UDM ondersteun Amcu-staking

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM) het Saterdag gesê mynwerkers by die platinummyne in Rustenburg moet nie hul staking laat vaar nie.

“Moenie die wit vlag hys nie, moenie opgee nie,” het Holomisa tydens sy verkiesingsveldtog by Vryheidspark gesê. Holomisa sê die UDM deel in hul moeilikheid en ondersteun hul strewe na hoër salarisse.

Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Lonmin. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500 per maand.

Holomisa het R10 000 tot Amcu se stakingsfonds bygedra om mynwerkers tydens die staking te help.

Die onderhandelinge het Donderdag ʼn dooiepunt bereik toe die partye nie ʼn skikking kon bereik nie.

Amplats en Implats bied tans 10% aan en Lonmin bied ʼn verhoging van 9.5% aan.

Intussen het Solidariteit Helpende Hand die platinumgordel tot ʼn gedeeltelike rampgebied verklaar. Rustenburg, Brits en Mooinooi is hierby ingesluit. Die organisasie het Donderdag tien ton kos tydens uitreikaksies in Mooinooi en Rustenburg aan Solidariteit-lede versprei wat gebuk gaan onder die voortslepende staking. Klik hier om meer te lees.

Klik hier om die volledige gallery te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

as hulle moet aanhou staak hoekom gee hulle eie mense nie vir hulle kos elke maand nie,hoekom moet ander vir hulle regstaan kom by Holomisa jy kry geld en hulle nie .Toy toy is julle naam en staak julle van

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.