Uitgehongerde perde: Talle nou geskuif

Foto: NDBV

Genl. Solly Shoke, die hoof van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANW), het gelas dat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) 80 van sy perde wat sterwend by ʼn fasiliteit in Potchefstroom aangetref is, moet skuif.

In ʼn verklaring Maandagaand het die SANW bevestig dat 25 van hul perde ná ʼn ondersoek deur die NDBV weens swak gesondheid van kant gemaak moes word by die weermag se spesialis-infanterie-eenheid (SAASIC) .

Die Militêre Veeartsenykundige Instituut (MVI) is glo ook  betrek om die SANW te help om die omstandighede waarin die diere aangehou word te assesseer.

Die 80 diere sal na ʼn “beter fasiliteit” in Rooiwal, noord van Pretoria, gestuur word.

“Slegs 40 perde sal by die SAASIC in Potchefstroom oorbly en die fasiliteit sal na ons wete in staat wees om na hul behoeftes om te sien. Saam met die MVI het ons ekstra personeel aangestel asook veeartse om die diere te help bestuur en te verseker dat die hoogste standaard van dieretelery in die SANW gehandhaaf word.”

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag gesê hy sal strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen die mense wat verantwoordelik was vir die uithongering van talle perde by ʼn weermagbasis in Potchefstroom in Noordwes.

Dié perde is aangetref op ʼn perseel van die weermag se eenheid wat die land se grense patrolleer. Volgens die NDBV was die perde só uitgehonger dat hulle grond en hul eie ontlasting begin vreet het.

Die uitgeteerde perde is verlede maand by die weermag se SAASIC aangetref. Die diere is glo aangeskaf om met grenspatrollies te help.

Volgens die NDBV het hulle in 2016 ʼn formele memorandum van ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Weermag onderteken oor die versorging van die perde, hoewel die weermag “voortdurend van die ooreenkoms afgewyk het”.

Die vereniging sê in ʼn verklaring 25 van die perde was só uitgehonger en verswak dat hulle van kant gemaak moes word om te voorkom dat hulle verder ly. “Daar was geen kos vir die hooftrop nie en die perde het net geen ander keuse gehad as om grond en hul eie ontlasting te vreet nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Cynthia TREDOUX ·

Niks nuuts nie…stomme diere ly daagliks weens hul swak…ja ek beklemtoon…SWAK HANTERING…..n dier is so onskuldig…hul kan nie sê hul is honger…en dan moet hul weens die MENS SE ONBEKWAAMHEID/WREEDHEID van kant gemaak word….en so sal dit aanhou…as daar nie ONMIDDELLIK OPGETREE WORD deur die DBV…wat dit dan ook gedoen het nie…SKANDE…kan aan geen ander woord dink…as SKANDE dat hul so moes ly nie.

Antjie ·

Mooi, NDBV!
Sal dit nou nie gaaf wees om opvolg artikels te kan sien oor die vordering met hierdie klagtes nie! Dit sal die SAPD en NVG ʼn slag goed doen, want die NSPCA het die reputasie dat hul klagtes tot straf lei.
Baie dankie vir die voorbeeld! Wens hulle kon vir pasiënte by ons gesondheidsdienste ook optree, byvoorbeeld!

Willie ·

Ek hoop regtig die wat verantwoordelik is vir die weerlose diere gaan erg gestraf word! Did uiters swak van die SANW om so iets te laat gebeur.. Sies op julle…die liewe Vader slap nie!

marous ·

Die DBV word gelas om dit te doen ? DBV het nie fondse nie , nou moet die publiek weer genader word vir donasies omdat die weermag te sleg is om hul perde op te pas ?

Theresa ·

SKANDELIK!!!!! Dit is marteling van ‘n lewende wese. Dit gebeur nie oornag nie – dus is die owerhede hier skuldig. Gee asb. terugvoer wat hier gebeur – dit mag in geen land voorkom nie, wat nog van in ‘n Weermag department!!!

Zettie ·

Hoekom is ek nie verbaas nie……..en dis die mense wat ons moet verdedig ingeval van oorlog!!!!!! As die NDBV die gemelde ooreenkoms met die SAW ondertekening het in 2016 al, waar was hulle die afgelope 2 jaar om seker te maak daar word na die diere omgesien????

