle werk.

Peet Schabort ·

As ek so kyk na my mislikepale rekenings se deurmekaarspul soos groentesop dan sien ek net nag vir hulle.

Hennie ·

Die ANC wil werk skep…narre! Hulle wil alles vernietig! Hou die swartman uit die werk en arm, want dit is die gemiddelde profiel van sy kieserskorps!

bgj van der westhuizen ·

ja blok mense wat wil werk oor mense wat nie wil werk nie en alles op hou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.