Uitbuiting van plaaswerkers sal nie geduld word nie, sê LUR

Argieffoto (Foto: Du Preez de Villiers/Maroela Media)

Die LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mase Manopole, het ʼn versoek gerig vir verbeterde werkstoestande van plaaswerkers in die Noord-Kaap.

Manopole het Sondag gesê sommige plaaswerkers word steeds onderwerp aan ongunstige werk- en lewensomstandighede. “Die reg tot regverdige en gunstige werkstoestande, ʼn goeie lewenstandaard en die voorsiening van voldoende gesondheidsorg is fundamenteel om die lewensomstandighede van plaaswerkers en plaasbewoners te verbeter. Plaaswerkers en plaasbewoners se regte is ook menseregte, soos opgeneem in die Handves van Menseregte,” het Manopole op Menseregtedag gesê.

Dit kom ná ʼn rits berigte wat deur die departement aangeteken is van die manier hoe plaaswerkers hanteer word. Sy het gesê dié oortredings kom gereeld voor, veral in gebiede soos Phokwane (Jan Kempdorp, Pampierstad), Siyancuma (Douglas, Griekwastad) en ZF Mgcawu (//Khara Hais, !Kheis)-munisipaliteite.

Manopole het gesê dinge kan nie normaalweg voortgaan terwyl plaaswerkers se regte geskend word nie. “Afdankings en uitsettings duur onverpoosd voort. Die departement se beamptes sukkel om ʼn oorsigtelike rol te speel en om nakoming te verseker omdat hulle toegang tot plase verbied word.”

Sy doen ʼn beroep op enigiemand wat mishandel is of wat gesien of gehoor het hoe plaaswerkers uitgebuit word, om die saak by die naaste polisiestasie, die departement van indiensneming en arbeid, die departement van landbou of vakbonde aan te meld.

Sy sê haar departement bevorder die volgende regte wat betref plaaswerkers en plaasbewoners:

  • vryheid van assosiasie, insluitend die reg om vrylik vakbonde te vorm en by vakbonde aan te sluit en kollektief te onderhandel;
  • die reg van kinders se toegang tot veilige opvoeding en beskerming;
  • die reg tot ʼn behoorlike lewenstandaard, gesondheid en welstand;
  • toegang tot regeringsdienste soos gesondheidsorg, basiese munisipale dienste, maatskaplike welsyn en geboorteregistrasies;
  • toegang tot grond; en
  • sekuriteit van grondbesit.

Die minister van indiensneming en arbeid het intussen onlangs wysigings aangekondig oor die nasionale minimumloon en die nuwe minimumloon vir 2021. Plaaswerkers sal ʼn minimumloon van R21,69 per uur ontvang, het Manopole bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter ·

Gee jy dan vir hulle werk as hulle dan nou volgens jou so sleg behandel word

Wakkerslaper ·

Ek weet nie van een Boer wat sy werkers met kettings vasbind nie… die plaaswerkers is baie welkom om te loop en ander werk te gaan soek as hulle nie tevrede is nie.

Blikkantien ·

Sekuriteit van gronbesit? Die arme boere is dan nie eers seker van hulle eie sekuriteit van grondbesit nie.

Persheks Adri ·

Niemand dwing hulle om op plase te werk nie hoor en vir jou informasie: die boere kyk eintlik na die werkers! Laat hulle dan gaan bakhande staan by Cyril en kaders pffft as julle beter na hulle kan kyk! Soek net verskonings om te baklei oor snert

Piet parys ·

So al wat dit beteken is dat daar meer plaaswerkers sonder werkgewers gaan sit , met uitlatings deur ministers in lugversorgde kantore wat dik geeet is , met voedsel verskaf deur boere en weet nie wat op plase aangaan nie. So al wat ek voorstel is soos in Amerika dat plase familie plase raak en dus geen werk verskaf vir buitestaanders nie . Dan kan hulle maar vir die bankrot regering gaan werk . Toe ek vir n baas gewerk het is daar vir my gesê as jy nie gelukkig is om volgens reels te werk nie bedank dan .

