Al die matrikulante wat van plan is om vandeesweek na die Plett Rage-byeenkoms in die Oos-Kaap op te ruk, moet gedeeltelik of ten volle ingeënt wees voor hulle by die hekke van dié bekende matriekvakansiefees sal mag ingaan.
Hiermee saam sal matrikulante ʼn negatiewe PCR-toets moet inhandig en deur die loop van die fees verskeie Covid-19-toetse moet ondergaan.
Plett Rage skop Vrydag af en duur tot Dinsdag.
Ronen Klugman, organiseerder van dié Rage-byeenkoms, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat hulle vanjaar van die strengste Covid-19-maatreëls wat ʼn Suid-Afrikaanse fees nóg gesien het, vir die byeenkoms ingestel het.
“Dit is die eerste feesbyeenkoms van sy soort in Suid-Afrika wat inentingsertifikate en ʼn reeks ander dokumente verpligtend maak,” sê hy.
“Voor die matrikulante by hul huise vertrek, moet hulle ʼn PCR-toets laat doen en die negatiewe uitslag as bewys saamneem. Ons wil weet wat die stand van sake is nog voor die leerders by die byeenkoms aankom; sodoende kan diegene wat saam met hulle vertrek ook beskerm word.”
Die matrieks sal ʼn vinnige antigeentoets moet doen voordat hulle by die hekke mag ingaan en sal daarna weer etlike kere getoets word, na gelang van enige moontlike infeksie onder feesgangers.
Volgens Ballito Rage in KwaZulu-Natal se sosialemediaplatforms beplan organiseerders van dié byeenkoms om soortgelyke maatreëls in te stel. Die fees begin Dinsdag en duur tot Sondag.
Klugman sê al die personeel en feeskunstenaars sal dieselfde prosedures moet volg om te verseker dat daar nie ʼn enkele virusgeval by die geleentheid is nie. Boonop word die fees in die buitelug gehou.
Kommer oor dié reeks feeste het opnuut opgevlam nadat die nuwe Covid-19-variant genaamd Omikron sy kop in Suid-Afrika uitgesteek het. Dit volg ook nadat verlede jaar se Ballito Rage as ʼn superverspreider-byeenkoms bestempel is toe byna 1 000 van die feesgangers positief vir Covid-19 getoets het.
Pres. Cyril Ramaphosa het ook lede van die publiek aangeraai om groot partytjies en ander byeenkomste liefs uit te stel, maar het nog geen nuwe inperkingsregulasies aangekondig nie.
Hoewel Plett Rage verlede jaar uitgestel en toe eindelik afgestel is, het Klugman lede van die publiek verseker dat slegs 900 matrikulante by vanjaar se fees sal wees. Vorige jare is meer as 5 000 kaartjies verkoop.
“Ons het nog verder gegaan en aangebied om gratis Covid-19-toetse by ʼn aantal kuierplekke te doen waar daar moontlik ander mense buiten ons feesgangers gaan kuier,” sê hy.
“Ons het ook ʼn aantal peilings gedoen onder diegene wat die fees gaan bywoon en bevind dat die oorgrote meerderheid van die matrieks se ouers en grootouers reeds teen die virus ingeënt is.”
Plett Rage het egter heelwat minder kaartjieverkope van veral Pretoria en Bloemfontein gesien, wat gewoonlik een van hul grootste markte is.
“Diegene wat nie ingeënt wil word nie, kan bloot nie die fees bywoon nie en dit wys in die gebiede waar kaartjieverkope veral sleg gevaar het,” sê hy.
“Ons hoop om die weg te baan vir nog baie geleenthede soos dié waar breedvoerige stappe gedoen word om almal se veiligheid te verseker.”
Wat ‘n klug!! Wie gaan toesien dat alle reëls en regulasies nagekom word?? Sulke fuifpartytjies word toegelaat, maar kerke word toegemaak.
Geld praat baie hard hier.
Sekondeer Samuel.
En so spaar baie ouers geld.
Het hulle al ooit in hul lewens ‘n tiener ontmoet?
Die tieners het nog nooit ‘n ordentlike pakslae gekry nie, want hulle word mos beskerm deur die VVO se Mense Regte twak!
So wie betaal vir al die toetse wat gevat moet word? Want niks in die wereld is gratis nie.
Toets 1: Voor die matrikulante by hul huise vertrek, moet hulle ʼn PCR-toets laat doen (R900)
Toets 2: Die matrieks sal ʼn vinnige antigeentoets moet doen voordat hulle by die hekke mag ingaan (R350)
Toets 3: daarna weer etlike kere getoets word, na gelang van enige moontlike infeksie onder feesgangers. (R350 of R900)
Maak die som per persoon…
Covid Apartheid.
Asof toetse die probleem gaan wegvat. Jy is nie eers gewaarborg met al jou inspuitings nie. Dit is ‘n Grap en net nog ‘n super verspreiding byeenkoms. Of daar nou 500 / 900 of 5000 is. Groot fout.
Ek stem saam.
