Uitgebreide kragonderbrekings aan Oos-Rand ná brand

Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Foto: Twitter via @crimeairnetwork

ʼn Brand Vrydagoggend by ʼn kragsubstasie in Benoni het grootskaalse kragonderbrekings aan die Oos-Rand veroorsaak.

Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolitaanse munisipaliteit, het aan Maroela Media gesê ʼn fout aan die kragnetwerk het veroorsaak dat ʼn transformator by ʼn substasie in Rynfield omstreeks 05:00 aan die brand geslaan het.

“Dit het daartoe gelei dat vier mini-substasies in Crystal Park en Rynfield ook aan die brand geslaan het weens die brand by die hoofsubstasie. Die Benburg-substasie, wat die noordelike dele van Benoni, dele van Kemptonpark en Daveyton voorsien, het ook ʼn kortsluiting veroorsaak,” het Gadebe gesê.

“Gelukkig het net een van die twee transformators by die hoofsubstasie gebrand danksy die vinnige reaksie van die brandbestryders.”

Volgens Gadebe koel tegnici tans die gebrande toerusting af sodat die skade behoorlik vasgestel en die oorsaak van die fout ondersoek kan word.

Gebiede wat tans geraak word, sluit Northmead, Ebotse, Crystal Park, Morehill, Putfontein, Brentwood Park, Fairleads en die omliggende kleinhoewes in.

“Ons het reeds ʼn transformator opgespoor wat die gebrande een sal kan vervang,” het Gadebe gesê. “Tegnici werk so vinnig moontlik om die kragvoorsiening te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pendoring ·

Weer ‘n geval roetine instandhouding wat nie gedoen is nie?

D ·

En waar sou hulle hom opgesoor het. In ‘n toegesluite pakhuis?

Charlotte ·

Geen instandhouding word gedoen nie dis lekkerder in die koelte onder n boom en n vet salaristjek aan die einde van elke maand. Waar gaan Suid Afrika opeindig??

Piet Pompies ·

Hoekom het die stroombaanbeskerming nie oopgemaak om sekondêre skade te voorkom, dit moet uitkilink op enige van die volgende, oorlading, fase buite ballans, aardfout….
Dalk het nie een van dit gewerk!

Bruno Stef ·

Stroom baan beskerming sal geskied as daar n onafhanklike gelykstroom van 110 volt is om die beveiligings Rele te laat werk mits dit natuurlik beskikbaar is en in n goed onderhoude toestand is.Die hele substasie is solied sonder uitklinkvermoe as die gelykstroom afwesig is wat die gevolge onder bespreking kan verklaar maar kom neer op gereelde inspeksies/ onderhoud vanaf die betrokke personeel.

Henri ·

Stem heeltemal saam Bruno, Probleem 1 is ouens soos ons, met praktiese kennis en regte kwalifikasies weet presies wat aangaan, Probleem 2 is dat mense met die vermoee om te kan leer of die regte vriende het aangestel word en “preventative maintenance” is twee woorde …… in ‘n woordeboek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.