‘Uitfasering van Afrikaans is menseregtevergryp’

tuks-afrikaans-geweld

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria. Foto: Twitter via @_Dakie

Die finale uitfasering van Afrikaans by die Universiteite van Pretoria (UP) en Stellenbosch (US) sal onthou word as ʼn donker dag vir Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika.

Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys, maak dit ʼn bespotting van die onderhandelde ooreenkoms wat voor die 1994-verkiesing bereik is. “Die bestuur van beide universiteite se argumente oor die internasionale mededingendheid van Engels en aanpassing by die demografie, is vals en politieke gedienstigheid is die groot dryfveer agter die besluit, nieteenstaande ontkennings hieroor”.

Alberts het gesê die US bevind hom demografies “in ‘n dominante Afrikaanse omgewing”, sowel as die UP, waar Afrikaans die tweede grootste taal in die Tshwane Metro-gebied is naas Sepedi. “Die uitfasering van Afrikaans is ‘n menseregteverkragting van alles Afrikaans in Suid-Afrika. Die VF Plus sal stappe by die universiteite en in die parlement hieroor doen.”

Die Afrikaanse Taalraad het intussen gesê hy is teleurgesteld oor die US-raad se besluit om die konseptaalbeleid te aanvaar en ook oor die manier waarop die US die beleid met hul persverklaring regverdig.

“Hoewel die indruk geskep word dat die beleid op meertaligheid geskoei is, is dit moeilik om te sien hoe dit in die praktyk tot ware meertaligheid sal lei. Die nuwe taalbeleid voldoen, gemeet aan beste praktyk, nie eens aan die mees basiese voorvereistes vir die volhoubare bestuur van meertaligheid nie,” het dr. Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad, gesê.

Die Afrikanerbond het intussen ook gesê hy het met teleurstelling verneem van die besluite oor taal by twee voormalig Afrikaanse universiteite. “Ons teleurstelling is nie dat Afrikaans sy status verloor nie, dit was te wagte in die najaag van transformasie. Ons teleurstelling is eerder in die mense wat met uiterste naïwiteit en oordadige politieke korrektheid met soveel oorgawe deel is van die besluite wat geneem is,” het Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, gesê.

“Dat Afrikaans die rug toegekeer is by tersiêre instellings is, is na ons mening die laaste stuiptrekkings van die ideale wat soveel mense gekoester het oor nasiebou na 1994.  Die najaag van ongedefinieerde en ongekwalifiseerde transformasieteikens het in die laaste paar jaar daarop gedui dat gemeenskappe en kosbare erfenisse, waaronder taal, die ongelukkige slagoffer sou word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Joe Olivier ·

En FW de Klerk met sy bende en hul wigte en teenwigte is so stil soos die graf.

Andrr Koos ·

1994 en al die mooi praatjies lankal vergete. Afrikaanse skole is volgende……..?

HEVW ·

In Romenie is persone van volksverraad in die openbaar onderstebo opgehang.

Basson ·

Hoop sy slaap lekker vanaand, terwyl Afrikaanse ouers wakker lê omrede hulle baie bekommerd is oor hulle kinders se toekoms agv bg optrede wat bydrae tot die versterking van die ANC / NDR se tirannie teenoor wit Afrikaanssprekendes veral.

putter ·

Ek het niks anders van die lamsakke verwag nie.Wat se jy de klerk? Is jy tevrede? Jy met jou Nobelprys vir vrede.Waarom is die gat in jou mond toe?

humor ·

Kom nou de klerk jy het jouself ooreis om ons in hierdie sg. utopia te dompel. Tree na vore, ons wag vir jou. Ons wil hoor wat jy te se het!!!!!!!!!!!!!! Of is jy iewers in Griekeland?????????

Lizelle ·

Kom Akademia, bied nog grade aan. Daar is Afrikaners wat julle wil ondersteun.