Genl. Diereliefhebber Bosvark ·

Vervolg die bevelvoerders wat nie weet wat in hul eenhede aan die gang is nie.
Maar hierdie toestand is ‘n spieëlbeeld van Suid-Afrika.

Blommie ·

Sulke tiepe mense in beheer wat diere sulke skade aan doen DEUR GRETIGHEID, want hulle steek SEKER die fondse wat beskikbaar gestel is om hierdie arme perde te voed in hulle eie SAKKE. MOET TRONK TOE GAAN en KLAAR! en vir n baie lang tydperk

AmY ·

Hoe op dees aarde kan mense diere só swak behandel? Daai mense moet vir dae sonder water en kos toe gesluit word. Maar dan het mense mos weer regte…

Karen ·

Ek hoop net dat die Perde wat die general laat verwyder het, nie net spoorloos verdwyn nie

Griet ·

Is dit nie beter dat hulle SPOORLOOS verdwyn nie? Dalk na plekke waar hulle die beste versorging sal kry. Want hulle is te sleg daarvoor!!!

Griet ·

Ek het bedoel – die HUIDIGE eienaars (SANW) is te sleg om hierdie diere te versorg, Die NDBV behoort die diere te konfiskeer en uit te plaas vir aaneming.

Theresa B ·

Dis vreeslik – die arme diere. Hulle kan nie vir hulself praat of sorg nie. Ek hoop die verantwoordelike mense word hard gestraf. Dis SO wreed om diere so te laat ly. Almal wil altyd alles hê, maar te dom om vir die diere te sorg. Hulle dink net aan hulself!!!!!!!

Helena ·

Onbevoegde lot! So gaan dit mos altyd, skrik wakker as die skrif al lankal teen die muur is. Sal ook so gaan as die land aangeval word. Ek hoop net die DBV doen hierdie keer hul werk meer ordentlik en doen weekliks besoeke om te sien hoe dit met die diere in die SANW gaan.

Koos de Meyer. ·

Ons eens trotse weermag. Wat ‘n skande. Alles gaan agteruit.

foxi ·

Eens n trotse weermag….ja dit was so. Met die nuwe regering na 1994 het alles tot n val gekom. Mens en dier het die lyding begin ervaar. Ek kon onthou dat daar n vertoning van die weermag was wat deur die strate van Pretoria gehou was. So trots het hulle kamstig geparradeer dat daar n uitspattige lawaaierige liedtjie wat oor die luidsprekers geblêr het nml.
YOUR’E SIMPLY THE BEST. Ons moes stilstaan en luister hoe die mense daaroor gelag het en net hul koppe geskud het. Nou hoe kan en sal ons weermag sy land en sy mense kan beskerm as hulle nie eens n weerlose dier kan beskerm nie….HOE?

HPV ·

As die weermag se spesialis-infanterie-eenheid se lewende rygoed so lyk, wonder mens hoe lyk die res van die weermag se vervoer asook hul wapentuig. As mens nie eers perde aan die lewe kan hou nie, hoe hou jy die res van die weermag se tuig asook soldate gevegsgereed? Dit is om die minste te sê kommerwekkend!

brenda ·

Hierdie is skokkend; iemand moet verantwoordelikheid aanvaar en aangekla word van dieremishandeling. Die berede eenheid en stalle vd weermag was miljoene rande; dit was jare gelede puik; wat het hier gebeur? Hoe is dit moontlik dat daardie pragperde net so verwaardloos gelos is? dis onaanvaarbaar!

Eish ·

Geen mens of dier kan die regerende meerderheid se kankerbestuur oorleef nie.
Verrottingskultuur!

HPV ·

As die weermag se spesialis-infanterie-eenheid se lewende rygoed so lyk, wonder mens hoe lyk die res van die weermag se vervoer asook hul wapentuig. As mens nie eers perde aan die lewe kan hou nie, hoe hou jy die res van die weermag se tuig asook soldate gevegsgereed? Dit is om die minste te sê kommerwekkend!!