As daar meer kerke oop gestel word en ons bid hard sal God hierdie virus tot niet laat gaan maar kerke moet toe bly want hulle net gepla oor flippen in entigs vergeet van God dit hierdie land se houding
Die kerke is nie nou toe nie, en ek stem saam dat God elke dag wonderwerke doen. Daarom is daar ook inentings, daarom is daar ook medisyne vir siekte toestande.
Kaartjie verkope vaar sleg in Pretoria en Bloemfontein omdat mense daar nie ingeent wil word nie…? Sjoe! Wie het jou al die wysheid in pag gegee? Tieners laat hulle nie maklik afpers nie. My kiddies het reeds uit hul eie aanbeveel om die geld vir daai trippie te spaar en nader aan die huis te jol.
Al is jy ingeent kan jy steeds COVID kry en steeds die virus oordra.
Dit is agv onkunde dat ons sit waar ons sit vandag.
Die president moes hierdie tipe byeenkomste gekanselleer het, agv van hierdie gaan die res van ons nie Desember met vakansie kan gaan nie.
DIE OMIKRON DIE SOGENAAMDE 4DE BEPLANDE VLAAG.
DIE OMIKRON VARIANT LEI TOT SIMPTOME SOOS LIGTE HOES BIETJIE SPIERPYN EN MOEGHEID VIR DAG OF TWEE. TOT DUSVER HET MENSE MET DIE VARIANT NIE SMAAK OF REUK SIMPTOME VERLOOR NIE. DR. ANGELIQUE COETZEE VAN DIE SA MEDIESE VERENIGING – SPUTNICK NEWS
THE OMIKRON VARIANT LEADS TO SIMTOMES LIKE LIGHT COUGH, A LITLLE MUSCLE ACHE AND TIREDNESS. UP TO DATE NO PERSON HAS LOST THERE SIMPTOMES OF SMELLING AND TASTING. DR. ANGELIQUE COETZEE OF THE SA MEDICAL BOARD. SPUTNIC NEWS.
NO DEATH REPORTED.
NIEMAND IS DOOD VAN DIT NIE.
In PTA is 87% van hospitaal opnames nie ge-ent nie. hoe nou?
“I rest my case!!!”
Pas my… my tieners het gelukkig genoeg gesonde verstand en stel nie belang om die “Rage” by te woon nie
Onverantwoordelik van alle betrokke partye.
Broeiplek vir Virus
As jy lank genoeg getoets gaan word, behoort jy uiteindelik positief te toets (onthou vals toets resultate). Ek wonder hoeveel van die meer as 500 passasiers na Nederland waarvan 61 positief getoets het, het al simptome ontwikkel.
Ag, mag dieselfde streng maatreëls wat geld vir covid ook geld vir veneriese siektes, maar helaas dit is wensdenkery…
En TB…en Vigs…
Regtig?…… LOL…..
Almal wat so negatief gal braak hier, ten minste is daar mense daar buite wat planne probeer maak om weer events aangebied te kry en ek glo hulle sal dit nog veilig ook kan doen. Net soos mense nie wil hulle werk verloor a.g.v besighede wat toemaak in die lockdown nie, is daar ook kunstenaars wat sulke events nodig het om te oorleef. Almal wil agteroor sit en niks van hulle kant doen nie en aanvaar nou maar net alles soos dit nou is. Iemand kyk tenminste vorentoe. In die VK het mense ook sulke toetse begin doen met konserte met social distance “hokkies” waarin elke gesin gesit het in die buitelug en soos hulle gesien het hulle kan dit veilig doen het hulle groter en groter en groter gegaan totdat dat 2 of 3 keer per week 60 000 toeskouers by ‘n sokker wedstryd kan sit, 50 000 op Lord’s by die krieket of 82 000 op Twickenham om die Bokke en Engeland te kyk.
Kaspaas, onthou een ding, die event beplanners kan alles haarfyn beplan maar weet ook by die geleenthede sal daar persone wees wat nie die covid protocol gehoorsaam nie (dit is n feit soos n koei). Die tipe events is super verspryders en voor jy jou oe uit vee is alles weer toe en jy kan nie drank koop nie, jy kan nie strand toe nie, kan net
En jy dink ‘n paar duisend tieners sal in hul “hokkies” bly by ‘n rage as daar “hokkies” beskikbaar sou wees? ☺☺☺ Dink weer! Ek wonder of jy al tieners groot gemaak het?
EN as mens kyk na al die vereistes en regulasies wat hulle in plek het wil ek amper sê dit gaan veiliger daar wees as ‘n uitstappie na Menlyn of ‘n ete in ‘n restaurant
Rage-feeste en matriek bootreise moet in die eerste plek nie plaasvind nie. 98% Van die kinders gaan hulle nie steur aan reëls en regulasies nie. Vierde golf, hier kom ons, te danke aan al die Rage en boot organiseerders, ek weet nie hoe julle dink nie…
Wat n klug,Stop die fees Sekere mense gaan nou weer geld maak en omgekoop word met die verskaffing vd nodige dokumente.
Amen!
Teniers moet maar eerder hul eie ding doen weg van groot byeenkomste. Bly weg van daai Clot Shot en geniet julle jeug.