Danie Steyn ·

Gaan voort. Soek en bou. Die tyd is ryp. Skep ‘n Universiteti wat wêreldgehalte opleiding kan bied in Afrikaans. Skep ‘n antwoord op ‘n behoefte. Alle Afrikaanse skenkers aan huidige Universiteite moet hul steun onttrek en hierdie doel ondersteun.

Nita ·

Engels Engels alles Engels in ons skole en ons kerke word ons Moedertaal vermoor. Hier gebeur dit wragtig weer en nie eers deur die Engelse nie!

Ruiklont ·

Wees kalm en nugter, die wiel draai stadig maar seker. Die gedienstiges sal dit verseker agterkom, viniger as wat gedink word

jaco ·

wees bly die onderrigtaal is Engels. dis darem ‘n wit westerse taal wat algemeen verstaanbaar is en dit was in die verlede, veel meer as Afrikaans, ook ‘n taal van onderdrukking dwarsoor die ou British Empire. WAT het julle wat so kla oor Engels gemaak as die onderrigtaal na Zulu of Tswana verander het?

Kobus ·

En hier gaat ons al weer met nasiebou. Beeld sê op 20 Junie, sommer ‘n paar dae gelede, dat met sulke rugby soos die Springbokke onder AC speel, kan hulle die land verenig.

Noujatoe, hier spring dit weer op die sportwa soos met die wêreld sokkerbeker destyds, toe was die versugting ook dat sport ons sal verenig. En kyk wat het gebeur, twee jaar daarna, toe besef die mense die realiteit. Nou gorrel daardie selfde mense weer.

Verder van die waarheid kan dit nie wees nie. Die wig word al dieper ingedryf, al meer raak onverdraagsaam. Daar is nie ‘n manier hoe sport die land vorentoe kan neem nie. Dit kan hoogtens vir ‘n uur of twee, die ongelukkigheid sus.

Hoe bou jy nasie as jy ‘n mens sy taal misken, sy kultuur???? Afrikaans????

Johann Marx ·

Word wakker Afrikaanssprekende blankes. Vir elke persoon wat jou “taal” praat, is daar 11 ander wat dit NIE doen nie. Jy het geen “reg” om jou taal op enige plek af te dwing nie. Julle is in die MINDERHEID….Wat verstaan julle nie? As jy nie deel van die massa (demokrasie) wil wees nie, gaan bou vir jou ‘n skooltjie en ‘n universiteit van jou eie….en hou op om miljoene Rande en duisende man-ure te spandeer op redenasies (meesal sarkasties), openbare menings, hofsake en dreigemente. JULLE IS ‘N MINDERHEID!!!

Koos ·

Die meerderheid wit mense gaan DA stem hoekom se Musi niks hieroor nie want hy steun dit die DA gaan julle vang soos kortbroek van die NP julle gevang het.

Ada ·

Dit is die Rektor se idaal, nie die studente s’n nie. Hulle verdoesel die ware statistieke oor hoeveel studente in Afrikaans wil studeer. kan iemand dalk daaoor naslaan en seker maak en dit dan bevestig?
maroela het julle mense wat so-iets kan uitvind?
Ook in Stellenbosch is daar aie meer Afrikaanse studente want Afrikaans word baie meer in die Kaap gepraat en hulle se net in die 40 persent praat Afrikaans- wat jy waar kry? Hulle lieg almal. O ek gaan so lekker kry wanneer Afri hulle opdraend gee. Ons hou duimvas vir julle Afri!!!

Johan ·

Die skrif is aan die muur vir Afrikaans. Die werklikheid is egter beter as die vae beloftes van die verlede dat Afrikaans veilig is

leon - Centurion ·

Dit is tragies! Lamsakkigheid, De la Rey, is een ding maar jy is ‘n blatante leuenaar. As oud Tukkie draai ek my rug op die instansie. Binnekort sal Tuks goed vergelyk met die irrelevante universiteite reg oor die Afrika kontinent Akademia laat waai met meer kursusse. Opwindende tye vir Afrikaners!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.