UDM eis antwoorde oor gratis hoër onderwys

bantu-holomisa

Bantu Holomisa, leier van die UDM. Foto: http://udm.org.za

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM), het Dinsdag gesê pres. Jacob Zuma moet meer noukeurige inligting verskaf aangaande gratis hoër onderwys om sodoende ʼn krisis by universiteite en kolleges landwyd te vermy.

Holomisa het gesê die UDM is bekommerd oor die uitsprake van talle politieke leiers dat studente by die aanvang van die 2018 akademiese jaar bloot by universiteite moet opdaag. Hy sê talle universiteite het reeds aangedui dat hulle nié die registrasies sal aanvaar nie.

“Ons wil beslis nie ʼn situasie sien waar polisiehulpbronne gebruik gaan word om ontevrede studente te hanteer wanneer hierdie beloftes nie materialiseer nie,” het hy gesê.

Holomisa het gesê die regering kan nie tot Februarie wag vir Malusi Gigaba, minister van finansies, om die fynere besonderhede oor gratis hoër onderwys te verduidelik nie omdat dit dan reeds “te laat sal wees”.

Hy het gesê Zuma moet die universiteite én die kapasiteit wat elke universiteit kan dra, respekteer deur onmiddellik die onduidelikheid oor die saak op te klaar.

Dit kom nadat Julius Malema, leier van die EFF, die afgelope naweek ʼn beroep gedoen het op “akademies verdienstelike studente” om teen die begin van die akademiese jaar by die akademiese instansie van hul keuse aan te meld.

Hy het gesê enigiemand wat in die verlede matriek geslaag het, “maar nou as petroljoggies, in die kleinhandel of as veiligheidswerkers werk omdat hulle nie universiteitsgeld kan bekostig nie”, moet net by ʼn tersiêre onderriginstansie aanmeld. “Die EFF sal by die hekke van al die onderriginstansies wees om seker te maak daar word nie voorkeur gegee aan diegene wat kan bekostig om te studeer nie,” het Malema gesê.

Malema se uitsprake kom nadat Zuma einde verlede jaar in ʼn omstrede aankondiging gesê het studente wat vir tersiêre onderrig kwalifiseer en uit ʼn huishouding met ʼn gekombineerde jaarlikse inkomste van R350 000 of minder kom, se studies aan openbare universiteite en kolleges wat tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding bied sal van 2018 ten volle gesubsidieer word.

Zuma het ook gesê daar sal nie enige verhoging in klasgelde wees vir studente uit huishoudings wat tot R600 000 per jaar verdien gedurende dié akademiese jaar nie. Die plan is om die subsidies oor die volgende vyf jaar in te faseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Glo ·

Glo net, dit is nog nie die einde van wonderwerke. Ek wonder net watter werke?

Lukie Carelsen ·

Die rede hoekom pres Zuma die gratis hoër onderwys aangekondig het, sonder enige bespreking of raadpleging met die tesourie en die minister van finansies, is baie eenvoudig. Hy het probeer stemme werf vir sy vrou Nkosazana Dlamini-Zuma om as president vd ANC verkies te word! (Sy tydsberekening was uitstekend).

Hy het weer net aan homself gedink en die land in ‘n potensiële krisis gedompel, sonder om oor enige gevolge wat dit vir die mense van S.A. inhou, in ag te neem nie.

Hy is tog nie só onnosel om nie te kon besef dat die finansiering van sy ondeurdagde, sotlike aankondiging, slegs deur ‘n bykomende las op die belastingbetalers te plaas, haalbaar is.

Zuma is nou soos ‘n gewonde buffel wat na strooihalms gryp om te oorleef. Hy het gedink hy gaan wegkom maar siedaar, sy kop gaan rol!

Nog nooit in die geskiedenis van S.A. was daar so ‘n weersin, uit alle oorde, in ‘n president nie. (Skande, skande, skande! Het die man geen selfrespek of gewete nie?).

Hoe gouer hy loop en sy regmatige plek agter tralies gaan inneem hoe beter! Dis waar hy hoort!

