Die burgerregte-organisasie het met Phahlane, asook provinsiale polisiekommissarisse vergader om die wyse te bespreek waarop plaasmoorde geprioritiseer kan word en hoe AfriForum hiermee kan help.
“Dit is wonderlik dat AfriForum die prioritisering van plaasmoorde geïnisieer het. Ons hoop dat ons deur ons samewerking ʼn verskil in landelike gebiede en gemeenskappe kan maak,” het Phahlane gesê.
Phahlane het vroeër vanjaar in die media aangekondig dat plaasmoorde groter prioriteit moet geniet en het vandag bevestig dat die SAPD op ʼn proaktiewe wyse dié unieke misdaad sal hanteer.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die burgerregte-organisasie was besorg dat die polisiekommissaris slegs met hierdie stelling plaasmoorde erken het, maar nie daadwerklik sou optree om dit te prioritiseer nie. “Indien die SAPD se planne korrek geïmplementeer kan word, is ons positief dat daar ʼn afname in plaasmoorde en -aanvalle kan wees.”
Phahlane het beklemtoon dat gemeenskappe ook aktief ʼn rol moet speel in die stryd teen plaasmoorde. Die SAPD gaan ook met ander landbou-organisasies oor die kwessie in gesprekke tree. “Vandag is bevestiging dat daar toewyding van verskillende rolspelers is om daadwerklik ’n verskil te maak.”
AfriForum het nie net bepaalde voorstelle aan Phahlane gemaak nie, maar ook ’n petisie oorhandig waarop meer as 100 000 beswaarde lede van die publiek eis dat plaasmoorde geprioritiseer word.
“Dit is nóú die beste geleentheid om ’n werklike impak te maak, en dit is belangrik dat soveel moontlik lede van die publiek wat AfriForum se besware oor plaasmoorde deel, dié petisie onderteken,” het Roets gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
44 Kommentare
As dit realiseer sal dit die beste ding wees wat Afriforum nog vir Suid-Afrika gedoen het
DIE SAPD EN AFRIFORUM het hul vanaand op SABC2 liederlik in die voete geskiet met hul polities korrekte stelling:”Plaasmoorde word gepleeg deur buitelanders”.Werklik? In 2008 het n boer op die program, Spektrum getuig dat toe hy van die dorp terugkeer het vyf aanvallers vir hom gewag.Hulle het op hom gevuur, maar kon hom nie raakskiet nie! Die boer het teruggeskiet en een aanvaller doodgeskiet.Toe die boer ondervra word en hul hom vra wie dit was, antwoord hy soos volg:”Hierdie ouens was professioneel opgelei!” Interessant ne? As plaasmoorde deur buitelanders gepleeg word soos wat SAPD EN AFRIFORUM nou beweer dan sou… Lees meer »
Ek gaan nou ten enemaal positief wees hieroor en glo dat dit wat gesê en verklaar is werklik gaan realiseer.
Theuns, ou grote, die stadsjapie het vir jate plaasmoorde aangespreek in media en gese wie agter alles sit! Net vir die rekord, hierdie stadsjapie weet meer wat aangaan in SA as jy!! Nt vir die rekord.Die vryheidsmanifes van Anc spel uit dat blanke boere mag nie plase besit nie.Nie moeilik om een en een bymekaar te sit nie, veral as jy nie van beter weet nie!
Hygend Hert, moet hulle nie plaasAANVALLE prioritiseer nie? Hoekom wag totdat iemand vermoor word voordat dit n prioriteit is?