UDM-raadslid vra om verskoning ná onderonsie met Cope-LP

Skermgreep uit ‘n video van een van die onderonsies tydens ‘n raadsvergadering op 29 Maart 2018 in Nelson Mandelabaai

Mongameli Bobani, raadslid UDM in Nelson Mandelabaai, het om verskoning gevra ná ʼn onderonsie met Deidre Carter, Cope-LP, tydens ʼn chaotiese raadsvergadering Donderdag waar ʼn mosie van wantroue in burgemeester Athol Trollip op die agenda was.

Bobani het in ʼn e-pos aan Bongani Msomi, sekretaris-generaal van die United Democratic Movement, gesê indien hy doelbewus aan Carter geraak of teen haar gestamp het, vra hy onvoorwaardelik om verskoning. “Die mense het rondbeweeg en meubels getref en teen mekaar gestamp tydens die chaotiese raadsvergadering op 29 Maart,” het Bobani verduidelik.

“My verslag van die voorval, aan kollegas, die verslag van me. Carter en die verslag van die talle ooggetuies wat in die media gepubliseer is, laat my net met een gevolgtrekking: dat niemand in die hitte van die oomblik objektief kan onthou wat presies gebeur het tydens die sewe ure van pandemonium nie,” het hy bygevoeg. “Ek is jammer dat me. Carter enige ongemak, ongerief of bedreiging ervaar het, veral aangesien sy ʼn gas van die metro was tydens die voorval.”

Volgens mediaberigte het Bantu Holomisa, leier van die UDM, gesê hy het 14 dae om te besluit of enige stappe gedoen sal word teen Bobani nadat hy Carter glo tydens die drama hardhandig hanteer het.

Carter het gesê sy is geskok oor die gedrag van die afgedankte adjunkburgemeester Bobani en dat sy Holomisa hieroor gekontak het, het die Herald Live berig.

Ná agt ure van drama, verdagings, vurige debatte en talle ontwrigtings, is die mosie van wantroue in DA-burgemeester Trollip met twee weke uitgestel.

Die spesiale raadsvergadering was vir 08:00 geskeduleer en mosies deur die EFF, die ANC en kleiner minderheidspartye sou bespreek word. Die mosies sluit ʼn versoek in om Trollip, speaker Jonathan Lawack, hoofsweep Werner Senekal en die hele burgemeesterkomitee af te dank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Skan ·

Bobani het nie eintlik iemand nodig om hom te verneder nie. Hy doen dit sommer self. Nie eers stout kinders gaan so aan in die klas nie. Daar is geen leierskap nie. Hulle almal hoort nie daar nie. Slegte voorbeeld vir al hul kiesers. Dit lyk my as jy geen talent of kennis het nie, dan sluit jy aan by ń SA politieke party.

Oom Piet ·

Bedreiging, rondstamp, ruk of pluk aldus oormags aanranding van vroue en/of kinders deur ‘n man is baie ernstig krimineel strafbaar. Kry getuies en bewyse van die voorval, en met regsbystand dien onverwylt kriminele klag in by Polisie. Laat die Hof volgens wet die buffel hokslaan.

Rene ·

Ek het die sirkus op tv dopgehou en het verstom gekyk hoe die ‘leiers’ tekere gegaan het. Ek het skaam gekry as n Suid Afrikaner om te dink dat ander lande hierdie spektakel en gebrek aan self respek en waardigheid sal tipeer as die tipiese gedrag van ons leiers.

Oom Kalahari ·

Dit is regtig kommerwekkenddat gevalle van geweld nou gereeld plaasvind by Raadslede asook Parlements lede(Rooikeppies). Om toerusting soos stoele, water bottels ens te gebruik gee swak indrukke na die publiek asook kinders. Toon darem respek tot mekaar en bly objektief. Om ‘n vrou rond te ruk en pluk of stamp is ‘n toonbeeld van jou werklike optredes en is aanranding. Bly koel en kalm onder druk al is jou bloedmonster al by kookpunt en die eier in jou agterent al klaar gaar gekook.

Basjan ·

Pleeg ‘n misdaad, vra om versioning en alles is weer “honky dory” in die nuwe Suid-Afrika.

Basjan ·

Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou.

Meng jou met die varke, dan moet jy semels vreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.