Rooijan ·

“The greatness of a nation and its moral progress can be judged by the way its animals are treated.”
― Mahatma Gandhi

Annamarie Olivier ·

Hulle is meer bekommerd oor “rassisme” het nie nog tyd om na perde te kyk nie.
Dit is ‘n skande! Hoe gevoelloos en belangeloos kan mens wees is daar dan nie iemand in beheer van die perde. Daar is te veel Base en geen klase om die werk te doen, te grand geraak

CJ ·

Wat is die “Militêre Veterane-instituut (MVI)”? Is dit die Afrikaans vir “Military Veterinary Institute (MVI)? Nou het ek alles gesien!

Delia ·

@CJ……ten spyte van ‘n uiters betreurenswaardige berig, het jy my lekker laat lag……(gebruik van ‘n woordeboek te veel werk vir die beriggewer?)
Ek is mal oor perde en het trane gestort toe ek dit die 1ste keer gelees het.
Hoop ons kry ‘n opvolg op hierdie berig en die skuldiges word deeglik gestraf!

Sune van Heerden ·

Dagsê CJ

Ons vra om verskoning – die fout het ongesiens verbygegaan! Dankie, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elizabeth ·

Dit skry ten hemele!!!!! Ons wil asb. ingelig bly oor wat gebeur met die mense wat die diere so laat ly het. En moet nou nie weer die saak aflas omdat niemand verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Dit is wat gebeur as mens kaders ontplooi wat net aan hulle eie kosbakke dink!!!! Waar is die geld waarmee die perde onderhou moes gewees het???? Mag die Here julle straf!!!

Tilla ·

En nou word daar iets vd perde gedoen omrede daar nuusdekking is. Pateties. Omrede die meeste in bevel onbevoeg is

Oom Kalahari ·

As daar dan nie eers na ‘n dier omgesien kan word nie? Hoe wil hul dan na ‘n land en sy mense omsien. Hoop die Regering en SANW betaal al hierdie kostes van vervoer en hervestiging. Dit is so onmenslik om diere so te behandel en te verniel, maar is nie verbaas oor die gebeure na aanleiding van die Esidimeni geval nie. Oumense word ook so behandel, gaan maar rond en kyk wat werklik oral aan die gebeur is. Solank die vet katte hul sakke kan vol stop en lekker lewe met huise en motors van belastingbetalers se geld asook vir elke geleentheid vieringe (Celebrations) kan hou dan is diere en oumense nietighede.

pieterdp ·

Ek het al gehoor by betroubare bron dat dit baie sleg gaan. Daar word gesoebat vir kos en selfs mede kasie. Die personeel gebruik baie keer van hul weermag selaris om kos en medesyne te koop. Die weer mag gee nie n hel om wat aan gaan nie. Die probleem is bestuur. Uit en vir by.

Wonder ·

Geen woorde kan die weermag beskryf! In hierdie geval kan hul niemand blameer nie, as hulself. Mag hierdie skande wêreld beken gemaak kan word en die swaarste straf moontlik vir hulle opgelê word.

Lena ·

Asseblief, VERVOLG die skuldiges, DBV! Finansies wat begroot is vir die versorging van die diere is seker…waarheen…??? Hierdie is niks anders as uiterste NALATIGHEID en WREEDHEID nie. Ag nee, SADF!

Elzet ·

Hierdie storie is skokkend…hoe op aarde kan mense diere so laat ly? Dit breek my hart. My perde is my lewe en ek het geen idee hoe ‘n mens so iets kan doen nie! Ek sal my kos opgee sodat hulle kan eet. Die arme diere het nie ‘n stem nie. HOE OP AARDE DOEN MENSE SULKE GOED?? Indien jy nie na ‘n dier kan kyk nie, moet hulle nie aanhou nie. ‘n Perd is só getrou. Net jammer die base is nie altyd nie. HOOP DIE SKULDIGES WORD GOED GESTRAF!!!!!!

Nicol ·

Ek was in 88 en 89 i stalmeester in Berede sentrum Potchefstroom. Ons werk was om na die welstand van die perde om te sien , voeding , versorging ens. As dit nie reg geskied het nie was daar i bevel struktuur wat op jou sou neerdaal soos i ton spykers. wat nou gebeur , skreeu ten Hemele !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.