UDM betwis SAL-ooreenkoms in hof

UDM-leier Bantu Holomisa. (Foto: Zanele Zulu/ANA)

Die UDM gaan die minister van openbare ondernemings hof toe sleep oor die beoogde verkoop van ʼn 51%-aandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aan die Takatso-konsortium.

Pravin Gordhan het vroeër bekend gemaak dat die konsortium, bestaande uit Global Aviation en Harith General Partners, die meerderheidsaandeel in die lugdiens gaan bekom. ʼn Herrie woed sedertdien oor die transaksie, veral weens Harith se betrokkenheid as sleutelvennoot.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat meestal staatsamptenare se pensioene bestuur, besit 30% van Harith General Partners.

Tshepo Mahloele, nou uitvoerende hoof van Harith, was destyds die hoof van korporatiewe finansies by die OBK toe Harith met OBK-beleggings op die been gebring is. Hy het die OBK later verlaat om by Harith aan te sluit.

Harith General Partners is boonop deur die Mpati-ondersoek noukeurig bekyk weens die verhouding tussen die OBK en die maatskappy. Die kommissie het onder meer bevind Harith, wat aangestel is om die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) te bestuur, het baie hoë gelde daarvoor gevra.

In die verslag is uiteindelik aanbeveel dat die OBK en die GEPF saam so gou as moontlik ʼn onafhanklike ondersoek na Harith laat doen. Dié ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Mahloele ontken bewerings van enige wangedrag.

Daar was die afgelope ruk ook toenemend vrae oor hoe Harith die geld gaan bymekaarmaak om die aandeel in die SAL te finansier.

Bantu Holomisa, leier van die UDM, sê nou die party het Maandag met sy regspan vergader om regstappe teen die transaksie te bespreek.

“Die hele SAL-ooreenkoms was newelagtig en dit is onduidelik hoe die regering Harith as vennoot geprioritiseer het, gegewe die negatiewe bevindings wat die Mpati-kommissie daaroor gehad het.

“Die UDM het dus besluit om ons prokureurs opdrag te gee om min. Gordhan se besluit in die hof te betwis,” sê Holomisa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Willempie ·

“newelagtig” wat ń pragtige afrikaanse woord. Ek moes dit gaan opsoek… = “hazy”. Mooi so Christel.

Blikkies ·

Willempie, Ek het aanvanklik gedink dit was ‘n tik fout en toe ek jou pos lees, weer gaan kyk, en dit maak sin. Netjies.

Kokerboom ·

Waar daar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie..verseker!!!ALLE transaksies deur Staat beplan moet vroegtydig deur ‘n deeglike onafhanklike forensiese ondersoek voorafgegaan word

Keith ·

Aha! So it seems that this SAA transaction has shareholdings that look like the web of ANC intrigue. The PIC has shares in Harith, and Harith was established with funds FROM the PIC at a time when Mahloele was head of corporate finances at the PIC, and Mahloele had then left the PIC and joined Harith ! The so called Mpati-investigation was supposed to investigate PIC and Harith. And.. to crown it all Harith were appointed to manage the GEPF. Wow, so someone may have been correct when they suggested a couple of months back, that the ANC would probably try and use GEPF monies to bale out SAA. The ANC boytjies are clever hey .

Elinette ·

Het enige iemand nou gedink dat die beleërde SAL se “woes” iets van die verlede is? NATUURLIK was daar wees ‘baantjies vir boeties’ geskep en NATUURLIK staan die ANC-kaders op aandag in ‘n ry, met die klein potjies onder die arm om uit die groot pappot te SKEP!!!

Mariana ·

Moes geweet het daar is weer iets onderduims aa n die gang. Die mense is onstuitbaar in hul dingetjies, altyd besig met iets.

Anoniem ·

Ag Kokerboom, as hul sover soos forensies moet gaan, sal “Apartheid” seker weer die skuld kry
vir SAL se ondergang. Jy sien, die damme is mos te groot gebou deur apartheid, daarom
is daar nie genoeg water nie…..so die SAL het seker te veel vliegtuie wat onderhou moet word en daarom is daar nie geld vir die vlugte nie. Die dom “Apartheid”…..hoe kon hul tog sulke foute begaan het in daardie jare om ………………………………………

Rian ·

Tydens die mensdom se bestaan, was daar nog nooit so n kolleksie van diewe, boewe, geweldenaars, leunaars, skelms en wat nog, in een politieke party nie.

Sarel ·

Dis reg maak u stem dik …veral as die groter partye dit nie wil dien nie

Filistyn ·

Hulle wil al baie lankal hulle hande in die staatspensioenfonds kry- en hierdie is ‘n gulde geleentheid,

Pieter ·

Ou gordhan is die grootste anc kommunis wat daar is. Hy is baie slimmer as wat ons dink. Het en sal hom nooit vertrou nie.

Blikkies ·

Lekker Christel, ek dink ons almal weet daardie ooreenkoms was newelagtig? Ek hou van die woord.

Raakvatter ·

Who cares. Wie vlieg nog SAA? Ek doen al baie lankal net BA. Puik diens. Of AF as ek Europa moet besoek.

Yvonne ·

O wee my verseker is hier weer n slang in die gras…..baie giftige een daarby

Chris ·

Die hele SAL redding/ontwaking is ‘n opperste kriminele aangeleentheid. Geen maar soos in geen aksie/inisiatief wat die regime aanpak is suksesvol nie, behalwe rampokkery en verduistering.

christo ·

Ons moet onthou dat dieSAA die LP’s en ministers se ‘ sous plane ‘ is. Hoe anders kan ons nou verwag dat hulle in eerste klas kan vlieg? Die SAA is nie volhoubaar as ‘n besigheid nie. En nou word daar weer op die GEPF pensioenfonds ‘beslag’ gelê deur die korruptes om wéér verder korrupsie te pleeg. Geen mens kan die ANC vertrou nie, ingesluit Gordhan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.