Dinarie ·

Hierdie “eiegeregtigde” besluit is verkondig om algemene wanorde te skep by alle Universiteite sodat n algemene “Noodtoestand”afgekondig kan word waarna Mnr Z homself as diktator aanstel en die land regeer by wyse van dekrete.
So word alles wat by NASREC gebeur het ongedaan gemaak en Mnr Z bly vie lewenslank uit die tronk vir sy misdade.

Koos1 ·

Dit het in 1976 gewerk. En dit werk in baie lande, laat die student jou vuilwerk verrig.
Ek het nogal vermoed dat Zuma sulke “tricks” in sy mou het.
Ons het duidelik nie die einde van hom gesien nie, behalwe as die ANC nou dadelik teen hom optree. Dit het in Zimbabwe gewerk om vining (en vinniger as wat Mugabe verwag het en kon planne maak) op te tree.

BB ·

Ek is nou nie n kenner op die gebied nie, maar ek sien hier kom groot moeilikheid sodra registrasie gaan begin. N paar universiteite gaan in die slag bly. Ongelukkige studente en met die aan hittsing van Malema gaan hulle die plekke afbrand. Polisie gaan hulle hande vol het….

Marius ·

Zuma en Malema werk saam agter die skerms. Al die kamptige vyandigheid is net oe verblindery.

Oumie ·

Ek het ook ‘n idee iemand is maar net iemand anders se handperd.

Hanna ·

Dankie mnr Holomisa dat jy enigsins jou mond oopmaak, want die ander politieke partye het tot dusver geswyg oor hierdie kwessie. Hier kom groot moeilikheid. Dis virseker!

ANONIEM ·

Ja gee asb meer duidlikheid aangaande die toespraak wat gemaak was want dit gaan Gaos veroorsaak.

Vryheid ·

Anc en eff werk weer pragtig saam, ook nog nooit geglo hulle is vyande nie. Groot konflik wag vir ons in die land nog, tussen die praaitjies van grondonteining en gratis hoer onderwys gaan daar bloed vloei.

PJC ·

Dit is duidelik dat Malema en JZ dieselfde doelwitte het en dit is om chaos te veroorsaak. Dit wil lyk of 2018 ń woelige jaar gaan wees. As iemand nie op ń manier van JZ ontslae kan raak nie kom hier dalk groot moleste.

Blue Butterfly ·

Hier gaan nog bloed vloei oor Malema se uitspraak en ek is bevrees ‘n paar jongmense gaan hulle lewens verloor – hetsy werklike studente of “regstellende studente”. Waarom is die opposisiepartye so stil oor hierdie aangeleentheid?

bgj van der westhuizen ·

wel wel is die mense nou besig om wakker te raak en te sien die land stuur op n ramp af
die anc speel die party wat goed is en die eff speel as die slegte party maar hulle werk saam om n doek oor alles te gooi en te doen wat hulle van af die begin beplan het

ANTI MALEMA ·

Nou wat verwag julle? Dat die polisie moet stilstaan terwyl die studente weer die universiteite en tersiere inrigtings AFBREEK omdat Malema gese het hulle kan gaan studeer WAT hulle wil, solank hulle net Matriek deurgekom het? Nie almal kan gaan studeer wat hulle wil nie, daar is ‘n keuringsproses, en met sekere vakke en met sekere persentasies in sekere vakke kan jy NIE net in ‘n rigting ingaan wat ‘n beter punt in ‘n betrokke vak vereis nie. As jy bv nie wiskunde of wetenskap gehad het nie kan jy nie Medies of ‘n BSc rigting gaan studeer nie, so word daar ook net ‘n sekere hoeveelheid studente in elke studierigting toegelaat omdat daar net soveel klasse/dosente/hulpbronne is .. so julle laat toe dat JULIUS mense aanhits tot geweld en onwettige optrede maar dan mag die POLISIE niks doen nie? VAT EERDER MALEMA aan, hy is die oorsaak van al die probleme.

Eier ·

En een vd dae gaan Malema sê dat alle “minder bevoorregte” studente hul eksamens moet slaag, sonder dat eksamens geskryf is, met die gevolg dat ons met patetiese dokters, ingenieurs, ens. gaan sit, net sodat hul beter beroepe kan volg as dié wat werklik geleer en gewerk het om daar te kom. Skandelik!

$$$ ·

Wie het sommer so sulke hoë inkomste??? Niemand vra eers daai vraag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.