Uitenhage-vliegongeluk: ‘Hulle sou albei volgende maand verjaar’

Shaun Mulder. Foto: Facebook

Shaun Mulder. Foto: Facebook

Die twee mans wat Woensdagmiddag dood is nadat ʼn girokopter naby die Uitenhage-lughawe in die Oos-Kaap neergestort het, se name is bekend gemaak.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledenes is Kent Forster (49) en Shaun Mulder (30). Volgens Swart sou Forster op 20 April sy 50ste verjaarsdag vier terwyl Mulder op 15 April sou verjaar het.

Terri en Ray Mulder het op hul Facebook-blad geskryf: “Ons is hartseer om totsiens te sê aan ons neef Shaun Mulder. Jy vlieg nou hoog in die arms van ons Here. Shaun was ʼn perfekte seun en broer. Ons gaan hom vreeslik mis.”

Maroela Media het gister berig die girokopter het in digte bosse neergestort en aan die brand geslaan. Brandbestryders was reeds besig om die vlamme te blus met paramedici se aankoms op die toneel. Forster en Mulder is op die toneel dood verklaar. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Die ongeluk kom enkele dae voor die Wings & Wheels-skou wat Vrydag en Saterdag by die Uitenhage-vliegveld plaasvind.

Die ongelukstoneel. Foto: SAPD/Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: SAPD/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ons kan net hulle naasbestaandes in ons gebede opdra vir vertroosting. STERKTE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.