Jack ·

In Amerika sê hulle “You don’t hire if you cant fire.” Geen regering kan enige werkgewer dwing om mense in diens te neem nie. Die regerings se pogings in hierdie verband is teenkonstruktief omdat dit weerstand wek by werkgewers maar ook by werkers om regtig te werk. By baie werkloses het die geadte ontstaan dat ‘n werk ‘n tipe toegangskaartjie is waar jy elke maand ‘n slaris kry maar nie veel hoef te doen nie want jy mag nie afgedank word nie. Hulle dink blykbaar R10 note groei aan bome want dis mos groen.

Johnny ·

” ʼn Goeie lewenstandaard” en die voorsiening van voldoende gesondheidsorg (deur die werkgewer) is nou ewe skielik ‘n mensereg? Volgende ding is ‘n loon ook ‘n reg en jy hoef nie eers meer te werk daarvoor nie.

Jack ·

‘n Loon is ‘n reg. Ja dis glad nie vergesog nie. Daar word reeds hiervoor voorspraak gemaak met die gedagte van ‘n “basic income grant” Ek wonder net waar gaan die geld vandaan kom..

N ·

Plaaswerkers word mos die minimum loon betaal. Hulle kan daarmee doen wat hulle wil om hul eie lewensomstandighede te verbeter. Meeste boere bied vir hul werkers verblyf, water, krag en soms kos ook. Dink jouself in as plaas werkers dit ook self moes betaal. Waar gaan dit stop?. Moet hulle motors, medies, pensioen ens ook kry?

jzjz05 ·

Kan die LUR vir ons n bietjie uitspel wat is die regte van die boer waarteen hy diskrimineer met wette wat skree van rassime

Strandloper ·

Die kader vergeet die balangrikste. n Boer het ook die reg om te leewe!

daniel ·

So sien n heel klomp werkloses wat die gevolg van die regering se minimum loonwet gaan wees
Werkers besit die reg om self te besluit oor die prys vir hulle arbeid .
Indien die regering dit afdwing verval demokrasie totaal.

Jack ·

Die woord demokrasie beteken glad nie meer wat dit oorspronklik bedoel het nie. Vir die sosialis/kommunis beteken dit hy/sy regeer. As enige iemand ander die tamboer slaan is dit rassisties. Sosialiste/kommuniste glo nie aan God nie maar klou tog vas aan die idee dat hulle ‘n godgegewe reg het om te regeer, want hulle allen besit die bron van alle waarheid die kommunistiese manifes. Jy kom nerens in ‘n argument met hierdie mense nie. Jy kan nie met hulle redeneer nie of ‘n ewewigtige gesprek voer nie. HUlle is altyd reg in eie oë.

Sarel ·

Die Regering is die mense wat Plaaswerkers iitbuit en
Werkloosheid bevorder

Elize ·

Dis net nog ‘n manier van onrus stook. Niemand dwing hulle om plaasarbeiders te wees nie. Wie van die lede in die parlement betaal hulle werkers die minimum loon? Om ‘n wit vel te he beteken nie jy het ‘n vet bankrekening nie.

Christo ·

AL wat die slim regering vermag is om boere te dwing om te meganiseer…….uiteinde is dat daar nie meer werk vir die mense is nie

Regverdigheid ·

Meer en meer gaan sonder werk sit ….. Gee vir hul werk Cele en al daai voordele want ons plaas boere word uit vermoor , en neeeee wat word gedoen om hul te beskerm net mooi niks.

Blikkies ·

Daardie Mense Regte wat sy so uitstippel kan nie sy of haar regering self nie eers self nakom nie.

Dup ·

Die uitbuiting en uitwissing van plaasboere sal ook nie geduld word nie,maar ons regering staan en toekyk terwyl dit gebeur!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.